Igno van Niekerk's Blog (271)

Nuutste Korrespondensie 27 Julie 2017

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat die meeste van julle al die ergste winter deurgesien het, en dat die eerste tekens van lente begin wys. Waar ek ookal met fotoskolers gesels, is die behoefte aan reen groot. So, kom ons hoop vir 'n lente van lekker reen!

Leer fotografie met 'n kaartspeletjie en hope pret:…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 27, 2017 at 8:32pm — 2 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,



En so is ons bykans by die kortste dag (en die langste nag) van die jaar. Dis nou vir Fotoskolers in ons eie Suidelike halfrond – van julle in ander dele van die wêreld stuur dalk af op die langste dag van die jaar. So, maak seker nie saak wat ons verkies nie, die lekkerste van fotografie bly die feit dat elke dag nuwe veranderinge bring, die veranderinge bring nuwe seisoene, en die seisoene bring nuwe geleenthede.



By Fotoskool is daar ook ‘n…

Continue

Added by Igno van Niekerk on June 20, 2017 at 7:14am — 3 Comments

Nuutste Korrespondensie - Die toekoms van Fotoskool

Hallo Fotoskolers,

Voordat ek 'n baie belangrike saak aanraak, nl die pad vorentoe vir fotoskool, wil ek net noem dat daar 'n addisionele twee weke is waartydens die Light On Leadership boek (of e-boek) vir die voorafbestellingspryse beskikbaar is. Klik gerus hier as jy belangstel. Vanaf 31 Oktober sal dit teen gewone markprys te koop wees. So, as jy dalk nog 'n kersgeskenk in gedagte het. Dan is daar natuurlik…

Continue

Added by Igno van Niekerk on October 14, 2016 at 6:02am — 24 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,



Jammer, dit het niks met #FeesMustFall te doen gehad nie:

Eerstens, ons is jammer oor die bedieners van ons diensverskaffers wat gemaak het dat sommige fotoskolers nie die afgelope…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 27, 2016 at 7:00pm — 1 Comment

Die E-boek is hier...

Hallo Fotoskolers!

Dit is met groot vreugde dat ek kan deel dat die e-boek weergawe van Light On Leadership beskikbaar is...…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 24, 2016 at 9:15am — No Comments

Puik demonstrasies

Hallo Fotoskolers,

Loer gerus na hierdie webwerf vir 'n paar puik demonstrasies van fotografiese konsepte:

https://sites.google.com/site/marclevoylectures/applets

Added by Igno van Niekerk on September 4, 2016 at 2:35pm — 4 Comments

Eerste idee van hoe die boek gaan lyk...

Hallo Fotoskolers,

Ek wil sover baie, baie dankies deel met almal wat reeds my boek vooraf-bestel het. Ek waardeer dit ongelooflik baie. As ek doodeerlik moet wees, maak dit my selfs effe bang wanneer mense voorafbestellings plaas, want mens wil mos niemand teleurstel nie. 

Dis amper soos…

Continue

Added by Igno van Niekerk on August 28, 2016 at 9:30am — 5 Comments

Igno se nuwe Baba

Hallo Fotoskolers,



My baba is oppad!

Na lang jare van swoeg en sweet, is ek so opgewonde om die nuus te deel!

Een van my groot drome was nog altyd om my passie vir fotografie, vir geskiedenis, en vir stories iewers byeen te bring.

En nou gebeur…

Continue

Added by Igno van Niekerk on August 17, 2016 at 8:52pm — 3 Comments

Skryf Effektiewe Blogs - Bloemfontein

Hallo Almal

Skryf effektiewe blogs!

As fotograwe is dit dikwels maklik om met een foto meer te sê as wat ‘n duisend woorde kan doen.

Maar wat daarvan as ek foto’s en woorde kan kombineer?

Van die wêreld se topfotograwe het bekend geword danksy hulle blogs. Nie alleen was daar foto’s nie – daar was aangrypende stories...

Dorian Haarhoff is nie alleen ‘n meesterlike storieverteller nie, (sy boek “The Writer’s Voice,” is een van die toonaangewende boeke oor…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 21, 2016 at 7:52pm — No Comments

Baie Baie dankie, Fotoskool

Hallo Fotoskolers!

Sjoe, baie dankie vir elkeen wat aan die wynloting deelgeneem het. Ons het R3200 bymekaargemaak wat dan hierdie naweek oorbetaal sal word.

Dine is die wenner van die bottel wyn, en Riaan sal vandag met haar kontak maak.

Dankie, Riaan vir die inisiatief, en die skenking van 'n besonderse bottel wyn. Ek glo jou inisiatief gaan 'n groot verskil maak waar dit aangewend word.

Baie dankie vir elke fotoskoler wat bereid was om geld te skenk om 'n…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 2, 2016 at 10:15am — 6 Comments

Hartseer nuus

Dit is met baie hartseer dat ons die naweek verneem het dat een van ons lede, Piet Roos, op 30 April in 'n motorongeluk oorlede is.

Piet was 'n aktiewe lid, wat 'n groot bydrae tot fotoskool gelewer het.

Ons gedagtes en gebede gaan uit na Piet se familie.

Added by Igno van Niekerk on May 9, 2016 at 6:55am — 15 Comments

Kompetisie

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 5, 2016 at 7:29am — No Comments

Geseende Kersfees (nuutste korrespondensie)

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat elkeen van julle 'n jaar van wonderlike foto-oomblikke gehad het, en dat julle kan uitsien na 'n vreugdevolle Kerstyd en rustyd.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen van julle te bedank vir die bydrae tot fotoskool wat julle lewer. Dit is ongelooflik om te sien watter pragtige foto's daar daagliks verskyn, en dan nog om die kommentare te lees, en te sien hoe konstruktiewe kommentaar met 'n positiewe gesindheid gelewer…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 22, 2015 at 4:45pm — 8 Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Ek hoop dat dit by elkeen van julle sommer baie goed gaan. Hoop ook dat daar 'n heerlike Desember vol vreugde en verassings wag.

Ek deel vinnig hierdie e-pos om julle op hoogte te hou van iets wat my bekommer ten opsigte van die toekoms van fotoskool. Ons webwerf is op 'n "ning" webwerf. (Moenie bekommer as jy nie weet wat dit beteken nie, dis bloot die fassiliteit wat ons in staat stel om die webwerf as netwerk…

Continue

Added by Igno van Niekerk on December 7, 2015 at 9:45am — 7 Comments

Die NG kerk jublejaar foto-kompetisie sluit Vrydag - 'n paar laaste gedagtes van hulle kant af:

Jubeljaar Fotokompetisie

Kreatiewe Foto’s

 

Die NG Kerk Familie in die Vrystaat bied ‘n Jubeljaar Fotokompetisie aan met die tema “Klippe en Stene Jubel dit uit!” ‘n Goeie foto vereis kreatiewe aanvoeling. Die verwagting is dat fotograwe se kreatiwiteit op twee maniere ingespan word.

 

  1. Om die waardigheid van ‘n imposante kerkgebou te respekteer en visueel weer te gee, vra onder andere ‘n oog vir die estetiese en…
Continue

Added by Igno van Niekerk on July 27, 2015 at 5:09pm — No Comments

Ateljeetoerusting te koop.

Hallo Almal,

Aangeheg is inligting van iemand wat ateljeetoerusting wil verkoop.

Groete

Igno

Klik gerus op hierdie skakel:

Studio%20Equipment%20for%20sale.pdf…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 27, 2015 at 5:06pm — No Comments

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

So uit 'n lekker koue Bloemfontein wil ek net graag die volgende met julle deel:



Kerk Fotokompetisie:

Julle sal op die fotoskool webwerf sien dat die Vrystaatse NG kerk (dis nou die NG kerk, die Verenigde NG kerk en die NG kerk in Afrika) 'n kompetisie geloods het om die 150e van die sinode in die Vrystaat te gedenk.

(Inligting by…

Continue

Added by Igno van Niekerk on July 15, 2015 at 9:10pm — 1 Comment

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Hoop dat dit by elkeen van julle nog goed gaan! Ek glo ook dat hierdie herfstyd vir elkeen van julle vol verassings, kleur en sagte lig is!

Voorstelle:

Fotoskool is lekker besig, daar is heerlike gesprekke en pragtige foto's, en selfs dan en wan 'n heerlike meningsverskil. Ons wil egter tred hou met die dinge wat julle geniet, so, indien daar enige voorstelle van julle…

Continue

Added by Igno van Niekerk on May 13, 2015 at 6:46pm — 11 Comments

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html