5 Finaliste van die "Stadige Sluiter" Tema kompetisie! EN die nuwe tema!

Hallo Almal,

En so raak selfs die keuse van die finaliste nou al moeiliker. Gedurende hierdie rondte was die kompetisie regtig taai. Daar is verskeie ander foto's wat ook baie naby aan insluiting in die laaste vyf gekom het, en uiteindelik bly mens se keuse subjektief (al wil mens ook hoe graag objektief wees). Daarom, moet asseblief nie moed verloor as jou foto nie die finale vyf gehaal het nie.

Ek is ook baie bly ek hoef nie alleen die keuse van die uiteindelike wenner te maak nie.Die tema was stadige sluiter, en die finaliste is soos volg: (Uit hierdie vyf foto's sal een wenner aangekondig word).

Een van Hein Kotze se foto's is oorweeg, aangesien daar net een inskrywing per temafoto mag wees, en hierdie is Hein se foto wat die laaste ses gehaal het.

Die volgende ene is deur Charles Whitehead ingestuur. So 'n lekker "verf met lig foto:

 

Die volgende ene is deur Lientjie Beyer, en is gelaai met hope atmosfeer:


En die volgende ene deur Robbie met sy lekker helder kleure:

En ons vyfde finalis is Gerhard Beukes met hierdie foto:

Nou ja, ek sien uit daarna om te sien wat die ander beoordelaars gaan dink. En laat weet ook gerus intussen van wie se foto julle hou deur te comment op hierdie blog!

 

Die tema vir die volgende twee weke wat tot 10 April om 20:00 geldig gaan wees, is sommer 'n lekker tema wat so reg uit 'n gedig kom. En ek kan nie wag om te sien wat julle daarmee gaan maak nie. Die tema is...

"Die wereld in 'n korreltjie sand." Laai gerus julle foto's soos gewoonlik, met net die titel: Temafoto: Korreltjie Sand.

Gee jou verbeelding vrye teuls en laat waai!

Groete

Igno

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Views: 71

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Robbie on March 28, 2011 at 7:58pm
Sjoe, dankie Susan... die tjek is in die pos.. lol..
Comment by Susan on March 28, 2011 at 4:16pm
Sjoe maar almal se foto's is mooi en ek stem saam Igno oor die keuse.  Ek hou die meeste van Robbie se foto. Dit is so aanloklik en dit voel vir my ek wil met my kaal voete in die stoompie onder die brug gaan staan. Sal die foto baie graag wil skilder ook. Dit sal nou 'n uitdaging wees. Susan

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html