Adobe gaan nie Photoshop CS6 vervang nie en verskuif Photoshop gebruikers na 'n Internet subskripsiediens

Dis ongelukkig nie 'n April 1 grappie nie. Adobe se laaste weergawe van Photoshop is CS6 wat op die normale manier met 'n program op jou rekenaar geinstalleer is sal werk. Vir 'n geruime tyd probeer Adobe (net soos Microsoft) gebruikers na 'n subskripsiediens deur die Internet beweeg.

Wat dit in die praktyk beteken is dat jy nie met die program op die normale manier op jou rekenaar sal werk nie, maar slegs deur die Internet met 'n subskripsie. Die voordeel is dat jou rekenaar slegs Internet toegang hoef te hê. Potensieel kan jy dan die nuutste weergawe op enige "smartphone" of Tablet rekenaar gebruik. Die tipe programme word "cloud" programme genoem

Wat my egter baie bekommerd maak is dat die tipe van "cloud" dienste gemik is op lande wat goedkoop en vinnige Internet het. Suid Afrika is defnitief nie een van die lande nie. Ons Internet is bitter stadig en geweldig duur. Net so is daar ander lande in Afrika met dieselfde probleem. Hoewel ons seker as gebruikers in die minderheid is teenoor die res van die wereld, gaan dit baie gebruikers vervreem wat nie wil of kan van die tipe dienste gebruik maak nie. Dink net hoe gereeld is jou Internet van lyn af of geweldig stadig. En as jy dit in 'n besigheid gebruik en die klient blaas in jou nek ....

Microsoft doen presies dieselfde met sy Office pakket op die oomblik en jy het tans nog die keuse van Office 2013 (gewone program op jou rekenaar) of Office 365 wat Office op die Internet of in die "cloud" is. Microsoft het nou nog nie 'n spertyd vir die gewone Office pakket bekend gemaak nie, maar dit is dalk 'n kwessie van tyd.

Daar is verskeie "cloud" dienste wat baie van ons reeds gebruik en ek is seker dit werk goed vir almal. Een van die bekendstes is seker die gratis Dropbox wat baie lekker is om inligting of fotos te stoor, maar jou besigheid is seker darem nie afhanklik van die diens nie. Ook is die hoeveelheid inligting wat ons daar gebruik darem nie so baie nie.

Vir die van julle wat bekend is met die bekende boekhou program Pastel sal dalk weet dat hulle ook 'n "cloud" weergawe het van die bekende program waar al jou inligting op die Internet op Pastel se servers geberg word. Dit is vir my diesefde risiko hier met stadige of onbetroubare Internet. Besighede se inligting moet ten alle tye beskikbaar wees en met ons Internet weet ek nie so mooi nie.

Dit is nou eenmaal 'n tendens wereldwyd wat seker onvermydelik is. Ek is dalk nog van die ou skool, maar ek hou van my programme geinstalleer op my rekenaar, veral Photoshop.

Hoe voel Fotoskolers oor die veranderinge ?

Sien Adobe se persuitreikings en ander inligting :

Adobe has said it will no longer be developing its Creative Suite range of software, leaving its subscription and cloud-based Creative Cloud as the only way of accessing the latest version of Photoshop. Adobe has been trying to encourage users away from the traditional one-off payment licenses and on to a monthly payment model, with features such as online storage and syncing between devices. This latest move ups the ante by making it the only option for future versions of the software.

Adobe is clearly concerned about alienating existing users and has set the pricing of its Creative Cloud products at a similar level to its existing software. The cost of licensing just Photoshop CC over 18 months (the typical life-span of a version of Photoshop), is similar to the existing version-to-version upgrade prices, if you commit to a 24-month contract. Paying to use Photoshop CC on an ad-hoc, on/off basis will cost more (though opening the option of only paying for the software when you need it).

Adobe says it will continue to support CS6 but will not be replacing it. This allows it to focus its efforts on a single line of products, rather than trying to support both, in tandem. It also says it will allow the addition of processor-intensive features, such as Camera Shake Reduction tool, where the work can be conducted in the cloud.

Links :

DP review : http://www.dpreview.com/news/2013/05/06/Adobe-kills-perpetual-licen...

Adobe : http://www.adobe.com/cc/letter.html

Views: 193

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Antheny Esterhuizen on May 16, 2013 at 7:35pm
CS7 sal dramaties baie moet verander om my te oortuig om die online roete te gaan. Cloud is nice as jy vinnige internet & un-capped internet het.
Comment by Charles Whitehead on May 8, 2013 at 11:16am

Die reaksie op Adobe se aankondiging was oorweldigend en daar was toe 'n onderhoud met Adobe se Senior Produk bestuurder gehou. Sien onder :

http://www.dpreview.com/news/2013/05/08/Adobe-photoshop-cc

Comment by Charles Whitehead on May 7, 2013 at 2:41pm

Elizma - jou ondervinding beklemtoon juis my bekommernisse oor die rigting waarna Adobe beweeg. 'n Ander probleem is natuurlik ook die sekuriteits aspek van jou data. Gereeld was groot name ge-"compromise" die afgelope ruk. Almal werk nou nie aan hoogs geheime dinge nie, maar watter waarborg is daar dat jou werk nie "uitgelek" en misbruik word nie. Onwaarskynlik ja, maar tog moontlik.

Twitter of Google het ook mos so rukkie terug 'n probleem gehad deur hackers. Ek praat ook nie eers van as die dienste van die cloud verskaffer onderbreek word deur probleme nie. Kyk nou maar vir Blackberry se probleme verlede jaar. Niemand beplan dat die tipe probleme sal gebeur nie, maar dit gebeur tog.

Ek stem saam met jou aanname dat die foto op jou hardeskyf gaan lê en alle bewerkinge deur die cloud gaan geskied. Die probleem is net dat ek soms met 'n foto in RAW werk met verskeie layers. So foto kan baie maklik 400 - 500 Mb groot word. Dink net aan die proses wat geweldig vertraag gaan word en dan al daai data ..

Die meeste van ons het 'n dataperk per maand en dit gaan eenvoudig baie gou uitgeput raak, wat jou meer gaan kos om te onderhou

Ek gaan vir eers styf vasklou aan my CS6 dankie en hoop hy gaan nog baie lank sy ding kan doen. Die ander kant natuurlik is dat die deur wyer oopgemaak word vir ander programme om die Photoshop gaping moontlik te vul. Daar is reeds goeie alternatiewe wat net nog kan verbeter. Gelukkig is Lightroom darem vir eers uitgesluit van die skuiwe wat beplan word.

Comment by Elizma Fourie on May 7, 2013 at 2:12pm

Charles, cloud klink goed in woorde maar in praktyk is dit 'n gemors. Ek weet want ek persoonlik het my server na 'n cloud server gegooi, baie arbeid en tyd en tegniese goeters saam met IT mense deur gegaan, net om weer terug te skuif na 'n "local server" Dit was net eenvoudig nie effektief nie, dit is presies soos jy sê ons internet in SA is net nie op standaard nie en hopeloos te stadig, die voordeel daaraan verbonde is, sou jou internet/krag ens op een plek af is kan jy altyd met 'n ander konneksie nogsteeds jou data bekom, maak nie saak waar in die wereld jy is nie.

My elektroniese data wou ook nie deur die cloud server werk nie, hulle virus programme of iets blokeer dit. Al wat goed gewerk het was die e-mail exchange server (mapi), maar om net 'n eenvoudige dokument van jou rekenaar op jou server te kry was 'n nagmerrie en tydsaam, dit was nie eens groot leêrs nie, so ek kan my net indink hoe 20mb of selfs groter foto gaan laai/save. Want ek neem aan dit gaan nogsteeds op jou hardeskyf lê en net die processing gaan in cloud plaas vind en dan weer terug na jou hardeskyf toe, of gelos op die server en jou hardeskyf.

My ondervinding het ongelukkig net te doen met rekenkundige/administratiewe funksies en nie die creative kant van my nie, maar miskien moet mens dit probeer en sien hoe dit werk, alhoewel ek verkies ook my eie program, maar ek glo jy sal jou eie stukkie cloud hê om te verpersoonlik soos jy wil.

Probeer jy maar, dan laat weet jy ons. Maar oor jou stelling van kliente wat wag stem ek 100% saam, ek kon net eenvoudig met die cloud nie dieselfde kliente diens lewer nie, aangesien ek nou van NOG 'n "service provider" afhanklik was. En ek het dit juis probeer om kliente diens te kan verbeter.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html