Ek het hierdie week 'n "aha moment" gehad soos Oprah altyd sê!

Eintlik moet ek begin deur te sê "Hallo my naam is Mariska, en ek is 'n foto verslaafde." En wat ek daarmee bedoel is nie my passie vir fotografie nie, maar die hoeveelheid wat ek die knoppie druk. Ek is totaal en al knoppie-happy! My man spot juis as ons met vakansie gaan het ek al 300 fotos geneem net tot by die eerste stop straat.

En dis nou waar my "aha moment" inkom. Want dit is presies waar my probleem/fout inkom.  Al my fotos waar ek op my tyd af geneem het, is 10 keer beter as die fotos was ek soos 'n mal toeris afgeneem het.  Ek kyk hoeveel fotos ek kan neem as ek iets mooi sien, eerder as om op net een of twee te fokus en hulle goed te doen. Tydsaam met my verstellings te speel, totdat alles in plek is.

Afgesien van alles wat ek al by Fotoskool geleer het, en glo my maatjies, dis 'n boekvol wat ek al hier by julle geleer het, was hierdie my waardevolste les, en 'n kosbare stukkie inligting wat ek nou saam met my vat as ek my kamera optel.

Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal se kommentaar en "like" op elke foto nie.  Dat julle die tyd vat om daarna te kyk en insae te lewer. 

Baie dankie Fotoskool!!!!!!!

Views: 154

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mariska Cilliers on July 21, 2012 at 10:55am

Baie dankie Tillie vir jou kommentaar, dis baie goeie tips daai!

Comment by Tillie Beaton on July 20, 2012 at 7:59pm

Gits, ek voel ek moet nou sê:  my naam is Tillie, en is 'n fotoholic!  1444 foto's vir 'n week, dis niks!  Ek het al met 3700 foto's teruggekom na 'n week in Skotland, en weet jy, as ek nou terugdink was omtrent 3000 aha moments en net 700 wat ek voel ek kon nie gebruik nie.  Ek het intussen 'n slim trick geleer, en dit is om met 2 kameras te travel.  Ek travel nou met 'n Panasonic FZ45 wat soos julle weet 'n Bridge kamera is, en wat jy in die meeste plekke kan vat waar jy 'n kamera kan invat waar jy nie mag lense omruil nie, asook 'n Nikon D7000 en/of 'n Nikon D60.  Dan neem ek so 'n foto of 2 op Auto met die Bridge, en dan begin ek eers speel met my Nikon D7000, en dan steel ek die readings op die FZ45 soos wat my sluiterspoed, ens min of meer moet wees, en dan mors ek nie soveel foto's nie, maar ek het darem een of twee wat bruikbaar is.  Die vgl trick is om so gou moontlik deur jou foto's te gaan en dadelik te delete wat jy nie kan gebruik nie.  Dit wat jy nie op die kamera se LCD screen kan sien nie, los jy tot jy dit op 'n rekenaar kan aflaai en dan delete jy dadelik die wat uit fokus is sodat jy regtig op die rekenaar los wat jy kan hou .... en dan dink jy, OK, ek het net 900 foto's in die week afgelaai, nie te bad nie, ne!  En ek wys vir almal ek het NET 900 foto's afgelaai en nie 3000 nie.  DIT is 'n sign van 'n Photoholic! 

 

Comment by Mariska Cilliers on July 9, 2012 at 9:13am

Dankie Elizma en Sylvia. Voel al klaar beter oor ek weet ek was nie die enigste een met die probleem nie haha. En ja Elizma soos jy sê die paar mooies tussen in, kon perfek gewees het as mens meer tyd spandeer het. Maar nee, is mos bang ek mis iets.

Comment by Sylvia du Toit on July 8, 2012 at 8:50pm

Bly meer mense ly aan dieselfde "siekte". Skaam om te erken maar, .... toe ek die eerste keer in 2007 by die kinders in Skotland en London gaan kuier het, het ek met 13 DVD's vol fotos huistoe gekom! Moenie vra hoeveel foto's nie! Weet nie of ek die "siekte" heeltemal oorwin het nie. Deesdae laai ek die foto's op 'n hardeskyf. Nog nie getel nie, maar moet 'n plan maak. DIt sal seker die rekord oortref! Ek wil net se die voordeel van so baie foto's is jy kan kies en keur dit neem net 'n bietjie LANK!!!!!

Comment by Elizma Fourie on July 8, 2012 at 8:39pm

Mariska so waar wat jy sê, ek dink die meeste van ons doen dit. 1444 klink nie vir my te veel vir 2weke nie, ek dink ek oortref dit. Maar dit is soos jy sê mens neem alles en almal af, en baie is "crap" maar dan is daar weer die wat eitnlik mooi moes wees, en as ek aflaai is dit geblur of die fokus is nie reg nie, en dan is ek weer spyt ek het nie maar nog een en nog een geneem nie. So you win some and you lose some. Ek weet nie of ek my impulskotrole versteuring gou onder beheer sal kan bring nie. Dankie ook vir al jou likes en kommentaar, ek dink ons almal waardeer dit onder mekaar, want vir wie sal ons tog nou anders vra, as ons ou fotoskool maatjies. O en ek gebruik nie die wysvinger nie maar die middelvinger, die wysvinger is op die "dail" vir verstellings. (moes nou eers die kamera optel om dit te kon agterkom).

Comment by Mariska Cilliers on July 8, 2012 at 5:07pm
Baie dankie, my ondersteunings groepie, haha!!! Ek gaan die wysvinger siekte wen, en met my volgende vakansie wil ek met minder fotos terugkom. Om julle 'n idee te gee, na 'n twee weke vakansie in Desember het ek met 1444 fotos huis toe gekom. Onthou daai nommer so goed. As ek nou deur daai fotos kyk, is dit net 'n spul crap. Ek gaan dit nie weer doen nie.
Comment by Anita du Toit on July 8, 2012 at 2:35pm

Kyk julle hiermee identifiseer ek my volkome (skoon skaam om dit te erken) Maar julle vat dit soooo raak Mariska en Rudi. Eintlik moet ons ons wederhelftes bedank vir hul geduld met ons fotokoliste, ( soos met enige ander afleibaarheidsindroom)Hehe soos Liz se

Comment by Rudi Kleynhans on July 8, 2012 at 2:11pm
Aha! Voel dit partykeer vir jou ook asof jy ADHD het met nog een of ander impulskontrole versteuring wat jou wysvinger onwillekeurig laat knoppies druk? :-)

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html