Adobe Lightroom 5 Beta weergawe is nou gratis beskikbaar

Hi almal,

Die wat graag wil rondspeel en meer leer van Adobe se Lightroom produk kan nou die BETA weergawe 5 aflaai van hulle webwerf.   Kliek gerus op Adobe Lightroom 5 Beta en laai dit af met jou Adobe ID (gratis as jy nog nie een het nie).

Onthou 'n BETA weergawe het maar foutjies hier en daar wat nog uitgestryk word.

Die weergawe het 'n paar nuwe stukkies gereedskap - kyk gerus na die "Visualize Spots Tool" en ook hoe maklik dit is om horisonne reguit te trek ("Upright").  Daar is ook verbeteringe gemaak aan die funksie om fotoboeke te skep.  Ontdek gerus nog van die nuwe funksionaliteit beskikbaar in weergawe 5.

Geniet dit!

Views: 36

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html