Abstrakte Fotografie - Kom ons speel met Refleksies

Is daar nie iets aan refleksies wat jou ook altyd ‘n tweede keer laat kyk nie? Wat daardie iets is, is ek nie seker nie, maar het waarskynlik te doen met die teenwoordigheid van simmetrie en die feit dat mens ‘n ander dimensie van ‘n onderwerp sien.  Somtyds sien jy selfs elemente raak wat nie in die oorspronklike duidelik of teenwoordig is nie. Die wonderlike van refleksie fotografie is dat dit ‘n eenvoudige onderwerp in ‘n baie kreatiewe, abstrakte en wonderlike kunswerk kan verander. Dit kan ook wissel van dramatiese landskap tonele tot gedetialeerde makro komposisies. Die moontlikhede is oneindig.

Om mee te begin het jy ‘n reflektiewe oppervlakte nodig. Die mees algemene sal sekerlik wees ‘n spieël. Wat van ‘n gebreekte een? Ek het al wonderlike abstrakte fotos met gebreekte/kraakte spieels gesien.  Vensters of gewone glas (gebruik ‘n donker oppervlakte onder vir perfekte refleksies). As dit ‘n patroon op het mag dit deur skyn, maar dan is dit miskien ook wat jy wil probeer. Allerhande blink metal oppervalktes, geverniste hout en laaste maar nie die minste nie, water(mere, modder en waterpoele) Resultate van  refleksies in water kan baie interessant wees afhangende of die oppervalkte stil was en of daar “rippels” of beweging in die water was. As jy hou van landskapfotografie, is ‘n polariserende filter baie handig om blink oppervlaktes op water te beheer.

Gebruik ‘n F-stop van 11 of meer omdat dit die refleksie element sal beklemtoon. Fokus gaan grootliks beinvloed word deur die afstand tussen die onderwerp en die refleksie. Fokus  eers op die onderwerp, dan op die refleksie. Daar sal ‘n effense verskil in resultate wees en jou besluit sal bepaal hoeveel klem die refleksie dan in die foto sal dra. Neem fotos in hul natuurlik omgewing of probeer ‘n studio opset waar jy gerus kan eksperimenteer met beligting en sien hoe dit die refleksie sal beeinvloed. Probeer veral beligting van agter en bo die onderwerp. Probeer verskillende kamera hoeke vir verskillende effekte.  Plaas die oppervlakte horisontaal of vertikaal. Die oppervlaktes hoef ook nie altyd silwer skoon te wees nie. Wat daarvan om net die refleksie of ‘n deeltjie daarvan afte neem…

Die vreugde van fotografie is baie keer in die variasie van potensiele bronne en om dit te ontgin. Watter reflektiewe oppervlaktes is daar in jou lewe?

Views: 389

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on March 9, 2011 at 6:31am
Baie dankie, Lientjie - dit is weer eens 'n puik blog waaruit almal kan leer! Groete, Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html