Sekuriteits beampte :"Aikona Sir, you cant do dat ting here"

Fotograaf :"What thing"?

Sekuriteits beampte :"Dat ting ....you cant do it"

Fotograaf :"Please sir, explaine to me what is this "Ting" you're talking about"?

Sekuriteits beampte :" Sir you maynot take da picture of dis place...."

Fotograaf :"...but why"?

Sekuriteits beampte :" Ow ...sir da boss say its for security"

....en so loop die fotograaf in die rigting van waar hy gekom het....

 

Dit is die gesprek gewees tusen my en n sekuriteits beampte by Thibault Square te  Kaapstad....

N Soortgelyke gesprek het hom afgespeel op die platform van Transnet in Simonstad....

Weer het so n toneel hom afgespeel op Kaapstad treinstasie...

 

In al drie geleenthede was ek besig om fotos te neem en al drie geleenthede was ek gese om te stop waarmee ek besig was... nerens was daar enige kennisgewings gewees wat wys of se dat daar mag nie fotos geneem word nie.... Go figure...

 

En hiermee het ek n wesenlike probleem... in al drie geleenthede was ek die enigste een wat aangespreek was terwyl daar hope toeriste met Ipads en selfone fotos geneem het..en in al drie geleenthede kon nie een beampte my vraag beantwoord nie....en my vraag was eintlik bitter bitter eenvoudig gewees en ek wou net weet wat die verskil is tussen my kamera en die ander toestelle waarmee daar fotos geneem word...en ek wou weet hoekom mag ek nie n foto neem van die geboue en omgewing nie.

 

Ek weet nie maar meskien mis ek erens iets....of my kop is te plat om die patetiese redenasie te verstaan...

 

Wat is julle opinie en of mening en het dit ook al met julle gebeur?

Ek dien uit om julle stories te hoor......

Foto-Groete

Pierre

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Views: 226

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on December 1, 2013 at 7:23am

Pierre jy neem daai ou af en vertel hom hoe mooi hy lyk en jy is van fotosplek, jy gaan die wëreld wys hoe smart ou hy is, en dan sy jy ek wil net nog so paar fotos neem om by syne te sit. By die huis waai ta en jy het jou fotos

Comment by Engela Johanna Magrietha Britz ( on November 30, 2013 at 9:34pm

He he, Piere, ek lees die nou eers. Wees bly jy was nie by Nkandla nie. (lol). As verslaggewer het ek destyds geleer dat daar inderdaad "sleutelpunte" is wat nie afgeneem mag word nie......... maar blykbaar het die nuwe tegnologie hierdie situasie 'n penarie vir baie regerings gebring.

Ek kan onthou hoe ek per geleentheid 'n aangeklaagde buite die hof in Odendaalsrus afgeneem het - wel wetende dat ek nie mag nie (dit was boonop tydens die noodtoestand - wat dit 'n nog groter sonde maak!) en vir weke daarna was ek 'n senuweewrak. Die foto moes "gedokter" word sodat niemand kon agterkom dit was die hofgebou aan die agterkant nie!

Nietemin, jy mag enige plek afneem - behalwe as dit 'n sleutelpunt is. Jy mag enige iemand afneem - en mag die foto gebruik, mits dit die persoon nie in 'n slegte lig stel nie en indien jy nie geld uit die foto gaan maak nie (!). Tensy dit 'n algemene foto is soos van 'n klomp mense op die strand of waar die persoon nie direk geidentifiseer kan word nie.

Eweneens mag fotos ook nie in kuns galerye of museums geneem word nie en moet daar vooraf toestemming verkry word.

Geen staatsinstelling soos, hof, polisiekantore, staatskantore (ontvanger, binnelandse sake......) mag afgeneem word nie.

Dit help nie om die wagte te vra nie - hul bestuurders weet dikwels self nie hoekom nie, en is dit 'n blote "instruksie" wat niks beteken nie.

Van die SAPD wil ek nie praat nie.

Om terug te kom tot selfone. Die tegnologie is die wereld se grootste ondergang. Met 'n oordentlike kamera kan die fotograaf nog beheer word en daarom word hulle deesdae die "sagte teiken".

Dit is practise onmoontlik om mense te beheer wat met hul selfone loop en fotos neem en meer fotos kan beskikbaar gestel word (vinniger!) met die gebruik van selfone as gewone kameras.

Ek dink nie die wet is werklik al getoets hiermee nie. DIe ernstige fotograaf word "gestraf" omdat daar "ander" is wat moontlik (met klem op moontlik) bedekte motiewe het!

Jimmy, oor die stelling van die fooitjie of omkoopgeld, onlangs keer 'n verkeerskonstabel my af (ja, ek was skuldig en sou 'n groot boete moes betaal!), die vra toe vir my wat hy moet doen........... ek kyk hom toe mooi in die oe en se: "meneer, ek kan jou nie keer om jou werk te doen nie............ en geld om jou te betaal het ek nie." Nodeloos om te se, hy het geweet ek weet........... en ek dink dit is min of meer wat mens in so 'n situasie moet prober.

Mens moet nie bloot aanvaar dat "hy wat se mens mag nie" weet wat hy se nie. Hy mag net nie op jou kamera beslag le nie - nie indien daar nie 'n kennisgewing is wat aandui wat jy nie mag fotos neem nie.

Gaan dus gerus voort en neem die fotos. Neem sommer van die wag 'n foto en vertel vir hom dat jy graag sy foto vir sy baas wil wys om hom, die wag, aan te prys vir sy effektiwiteit. Glo my, daarna het jy carte blanche!

Comment by Pierre Hardinge on November 4, 2013 at 9:18pm

Donald ek verstaan jou punt baie goed, maar as n mens na Google Earh toe gaan dan kan n mens  in elkgeval alles sien wat rondom die geboue en in die pleine aangaan, my ander punt is ook dat hoekom word selfone toegelat om fotos te neem .....

Jimmy ek sal glad nie verbaas wees as dit die geval is nie....ek het weer terug gegaan na Thibault Square toe (uit moedswilligheid uit) en weer gaan fotos neem....hierdie keer het sekuriteitswag niks gese nie en net vir aangestaar.....lol

Comment by Donald Daniel Jacobs on November 4, 2013 at 1:08pm

Aan die eenkant kant ek dit verstaan ,die sekuriteit stelling, maar dink dit is net moeilik om dit af te dwing. Sou n perseel beroof word en so n foto (met die kamera se info saam) sou gevind word by die kwaad doeners sal daar mooi verduidelik moet word hoekom en waarom en wie s'n... net my mening

Comment by Pierre Hardinge on October 21, 2013 at 5:26pm

Waar Renette .....daar word so vergeet van die sateliete wat in die hemelruim rondsweef ....op google Earth kan jy ook na hulle geboue gaan loer sonder om jou sitkamer te verlaat, maar stap nou net daar verby met n kamera dan wil die mense n "fit" vang

Comment by Renette van der Merwe on October 19, 2013 at 12:17pm

Pierre dit het al met my ook gebeur ons was by 'n diesel en petrol aanleg in Maputo gewees toe die Sekuriteits beampte my ook genader het dat ek nie toegelaat is om foto's te neem nie as hulle my kwansuis sou sien foto's neem hulle my kamera sou konfiskeur.Verbeel jou dit.Dit lyk vir my hulle is bang vir bom dreigemente

Comment by Pierre Hardinge on October 11, 2013 at 3:19pm

Dana ek dink die ouens dink ons terroriste lol....maar dis so hartseer eintlik want hulle kan soveel blootsrelling kry ...

Comment by Dana Pienaar on October 11, 2013 at 2:29pm

Hi Pierre. Dieselfde het met my gebeur toe ek die geboue en tuine by Grand West in Kaapsatd afgeneem het. Dit wil regtig voorkom of Kaapstad op sommige terreine nie fotograaf vriendelik is nie. Dis tog so jammer. Nee wat, Bloemfontein se geskiedkundige geboue bly maar my gusntelling, veral met HDR. Groetnis

Comment by Pierre Hardinge on October 5, 2013 at 10:20am

Pieter ek verstaan geensins die redenasie om die idee nie mense neem willekeurig fotos met ander toestelle maat sodra jy n kamera met n lens uitpluk dans daar probleme...ekt al n polisie beampte gevra wat die rede is....maar helaas het hy ook geen konkrete antwoord nie....

Comment by Pieter Steyn on October 4, 2013 at 6:14pm

Ja Pierre - ek het by die hawe gaan probeer foto's neem, net om in kennisgestel te word dat dit nie gedoen mag word nie - glo nasionale sleutelpunt - verbeel jou 'n vishawe is sleutelpunt. Daar word daagliks met selfoon kameras wel foto's geneem, maar dit is blykbaar toelaatbaar. Gaan dit ook nog probeer doen en sien wat is die uitslag. Om te redeneer help nie, hier word net gesê "its orders no photo.

Groetnis

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html