Hi almal

Ons neem almal fotos met ons kamera flitse, en baie van ons dink dat die gebruik van flits tydens dag of in helder sonlig onnodig is. Die waarheid is egter dat die gebruik van flits jou fotos tot 'n nuwe kreatiewe hoogtepunt kan neem. Ek het vandag die geleentheid gehad om fotos te neem tydens die Klein Skooltjie se Welpie rugbydag en dit was groot pret en baie oulik.

Teen die einde van die verrigtinge was daar uit die aard van die saak die gebruiklike prysoorhandiginge en ook hier het ek fotos van die groepies geneem. Graag wil ek net 'n paar voorbeelde wys direk uit die kamera sonder enige veranderinge. Die fotos is ongeveer 12uur in harde sonlig geneem.

Die eerste foto is bloot soos mens gewoond is om te neem sonder 'n kameraflits in helder sonlig

Die lig is hard en dis nie 'n goeie foto nie. Dit is ook ongelukkig hoe die meeste fotgrawe se fotos sal lyk

Ek het toe die foto geneem en slegs die beligting afgestel met 1,3 stoppe op die rekenaar om te probeer kompenseer vir die lig. Die resultaat as volg :

Die kleure lyk nie reg nie en dieselfde harde skaduwees is nog op die gesiggies

Die volgende foto het ek toe geneem met die kameraflits en ek reken die resultaat spreek vanself

Let op hoe die agtergrond beligting verander het na 'n sagter beligting en is minder steurend. Omrede die kinders voor nog steeds korrek belig is, staan hulle ook meer uit teen die agtergrond

Daar is met geen van die fotos gepeuter nie en dit is direk uit die kamera geplaas behalwe die tweede foto waar ek slegs die beligting verminder het. Ons wil almal ons fotografie verbeter en daar is altyd verskeie maniere hoe om dit te doen. Deur die gebruik van flits en die tegnieke daarom beter te verstaan kan ons verseker ons fotografie met rasse skrede verbeter.

Met sommige funksies is daar nou eenmaal nie 'n keuse vir die fotograaf nie en aangesien die klient betaal het verwag hy resultate. Dink net aan die arme troufotgraaf wat sy of haar fotos in klipharde helder sonlig moet neem. Met die tegnieke wat ek gedemonstreer het kan jy suksesvolle fotos in helder sonlig neem.

My idee met die kursus is om almal met die nodige kennis en tegnieke toe te rus om elke dag se fotografie na 'n nuwe vlak te neem. Inligting oor die kursus sal later vanjaar bekend gemaak word.

Groete

Charles

Views: 249

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on August 5, 2013 at 7:30pm

Hiu Pierre

Wat ek bedoel by beweging is die gebruik van die "first curtain" en die "second curtain" saam met flits. In helder lig gaan dit nie juis werk nie omrede die sluiter baie vinnig gaan wees, maar met skemer lig kan dit goed werk. Vra gerus indien ek dit moet verduidelik

Groete

Comment by Pierre Hardinge on July 31, 2013 at 6:24pm
Charles die beweging waaevan jy praat sal jy dit asb verduidelik?
Comment by Charles Whitehead on July 31, 2013 at 4:21pm
Tillie : ek moet nog n datum vasmaak maar dit sal so in die lente wees
Pierre : op 'n kort afstand kan die flits die son se sterk lig oorkom. Enige een van die twee shutter curtains sal werk. Onthou dat ons nie beweging probeer wys hier nie. Vra gerus indien dit nie duidelik is nie
Comment by Pierre Hardinge on July 29, 2013 at 7:23am

Charles is dit waar dat n flits die son se refleksie kan nutraliseer.....as dit so is hoe gaan wk dan te werk.....moet ek die flits so stel dat hy afgaan voor die shutter afgaan of na die shutter

Comment by Tillie Beaton on July 29, 2013 at 6:13am

Wanneer is die kursus, Charles?  Sou graag dit wou bywoon.

Comment by Charles Whitehead on July 28, 2013 at 5:44pm

Hi Gerda

Ek wil net noem dat die flits uit die aard van die saak moet kompeteer teen die sonlig wat nogals moeilik is. Jou reikafstand met die flits gaan maar so meter of wat wees. Tensy die wild reg teen jou staan gaan jy dit nie reg kry nie.

Groete

Comment by Gerda Robbertse on July 28, 2013 at 1:51pm

Baie dankie Charles vir hierdie raad! Ek het dikwels hierdie probleem met wild fotografie omdat men soms op verkeerde tyd op die regte plek is. Duisend dankies ek gaan dit gerus op proef stel.

 

 

Comment by Charles Whitehead on July 28, 2013 at 1:04pm

Dankie Marietjie en Anita vir die kommentaar

Anita - die meeste fotograwe dink flits werk nie in sonlig nie. Die enigste probleem is dat die flits se reikafstand ongelukkig baie beperk is omrede die son so geweldig skerp is

Comment by Anita du Toit on July 28, 2013 at 10:45am

Baie goeie en leersame illustrasie, iets om te onthou, jy reken omdat dit dag is is dit nie nodig om die flits aan te sit nie. Dankie Charles.

Comment by Marietjie Whitehead on July 28, 2013 at 10:15am
Charlie, soos reeds gesê, ek sal graag die kursus wou bywoon. Het self die verskil gesien wat die flits maak. Ons leer graag waar ons kan !

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html