Elna Geringer's Blog (11)

Wat Fotoskool + vir my beteken

WOW………’n maklike vraag maar waar begin ek?Daar is so baie aspekte.

 

Ek hoor van Fotoskool die eerste keer by Josef Steyn in Feb 2014 toe ons by hulle gaste huis gebly het.Ek sluit aan en begin fotos laai.Ek het op hierdie stadium van my lewe feitlik niks van al die tegnieke van fotografie geweet nie.Ek het maar fotos geneem en gehoop ek het sukses iewers.Ek het in 2004 van brug kamera na Canon Eos 1000D gegaan met ‘n 70-300mm lens.Toe koop Huey in 2013 vir my die 60D…

Continue

Added by Elna Geringer on October 1, 2015 at 3:14pm — 7 Comments

Hande was en virusse...........

Hierdie storie het nou niks met fotografie te doen nie,maar daar is dalk van julle wat dit tog sal geniet

Ek loop nou al 'n paar dae met die storie in my kop maar ek gaan dit tog vir julle vertel.Saterdag, 22/08/2015, kom ons terug van Stutterheim af nadat ons gaan blomme kyk het.Ons val maar vroeg in die pad want groot dele van die Oos-Kaap is mos nou maar 60-80km per uur en as jy gelukkig is,100km.Huey sit die radio aan en ons sit en luister die Saterdagoggend program op…

Continue

Added by Elna Geringer on August 30, 2015 at 2:36pm — 6 Comments

Die wildebeeskalfie,die vlakvarkie en God se genade...........

Vroeg Saterdag oggend besluit ons in so “spur of the moment” om bietjie wildtuin toe te gaan.Ons het geweet dit gaan warm wees maar as ons nie so een maal n maand in die veld kom nie, raak ek mos effe “bossies”. Woerts - warts is die koffie en kook water reg, ‘n paar koeldranke in die yskas en daar gaan ons.......

Die Masinga skuiling in die Mkhuze wildtuin is ‘n baie gewilde plek vir fotograwe en ook sommer vir die mense wat wild kyk en nie noodwendig fotos neem nie. By hierdie…

Continue

Added by Elna Geringer on January 16, 2015 at 12:19pm — 4 Comments

Die jaar 2014.......

Dierbare Fotoskool Vriende en Vriendinne

Nou ja ons het aan die einde van die jaar gekom en wow………………..hoe vinnig het dit nie gebeur nie?

Aan die begin van 2014 het ek nie een van julle geken nie en nie eers van die Fotoskool Web geweet nie. Dankie tog dat Josef my en Huey se pad gekruis het in Januarie 2014 en dat hy net sommer so terloops vir my gevra het of ek weet van Fotoskool………….die res is geskiedenis

Daar is min mense soos julle en ek kan nie die geleentheid …

Continue

Added by Elna Geringer on December 22, 2014 at 10:12am — 6 Comments

Halo en Telefoon/Eskom Drade

Ek wonder of Prof Hennie hier sal raad gee en/of enige een wat meer weet as ek

Ek sien dikwels dat daar gekrit word oor "halo" om n voorwerp. Hoekom is dit nie reg nie? Ek sukkel om hiervan onslae te raak wanneer Son op of sak fotos geneem word. Dit kom ook voor wanneer ek die Canon Powershot gebruik en baie sterk in zoom

Die ander krit wat gereeld opduik,is drade,telefoon lyne of kraglyne. Dit lyk my dis n definitiewe "no-no"

Hoekom?

Gee lyne en drade nie…

Continue

Added by Elna Geringer on August 5, 2014 at 5:55am — 5 Comments

Makro Lens

Skolers,die van julle wat "experts" is met die makro fotografie,help asseblief.............

Ons gaan,met die wil van die Here, volgede jaar bietjie blomme kyk en ek sal  graag n lens wil aanskaf wat daartoe leen. Ek het ook tans mooi orgidee wat in my tuin blom maar nie een van my lense gee vir my die regte effek  nie

Enige voorstelle?

Ek wil so ekonomies as moontlik koop.

Groete

Elna

Added by Elna Geringer on June 15, 2014 at 6:00pm — 4 Comments

Die Meeu en die Honotsgot.

 Ek deel graag die storie met julle…………. In ons huis is Vrydae aande hamburger aand,al vir baie jare.As jy op n Vrydagaand by ons kom kuier en jy hou nie van hamburgers wat tuis gemaak is nie,dan gaan jy dalk honger slaap.

Wel so gebeur dit toe een dag dat ek nie buns in die dorp kan kry nie en ons was nie lus om net gewone brood te gebruik nie. Huey,my dierbare man kom toe met die voorstel dat ons jafels moet maak en die patties vir die vulsel gebruik met kaas en wat ook al daarmee…

Continue

Added by Elna Geringer on April 13, 2014 at 11:33am — 3 Comments

So leer ek Sagte ware...........

Nou ja julle,ek moet so bietjie bieg...............ek sal myself nou glad  nie as "goeie" fotograaf uitgee nie maar ek is mal oor fotografie.

So glo ek al vir jare dat n "goeie" foto moet so geneem word,daar moenie ge "edit" word nie. Ek het altyd skeef gekyk as ek van al die wonderlike programme hoor en die uitdrukking van "Photoshop" dit of gaan kyk wat kan Elements met die foto bereik of gebruik Lightroom vir die daai of die ander. Nee nee nee,het ek geglo,sorry vriend/vriendin…

Continue

Added by Elna Geringer on April 9, 2014 at 11:35am — 7 Comments

Verlore geleenthede............

My Foto maat en mentor,Albie Hanekom het van die eerste dag,wat hy met my begin "foto taal" praat, gese: "jy moet altyd maar altyd n kamera by jou hou want jy weet nooit wanneer daar n foto geleentheid is nie!"

Nou ja...........so skaf ek toe die Canon PowerShot SX50 aan. Dis mos nou kleinerig vir spasie maar dit neem n bars hou en het n wrede zoom.

Drie weke gelede moet ons Bronkhorstspruit toe en ek los my hele kamerasak met al die kameras en toerusting in, by die huis want…

Continue

Added by Elna Geringer on March 24, 2014 at 1:35pm — 6 Comments

Nag Foto neem

Aaan al die "ou hande" met nag foto neem

Ons gaan Woensdag Ndumo,in die noorde van Zoeloeland toe. Die nag hemel is ongelooflik helder daar met sterre so ver as wat die oog kan sien. Ek wil graag my hand aan "star trails" waag maar weet nie waar om te begin nie.

Ek skiet met n Canon Eos 60D en het die volgende lense:

  1. Wye Hoek : 10-20mm
  2. 18-55mm
  3. 18-135mm
  4. 70-300mm

As daar iemand is wat al die kuns bemeester het en nie…

Continue

Added by Elna Geringer on March 23, 2014 at 6:50pm — No Comments

Baie dankie

Nou ja..........so gaan ons Hogsback toe en ek ontmoet vir Josef Steyn. Sommer gou-gou vra hy vir my of ek n lid van Fotoskool is en natuurlik weet ek toe niks van die oulike skool af nie

Dit was geen moeite vir Josef om my met raad en daad by te staan en bietjie tou wys te maak met nuwe tegnieke nie. Baie dankie daarvoor Josef!

Ek teken toe sommer daaklik in en word n lid, van seker die beste plek vir fotos, wat ek nog tee gekom het.Hier is almal maats en almal het een groot…

Continue

Added by Elna Geringer on March 17, 2014 at 3:08pm — 4 Comments

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html