Abstrakte Fotografie - Speel met wierook

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons neem nie net fotos van rook nie, ons gebruik rook om fotos te maak :-)

 

Wat jy nodig het is:

'n Kamera waarvan jy die sluierspoed, f-stop, ISO, en fokus manueel kan stel

‘n  Makro lens werk goed, maar ander lense kan ook gebruik word

'n Driepoot

'n Flits met 'n sink kabel(sodat die flits op 'n afstand van die kamera geaktiveer kan word)

Barndoors of snoot, of gebruik sommer karton en maak jou eie skerms, om die lig van die agtergrond en uit die lens te hou

Gekleurde filters of gekleurde silofaan papier om voor die flits te plaas(opsioneel)

'n Redelike donker vertrek, sonder blink oppervlaktes, wat nie lig sal reflekteer nie

'n Swart agtergrond wat nie lig sal reflekteer nie(swart fluweel werk goed)

Brandende wierook

Hier is wat jy doen:

Stel die wierook op ongeveer ’n meter van die agtergrond af.  Onthou in doodstil lug sal die rook in ‘n reguit lyn boontoe beweeg. Om variasie in partone te kry blaas of waai liggies in omgewing van die rook.

Stel die driepoot met die kamera op, ongeveer 60cm voor en  dieselfde hoogte as  waar die rook kolom  begin. Stel die kamera op manuele fokus en prefokus op iets in die omgewing waar die rook gaan wees. Maksimum diepte van veld is nodig omdat die rook gaan rondbeweeg en daarom ook ‘n vinnige sluiterspoed om die beweging te stop. Gebruik ‘n lae ISO stelling (rook kan greinerig vertoon  en ‘n hoë ISO kan dit vererger). Gebruik ‘n kabel of afstand beheer om die fotos te neem, omdat dit makliker is as jy die hele rooktoneel van ‘n afstand waar neem, as wat jy die perfekte patroon deur die “viewfinder” probeer sien en dit dan meeste van die tyd mis.

Stel die flits op, min of meer ‘n meter vanaf, langs en op dieselfde hoogte as die rook. ‘n Baie sterk lig word benodig. Die lig moet die area waar die rook sal wees kan belig. Dit mag nodig wees om die lig af te skerm sodat dit nie die  agtergrond belig nie(hoe donkerder die agtergrond is, hoe beter gaan die eindproduk wees) en ook nie in die kamera lens skyn nie. Ideaal hiervoor sal wees “barndoors“ of ‘n “snoot”, maar iets soos gewone karton of iets soortgelyk kan ook gebruik word.

F5.6, 125 ste v sekonde, ISO 200 en flits op maksimum sterkte. Hierdie is slegs  aanbevelings en daar moet maar ge-eksperimenteer word  om die regte beligting vir jou spesifieke opstelling te kry.

Verder kan daar ook met hierdie abstrakte beelde in Photoshop gespeel word. Deur die beeld bv te inverse sal die agtergrond van swart na wit verander. Die kleure van die rook kan ook maklik na oneindige moontlikhede verander.

 

Views: 230

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Riaan Kleinhans on March 15, 2011 at 3:10pm

Baie interessant, gaan dit probeer

Dankie Lientjie

Comment by Annelise on March 6, 2011 at 4:23pm
Dus wat ek wil doen, sal moet baie oefen. Stunning!
Comment by Igno van Niekerk on March 6, 2011 at 11:36am
Dankie Lientjie! Groete, Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html