Hello almal ek bly in Bloemfontein en ek wil net weet waar kan n mens  Backdrop koop in Bloemfontein

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Beukes on October 11, 2012 at 4:14pm

Jaco ek stem saam met Charles hier onder, ek het vir my n stand gebou uit pyp en gebruik fleecy materiaal (by Abraham gekoop) dit blink glad nie en is maklik om skadu kolle uit te clone

Comment by Charles Whitehead on October 11, 2012 at 10:02am

O ja - probeer ook vir Robbie hier op Fotoskool. Hy is 'n agent vir Graham Robertson in Jhb. Indien jy begin en nie te veel wil spandeer nie, is die gordyn materiaal 'n baie opsie. Soos genoem kyk maar net vir iets wat nie blink of weerkaats nie. Gewoonlik werk 'n dowwe swart. wit en iets met 'n tekstuur goed vir 'n begin

Comment by Charles Whitehead on October 11, 2012 at 9:59am

Jaco

Soos Anita noem probeer Artic en vra vir Jackie daar. Ek is seker Kloppers kan jou dalk ook help. Gesels met Hein

'n Ander alternatief is ORMS in Kaapstad wat 'n groot verskeidenheid dra.

Nog 'n alternatief (nie ideaal nie, maar baie goedkoper) is om dalk te kyk na gordyn materiaal wat nie te veel blink nie. Ek het dit al baie met sukses gebruik. Gaan kyk by Abraham se winkeltjie daar in die Game sentrum. Jy kan vir jou staanders maak van 50mm PVC pyp indien jy handig is

Groete

Comment by Anita Smith on October 10, 2012 at 2:42pm

Middag Jaco. Ek het self nog nie een aangeskaf nie, maar Artic Digital sal jou dalk kan help. Skakel hulle by Tel. 051-436 0160/1. Hulle winkel is G39, Preller Plein. Ek hoop jy kom reg!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html