Hallo, as iemand dalk kan help. Ons het 'n Canon 1000D wat ons al 'n paar jaar gebruik met 'n 18-55mm,55-250mm (Canon) en 70-300mm(Sigma) lens. Omtrent twee weke gelede het die kamera snaakse geluide begin maak as ons die 55-250mm Canon lens opsit, die lens auto zoom en dan klink dit of iets in die lens / kamera "kook". Ons gebruik liewer nie die lens nie omdat ons bang is dit beskadig die kamera. Was vandag na Camera Tek in Randburg, maar toe die technician kyk en luister is daai lens / kamera doodstil, terug by die huis en die lens / kamera "kook" alweer. Ons vermoed die fout lê by die lens want met die 18-55mm en 70-300mm lense werk die kamera 100%. Het iemand dalk al so ondervinding gehad, en hoe stel ons dit reg, is dit die moeite werd om verder te sukkel met die lens??? Ons oorweeg dit om eerder 'n 18-200mm lens te koop, as om die kamera te beskadig (ons is bang dit is iets wat hoë stroom trek en dan beskadig jy dalk die kontakpunte waarop die lens indraai), maar lense is duur en wil ons nie 'n goeie lens weggooi as dit net 'n klein foutjie is nie.

Views: 100

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gene on October 10, 2012 at 9:13pm

Henk , ok .

Canon 55-250 het AF of M ( Autofocus/ Manual Focus) stelling op die lens. Sit lens op AF , en dan op die kamera stel jy net die middelpunt AF liggie om sensitief te wees. Gebruik 200mm zoom , nie vol 250 nie. kamera iso 400 of 800 en Av stelling. Kamera steling vir AF nie op single shot , maar AI Servo .Sit beep op kamera aan on focus en tracking te bevestig , probeer dan bv 'n kar wat stadig na jou beweeg af te neem vir die AF toets.

Rooi liggie behoort in middel te wys as AF korrek werk. Krap ook rond in die Canon foto sagteware waar jy AF punte op die foto(s) kan sien.

Comment by Henk Pretorius on October 8, 2012 at 7:16pm

Gene, ons het 'n Canon 600D ook, maar ek is bang die lens beskadig die nuwe Canon. Charles, ek het die stabiliseerder af geskakel soos jy voorgestel het, dan is die lens stil, maar wat beteken dit??? kan ons die lens so gebruik of moet ek eerder Camera Tek toe neem.

Comment by Charles Whitehead on October 7, 2012 at 7:08pm

Henk - wat gebeur as jy die stabiliser afskakel en hom dan gebruik ?

Comment by Gene on October 6, 2012 at 10:47pm

Ek sal graag 'n lens he wat ek in die kombuis kan loslaat om kook met 'n 1000D wat toesig hou op die resepte. Het 'n ou Kodak mikkendruk wat ek dalk kan leer om die kos tafel toe te bring ook.

Vra iemand wat 'n 350D/450D of so iets het om die lens daaraan te sit en kyk of die neiging vir kombuisdiens verdwyn. Gaan ook na Canon se website en laai die nuutste firmware update af vir die 1000D. Volg die intruksies daar presies soos aangedui veral met die kamera se battery wat moet krag kan gee vir die firmware update.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html