Hallo Fotoskolers!

Sjoe, baie dankie vir elkeen wat aan die wynloting deelgeneem het. Ons het R3200 bymekaargemaak wat dan hierdie naweek oorbetaal sal word.

Dine is die wenner van die bottel wyn, en Riaan sal vandag met haar kontak maak.

Dankie, Riaan vir die inisiatief, en die skenking van 'n besonderse bottel wyn. Ek glo jou inisiatief gaan 'n groot verskil maak waar dit aangewend word.

Baie dankie vir elke fotoskoler wat bereid was om geld te skenk om 'n verskil in iemand anders se lewe te maak.

Groete en heerlike naweek!
Igno

Views: 103

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Doretha Kock on July 5, 2016 at 10:12am

Baie bly en dankbaar dat alles vir 'n goeie doel aangewend word. Geluk ook aan almal.

Comment by Tina le Grange on July 4, 2016 at 5:47pm

Engela, 'n goeie plan om Uncle se hart bly te maak!!

Baie bly saam met jou.

Comment by Engela Johanna Magrietha Britz ( on July 4, 2016 at 4:36pm

NS ............. Riaan sal namens my die verdere aankondiging doen nadat ek hom daaroor in kennis sal stel. Dit is immers hy wat dit begin het, en Dine, ja, ons praat ook weer, gou ook. Gaan een van die dae Pretoria toe. Sal jul laat weet.

Gaan vir een van my hofsake ('n kleinerige enetjie, maar met besliste goeie uitkoms)......... al die Pretorianers kan my dan kontak, (ek sal laat weet wanneer en waar) en ons kan 'n koffietjie gaan sluk, met 'n stuk Swartwoud-koek. (Net so vir teksture en kurwes, (van my lyf) vetjies ens., :) )

Comment by Engela Johanna Magrietha Britz ( on July 4, 2016 at 4:27pm

Hier wil ek ook (vir nou) dankie sê - en die verdere verwikkeling sal weldra bekend gemaak word, sodra die onderhandelinge daarmee begin en hopelik spoedig, afgehandel is.

Dankie, weereens, vir nou, is klein - vir 'n wonderlike gebaar, van mense wat maar op die kuberruimte soms so bietjie 'n besoek aan my huisie met Uncle kom aflewer.

Uncle is kosbaar, so met al die nukke en dinge wat saam met "oumens-siekte(S)" kom. So tussen alles deur het ons "pa en dogter" geword - en natuurlik is ons gereeld in mekaar se hare............. net om, wanneer "Uncle terug" is, (bedoelende, nie met daardie ander mense in sy kop, verlede, met Gerry en sy afwesige broer praat nie) te lag oor die dag wat kom.

Sy kort lewe het nog 'n veertjie in die hoed gekry. Danksy jul. Ek gaan sy karretjie laat regmaak - en ja, dan vat ek hom na sy broer toe en ons gaan koffie drink - maar ek gaan dat ons met die Gautrein ry, (van hier met sy karretjie na Pretoria) sodat hy ook daardie ervaring sal hê. (Vir hom sal dit 'n amperse bo-natuurlike ervaring wees!!!!!

Dankie, dankie, en DANKIE!!!!

Comment by Tersia Weitsz on July 2, 2016 at 5:01pm

Dankie Igno en mede skolers, dis n voorreg om deel te wees om te kan help.  Dine, baie geluk en Riaan, dankie vir die skenking en dat jy die wiel aan die rol gesit het

Comment by Tina le Grange on July 2, 2016 at 10:44am

Hallo Igno, dit was 'n voorreg om deel te wees van die fondsinsameling.

Dine, veels geluk - net die regte geskenk vir die koue winter :-)

Riaan, vir jou inisiatief, ook 'n groot dankie - dit is mos altyd 'n voorreg om ander se harte bly te maak.  Kaapse groete.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html