Frans van Heerden's Blog (33)

Die effek van Filters

Ek sal dit waardeer as die Fotoskolers op die volgende kwessie kan reageer

Op een van my kameras het ek Sigma 24-35 f2(Art). Ek het ook n Tiffen UV 82 mm filter wat ek gebruik om die lens te beskerm Dit wil voorkom of die onderwerpe wat ek met hierdie kombinasie fotografeer is, nie so skerp is as, wat ek verwag het dit behoort te wees nie. My eie ervaring is dat wanneer ek laasgenoemde kombinasie van kamera en lens sonder die Tiffen UV filter gebruik, wil dit blyk dat die…

Continue

Added by Frans van Heerden on November 16, 2018 at 2:39pm — 5 Comments

Ons groet...

Die fotoskool familie is vandag n bietjie armer. Een van die Fotoskolers is verlede nag, na n lang siekbed oorlede. Johan van Zyl was, vroeg in my lidmaatskap van Fotoskool, reeds aktief. Hy het sinvolle kommentare geskryf en het my persoonlik  gehelp om die stokperdjie meer te geniet.

Sy siektetoestand het gemaak dat hy minder aktief betrokke was. Francien, sy vrou het hom in die laaste tyd opgepas. Sy het die groot verantwoordelikheid, met onderskeiding na gekom. Francien is ook lid…

Continue

Added by Frans van Heerden on May 26, 2016 at 5:40pm — 7 Comments

Vra jouself, moet ek nie ook n Nikon kamera besit nie?

Hierdie twee kameras is in die sogenaamde, jaarlikse"Color Run" in die VSA gebruik. Alhoewel die fotograaf die kameras met "camera rain coats" wou beskerm, was dit onvoldoende, aangesien die kleurstof baie fyn is en dit die kameras deur die die "rain coat" bereik het.

Die fotograaf het bevestig dat die kameras steeds ten volle gefunksioneer het nadat die "rain coats"…

Continue

Added by Frans van Heerden on May 25, 2016 at 7:11pm — 3 Comments

Die mees opwindende nuus uit die fotografie wêreld!

Nikon & Canon Join Hands to Bring A Selfie Only DSLR.

In an unprecedented development, Canon and Nikon have joined hands together to bring a Selfie only DSLR. Sony, Leica and Pentax have also pledged their support for this grand project. The DSLR will primarily target the huge market of selfie lovers…

Continue

Added by Frans van Heerden on April 1, 2016 at 3:17pm — 5 Comments

Hoe nou gemaak?

Verskoon asseblief by voorbaat die gebruik van Engelse terme - ek het nie die korrekte Afrikaanse woord(e) nie.

Ek was opsoek na n ander geleentheid om my fotografie te beoefen en het besluit om my hand op die sg. "high speed photography" te waag.



Ek het begin deur n tropiese visbak te bekom en seker gemaak dat die wande vd bak skoon is.…

Continue

Added by Frans van Heerden on February 21, 2016 at 4:04pm — 2 Comments

As jy n fotograaf is, moenie hierdie fliek misloop nie!

As jy n fotograaf is, moenie hierdie fliek misloop nie!

Ek het onlangs n fliek met die titel, The Secret Life of Walter Mitty ( Ben Stiller) gesien. My belanstelling om…

Continue

Added by Frans van Heerden on December 11, 2015 at 12:58pm — 3 Comments

EK LEER UIT N FOTOGRAFIE KURSUS

N paar jaar gelede besluit ek om n fotografie kursus by die skilderagtige Kloofzicht aan die Wesrand by te woon. Dit is deur Dr Willem Oets (Willem Oets Photography) aangebied.

Op pad na die oord, ry ek die oggend met die Westelike verby pad verby n plakkerskamp. Dit ontstig my en al my tipiese vooroordele, onverdraagsaamheid en onsensitiwieteit teenoor armoede noop my om met die sterkste afkeur na die plakkerskamp te kyk. Hoe…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 14, 2015 at 6:10pm — 3 Comments

Anderkant die einde van ons DSLR kameras!

Hier is n verstommende artikel oor die aanwending van kameras soos ons die instrumente ken. Lees gerus hier om te sien waarheen kamera tegnologie op pad is. Ons is so gelukkig om ons stokperdjie te beoefen, en deel te wees van n proses wat die mensdom help om die geheimenisse van die skepping te probeer ontrafel. Die beste  is dat ons as amateur fotograwe iets van die proses begryp omdat ons die…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 14, 2015 at 4:00pm — 3 Comments

Diefstal van ons foto kuns

Ek het onderneem om my ervaring van n foto diefstal insident, wat ek onlangs beleef het, te deel. Ek het aanvanklik gedink om n artikel te skryf en te publiseer.Met die hulp van vriend Renier van Zyl, het ons n video vervaardig. Sonder professionele hulp of stem kunstenaar bied ons die eerste gedeelte…

Continue

Added by Frans van Heerden on September 4, 2015 at 5:30pm — 3 Comments

I am......Nikon Coolpix P900

Hierdie "bridge" kamera is iets waarsonder enige fotograaf nie kan wees nie. Die bulletjie het n optiese zoom van 2000mm - Let wel dis n optiese - en nie n digitale zoom funksie.

Digitale zoom is in wese niks anders as n "crop" funksie nie. Dit is as'tware niks meer as n lens- foefie nie.

Dit bevat het n elektroniese beel beelsoeker(view finder) en n verstelbare…

Continue

Added by Frans van Heerden on August 1, 2015 at 3:29pm — 1 Comment

N wonderlike web blad vir wildslewe (en ander) fotograwe

Om te besluit tussen die Tamron of die Sigma 150-600, is geen maklike keuse nie. Soos die gebruik is, gaan vra ons maar al te graag vir Dr Google. Ek wil graag een vd lense aankoop vir my vrou se gebruik.

In my soektog het ek op hierdie web ruimte afgekom wat my regtig beindruk en wat ek ten sterkste kan aanbevveel. Die blad is (www.kruger-2-kalahari.com). Dit word deur Mario Fazekas aangebied en bestuur.

Die blad…

Continue

Added by Frans van Heerden on August 1, 2015 at 2:49pm — 1 Comment

Nuwe oorlog onder digitale kameras

Canon verras die kamera gemeenskap met grondverskuiwende nuwe tegnologie. Ons kan verwag om binne n week of wat,  meer van die nuwe Canon 5Ds, te weet.  Volgensdie  webblad “Nikon rumours” is hierdie n kamera met n 50,6 MP sensor en dubbele DIDIC 6 prosesseerder wat digitale geraas(digital noise)  verminder. Die kamera beskik oor n 61 punt auto fokus stelsel.

Teen n foto raampie spoed van selgs 5 per sekonde is dit duidelik dat die kamera nie bedoel is vir sport en aksie fotograwe…

Continue

Added by Frans van Heerden on January 31, 2015 at 3:59pm — 8 Comments

Die Toekoms van ons Speelgoed

Met die snelveranderende tegnologie waarvan ons ongelukkig slawe geword het, wonder ek dikwels wat die toekoms van kameras inhou. Om my nuuskierigheid te bevredig, wou ek nie ʼn ondersoek op die internet begin nie aangesien ek nie oortuig is dat so iets op die ekonomiese benutting van my tyd sou neerkom nie. Gelukkig en per toeval, het ek egter op die internet op ʼn onderhoud afgekom waarvan ek die inhoud graag deel.

Die onderhoud is met mnr Byungdeok in sy hoedanigheid as die…

Continue

Added by Frans van Heerden on January 21, 2015 at 1:27pm — 5 Comments

So maak mens...

In reaksie op die navrae hoe ek die foto, getiteld "Kortsluiting" geneem gaan ek hiermee probeer verduidelik.

EK moet terstond noem dat my huisige gasheer land, Kuwait, is nie die mees geskikte plek vir fotografie nie. Dis n vuil land, met geen mooi natuur nie en dis nou, in die somer, baie warm. Vandag het die temperatuur weer 52 grade Celcius gemeet.

Ten einde te verhoed…

Continue

Added by Frans van Heerden on June 25, 2014 at 9:13pm — 1 Comment

Webwerf Fotoskool) moeilikheid

Ek verneem asseblief van mede fotoskolers of julle ook, soos ek in die onlangse tyd, probleme ervaar om die webwerf van Fotoskool te gebruik. Die laaste keer wat ek die problem ervaar het was gisteraand(1 Junie). Dit beteken dat ek nie n adie fotos kan kyk nie en dat ek ook nie die enkele foto per dag kan oplaai nie.

EK weet nie of dit dalk n problem met my internet hier in Kuwait is nie alhoewel ek dit betwyfel omdat my mede Fotoskoler al hier, dieselfde belewenis het.

Ek weet…

Continue

Added by Frans van Heerden on June 2, 2014 at 2:53pm — 13 Comments

Wat moet n mens van so n boodskap verstaan vir n bepaalde handelsmerk?

Ek lees vanoggend die volgende op die internet op n Blog vir fotograwe:

If canon does not come out with a low noise aps-c and a quality high mp full frame in the next twelve months, I am selling my canon and going Nikon. It will take 12 months to put together the money for the system I want, so I will not be without a camera while waiting for my canon stuff to sell.…
Continue

Added by Frans van Heerden on May 19, 2014 at 11:41am — 6 Comments

Kom ons gaan reis, verken,beleef en onthou

Ek oorweeg dit om n Fotoskool reis geleentheid aan te bied. Met die reis geleenthede waaraan ek al kon deelneem het ek baie goeie ondervinding opgedoen en ek wil dit graag met mede amateur fotograwe deel. Daar is n hele paar opsies - van Alaska to Swede, van Griekeland tot Tukye.

Ek verneem graag van Fotoskolers wat moontlik in so n inisiatief sal belangstel.Indien daar belangstelling is, skryf asseblief aan my en laat weet hoedanig jou belangstelling is.

Hierdie is regtig n…

Continue

Added by Frans van Heerden on February 18, 2012 at 10:08pm — 2 Comments

Kyk hier watter verskil maak iemand met n kamera - moenie dit misloop nie

Neem n paar minute en gaan kyk na hierdie webwerf:

http://www.wartoysproject.com 

Dis n puik storie van n fotograaf wat met sy kamera (sonder enige spesiale toerusting so ekstra lense of flitse), kinders in oorlog geteisterde gedeeltes help om die skok en trauma van oorlog, te verwerk.

Ons is so gelukkig en bevooreg om n stokperdjie te beoefen wat n dramtiese verskil in mense se lewens in hierdie stukkende…

Continue

Added by Frans van Heerden on November 16, 2011 at 5:27pm — 4 Comments

Die Wonder en Krag van Fotoskool

Paar dae gelede verskyn n Blog van Igno. Hy vertel van die motiverings video "Celebrating what is right wit the World" van Dewitt Jones. Ek het na die web ruimte gaan kyk en neem daar die spoor na die promosie video. Ek was nie alleen be-indruk nie, maar ek het sterk met die Fotograaf kon identifiseer. Ek dink dis n treffende titel en het aan die Fotograaf n epos gestuur en sy toestemming om die titel van sy Video op my "shooting vest" te laat borduur. Tot my verbasing, skryf hy terug en gee…

Continue

Added by Frans van Heerden on November 2, 2011 at 7:19pm — 3 Comments

Die Naakte Waarheid van Fotoskool





Dankie dat jy besluit het om die stuk te lees, ek is bly dit

het jou aandag getrek. Lees dit asseblief volledig.

Fotoskool het as n inisiatief totstand gekom om n gemeenskap

van mense, met n belangstelling in fotografie as n stokperdjie of beroep te

bedien. Dit  is n plek, in die warboel en

chaos van die die digitale era, waar Afrikaans sprekende mense, die volgende

kan doen of beleef:



  • Hulle belangstelling in fotografie…
Continue

Added by Frans van Heerden on October 31, 2011 at 8:30pm — 16 Comments

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html