Mariska Cilliers's Blog (5)

Fotografie Werkswinkel ~ 20 September 2014

Basiese kamera funksies en fotografie riglyne. Germiston, Gauteng. R300 per persoon, sluit middagete, tee/koffie in. Stuur e-pos na perse@vodamail.co.za as jy belangdtel.

Added by Mariska Cilliers on August 24, 2014 at 2:58pm — No Comments

Fotografie Werkswinkel : 21 Junie 2014 (Primrose, Germiston ~ Gauteng)

Ek bied op Saterdag, 21 Junie ‘n basiese kamera en fotografie werkswinkel aan. Ons gaan die funksies van die kamera deurgaan en ook ‘n paar fotografiese riglyne en daar gaan heelwat praktiese oefeninge gedoen word in die tuin en rondom die dam by Waters Edge Estate in Primrose, Rietfonteinweg 72. Die werkswinkel sal wees van 9:00 tot ± 15:00. Die koste beloop R300 per…

Continue

Added by Mariska Cilliers on May 28, 2014 at 2:59pm — No Comments

FOTOBOEK

Ek waag nou om iets baie persoonliks en baie sentimenteel met al my maatjies op Fotoskool te deel.  En vir party gaan dit lyk soos 'n nietigheid. Maar vir my is dit 'n groot accomplishment.  En ek het net Fotoskool daarvoor te danke, want hier het ek selfvertroue geleer! Anders sou ek dit nooit aangepak het nie.

Dis iets waaroor ek al baie lank droom. Ek wou nog altyd van my fotos op mooi blink papier in 'n boek gesien het.  En toe die belastingman so goedhartig was om 'n paar…

Continue

Added by Mariska Cilliers on July 26, 2012 at 8:34am — 17 Comments

"AHA MOMENT" ~ Dankie Fotoskool!

Ek het hierdie week 'n "aha moment" gehad soos Oprah altyd sê!

Eintlik moet ek begin deur te sê "Hallo my naam is Mariska, en ek is 'n foto verslaafde." En wat ek daarmee bedoel is nie my passie vir fotografie nie, maar die hoeveelheid wat ek die knoppie druk. Ek is totaal en al knoppie-happy! My man spot juis as ons met vakansie gaan het ek al 300 fotos geneem net tot by die eerste stop straat.

En dis nou waar my "aha moment" inkom. Want dit is presies waar my…

Continue

Added by Mariska Cilliers on July 6, 2012 at 8:30pm — 8 Comments

Projek 52

Wat 'n "eye opener" is Martie Venter se blog oor haar 365-projek net nie!!! 

Ek en Dorette Scheepers (wat foto-maatjies in Alberton, Gauteng is) was dadelik geinspireer om nader ondersoek in te stel.

Na ons koppe bymekaar gesit het, om seker te maak dat dit prakties uitvoerbaar is, want ons altwee werk voltyds, en tyd in die aande is baie beperk, het ons besluit op 'n 52-projek.

Om ons projek 'n uitdaging te maak het ons…

Continue

Added by Mariska Cilliers on April 18, 2012 at 10:51am — 13 Comments

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html