As jy groot leers met vriende wil deel

Hallo Fotoskolers,

Die meeste van julle is seker al bewus van dropbox. Dit is 'n program wat jou in staat stel om groot "files" met vriende te deel. Ook sommer 'n lekker rugsteunplek vir foto's.

Ek beveel dit met graagte aan, synde ek dit meer en meer gebruik, en baie gelukkig is daarmee.

Hier is 'n skakel. www.dropbox.com

As jy aangesluit het, nooi ook gerus jou vriende en kry op daardie wyse ekstra stoorplek.

Sal graag wil hoor of daar al van julle is wat dit gebruik en waarvoor dit gebruik word.

Dropbox

Views: 104

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Michael Cronje on May 9, 2012 at 2:37pm
Comment by Tillie Beaton on May 9, 2012 at 6:21am

Gaan bietjie kyk Igno.  Sjoe, Jimmy, het nou nooit daaraan gedink nie!  Ek sal nou maar 'n lys van passwords en logins en alles moet gee ook.  'n Ander ding waaraan ek gedink het, wie erf die kopiereg op my foto's?  Kan jy dit ook in jou testament inskryf dat jou erfgename dit nog steeds mag verkoop?  Want want gaan hulle met al jou honderde foto's maak?

 

Comment by Albert on May 8, 2012 at 11:23pm

Het al baie gehoor daarvan gaan dit sommer nou uitprobeer want moet dit ekgeval met Orms doen en die trou boeke wat ek gaan laat print baie makliker as om cd te pos! Thanx Ingo 

Comment by Igno van Niekerk on May 8, 2012 at 9:00pm

Sommer 'n verdere interessante opvolg. 'n Vriend van my was sy maatskappy se webwerf-man. Hy het egter iemand anders gekry om die domein te registreer en die webwerf te onderhou. Toe gaan daardie persoon dood! Hulle kon niks doen om die inligting te kry nie, hulle kon nie opdateer nie, had geen passwords nie, en skielik het hulle webwerf aan 'n boedel behoort...

'n Baie interessante storie waaroor ek binnekort meer sal deel :-)

Die les sover: Die internet het 'n prominente deel van ons boedelbeplanning geword. En dis nie iets om ligtelik op te neem nie!

Comment by Igno van Niekerk on May 8, 2012 at 8:47pm

Jimmy, wat 'n uitstekende opmerking. Ek dink ons gaan almal 'n nuwe vorm van testament moet opstel. Hier gaan dit oor meer as net die sogenaamde Cloud waar ons ons inligting berg, maar ook oor baie ander implikasies.

Onder andere dalk ook iewers ons passwords moet gee vir iemand. Ek het al baie hieroor gedink. Ek sal bv 'n mede administrateur vir fotoskool moet aanstel. Anders, indien ek iets oorkom, word die rekening nie betaal nie, weet niemand wat aangaan nie, en verdwyn die webwerf eenvoudig. Ek stem saam ook oor die hele facebook ding. Mens moet 'n plan beraam oor jou facebook profiel, jou linked in ens. So ook ander webwerwe. Ek gaan bietjie navors en vir ons 'n lekker blog probeer saamstel. Goeie punt wat jy maak. Baie dankie!

Groete

Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html