Nou ja..........so gaan ons Hogsback toe en ek ontmoet vir Josef Steyn. Sommer gou-gou vra hy vir my of ek n lid van Fotoskool is en natuurlik weet ek toe niks van die oulike skool af nie

Dit was geen moeite vir Josef om my met raad en daad by te staan en bietjie tou wys te maak met nuwe tegnieke nie. Baie dankie daarvoor Josef!

Ek teken toe sommer daaklik in en word n lid, van seker die beste plek vir fotos, wat ek nog tee gekom het.Hier is almal maats en almal het een groot liefde/belangstelling............fotografie. Dis heerlik om interaksie met mense reg oor Suid-Afrika te he tov dit waarvoor ek n groot passie het.

So bietjie oor myself:

Ek is getroud met Huey en ons is nou vir n jaar al afgetree. Ons het beide vir 32 jaar plus by n munisipaliteit gewerk maar die politiek daar het net te veel geword. Die Here was vir ons goed en maak aftrede einde Feb 2013 vir ons moontlik

Ons bly tans in n meenthuis in Mtunzini wat aan die Natalse Noordkus is (volbloed Shark ondersteuners....). Die dorpie is so 30km van Richardsbaai af. Ons is binne n uur en so 30 minute van die Hluhluwe-Imfolozi wildtuin af waar ons baie dae deurbring. Ons is gek oor die buitelug en veld. Ons is ook Voel kykers en het so om en by 590 op ons telbord.

Net verder noord is die Mkhuze wildtuin wat kleiner is maar ook baie voels het en baie mooi sonsondergange. Ek weet nie hoekom dit hier so mooi is nie maar daar is net iets aan Mkhuze se sonsondergang wat vir my uitstaan.Nog verder noord is Ndumo en Thembe en binneland toe,Vryheid se kant is die Ithala wildtuin.Ons is ook so 2 uur se ry van die Drakensberg en al sy oorde af. So.......ons is baie gelukkig met mooi en interessante plekke om ons

Ek sal graag van Fotoskolers wil hoor wat hier in ons omgewing bly. Ons kan dalk probeer om bymekaar te kom en lekker saam te skiet.

Views: 48

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on March 30, 2014 at 4:16pm

Dankie Piet,dit sal nogal heerlik wees om almal te ontmoet..........wie weet,dalk nog eendag

Comment by Piet Nel on March 29, 2014 at 6:00am

Ai Elna dit klink na n lekker plek waar julle woon sal graag daar n foto of twee wil neem. Ek is bly jy het deel van ons klomp geword, hoop ek sien nog baie fotos van jou wêreld

Comment by Gerrie Lambrechts on March 23, 2014 at 4:09pm

Elna soos jy weet is jy lankal welkom hier by ons skolers. Ek is bly dat jy so lekker ingeskakel het.  Ons het ook al so oor die golwe lekker insette van Josef gekry.  Geniet jou fotonemery met al die mooi plekke daar naby jou.  Jy het nou nie rede om nie  vir ons die foto's te kom wys nie. Groete, Gerrie.

Comment by Pieter Steyn on March 23, 2014 at 10:01am

More Elna

Dankie vir die deel van die storie -

Glo jy sal dit baie geniet hier by fotoskool - gawe klomp siele bymekaar wat lekker kan terg maar ookso nou en dan ernstig kan raak. Raad sal kry of jy altyd daarmee gaan saamstem is natuurlik jou eie keuse, soms werk dit ander kere nie.

Geniet dit net hier en veral die fotonemery.

Groetnis

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html