Radio en "aircon" aan, weer op pad na Edenburg waar ek aan 'n projek werk. Kamera op die passasiers sitplek reg vir aksie. Elke dag hoor jy op die radio van die stop en "go's" en paaie wat besig is, gelukkig geld dit nie vir die grondpad wat ek ry nie en kan ek rustig my omgewing waarneem terwyl ek ry.Na die afgelope reens is dit net trekkers wat ploeg. Het die twee trekkers gekry op en af op die land.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die vooruitsigte vir goeie opbrengs is goed volgens SA graan so ons hoop maar dat die strooper nie te lang hoef stil te staan .

 

 

Nader aan Reddersburg is 'n groot wildplaas waar veel soorte wild van die pad af sigbaar is. die een wat ek nog nooit gesien het van al die kere wat ek daar voorby ry is die vlakvarkie. So skrikkerig as wat hulle kan wees en weg hardloop, was hierdie wyfie so besig om van die groen gras te eet dat sy nie agtergekom het dat ek al tot by die draad is om haar te fotografeer. Toe sy my sien het sy my so gekyk en skeilik agter die wal verdwyn. Te laat vir haar het ek toe al twee tot drie fotos geneem.

 

 So 'n tyd terug op fotoskool is daar nogal foto's ingestuur van verlate, verweerde, geroeste karre. Daar is langs my pad ook twee wat in die veld le en elke keer wat ek voorby ry dink ek: "genoeg gesien op fotoskool, kry iets beters wat op wiele en oud is". Kan jy glo dat ek een dag in Reddersburg inry en die ou model T ford kry op die sypaadjie. Mooi reggemaak en opgepas. Met 'n bietjie "photoshop" het ek dit toe 'n bietjie karakter van die ou dae probeer gee en sie daar, nog 'n ou kar op fotoskool. (sorry vir die stukkie moderne bakkie agter die Ford).

 

 

 

 

   

Views: 492

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jacques van Delft on January 19, 2012 at 5:30pm

Dankie Gerhard en Tillie vir julle inskrywings. Ek weet nie wat verkeerd gegaan het gisteraand nie, maar pleks van "save as draft" moes ek die "publish to blog" gedruk het. Vanoggend kry ek die mail dat die blog geplaas is en ek was nog nie heeltemaal klaar nie. Ek het nog foto's gemaak van die stop en go by Edenburg wat ek wou byvoeg. So hier is dit dan.

 

 Vir die wat hulle beleef het wil dit seker nie meer sien nie, maar nou ja .......

Comment by Gerhard Beukes on January 19, 2012 at 11:56am
baie nice, en ja nee Tillie my vrou baklei elke keer as ek uitspring " maak toe die deur die hitte kom in"
Comment by Tillie Beaton on January 19, 2012 at 11:51am

Hi Jacques, ja, veral op die N6 tussen Reddersburg en Smithfield kan die padwerke mens lekker ophou. Maar deesdae sorg ek dat ek my kamera by my het en sodra ons by die padwerke stop spring ek uit en neem 'n paar foto's! Die mense lag maar vir my, maar deesdae raak ek skoon vies as ons 'n "Ry/Go" Sign kry en nie hoef te stop nie. Daar is altyd iets om af te neem :)

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html