Baie groot winskoop vir beginnerfotograwe.

Ek bied graag 'n klompie kameratoerusting te koop aan. Enigiemand wat begin, of dalk wil oorskakel na 'n DSLR kamera, behoort hierdie aanbod ernstig te oorweeg. Jy kry die geleentheid om 'n goeie verskeidenheid toerusting teen 'n weggee prys en sonder enige risiko te bekom.

Ek gee 'n lys van die toerusting wat ek beskikbaar het met hul nuwe pryse, my prys en 'n alles-insluitende aanbod.  

1.   Canon 450D kamera. Ek het ongeveer R5500 betaal. My prys: R2350

2.   Canon 100mm makro lens met UV filter.  Nuut: R7300. My prys: R4000

3.   Canon 60mm makro lens met UV filter. Nuut R4900. My prys: R2500

4.   Canon 18 - 55mm lens met IS + UV filter. Nuut R3000. My prys: R1200

5.   Canon 28 - 105mm lens. Nuut:+/-R3500  My prys: R1500  

Meeste van die lense het ook 'n 'lens hood'  

    Totale nuwe prys:  R24200  Totaal: My prys R10550    

As jy die hele pakket neem kan jy dit dus kry vir R10000 en as toegif gee ek dan gratis 'n 58mm sirkulere polariseerfilter ter waarde van R700 by.  Dit pas op die 18-55mm lens sowel as die 100mm makrolens. Jy kan dus toerusting ter waarde van R25000 kry vir slegs R10000. Die prys sluit aflewering in. 

 Ek bied ook ‘n ‘geld-terug-waarborg’ aan. As enige van die toerusting volgens die oordeel van ‘n onafhanklike persoon (bv ‘n kamera handelaar) in swak toestand is of nie goed funksioneer nie stuur jy dit terug en jy kry jou geld terug. Die presiese manier hoe die waarborg hanteer sal word sal afhang van waar die koper hom/haar bevind en wat vir hom/haar moontlik is. Dit kan gereel word voor versending. Ongeveer 90% van my fotos wat op Fotoskool geplaas is, is met hierdie toerusting geneem. 

Rede vir verkoop: Ek gebruik nie meer die lense en kamera nie en sommige lense pas ook nie meer op my 6D volraam kamera nie. 

As verwysings bied ek graag vir Prof. Hennie en Igno aan. Skakel gerus met hulle. 

Belangstellendes kan e-pos aan:  josefmsteyn@gmail.com

 

Views: 125

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on May 23, 2014 at 9:28pm

Almal wag dat jy die 6D in die "kitty" sit!

Comment by Anita du Toit on May 22, 2014 at 3:14pm

Hi Josef, ek soek 'n Reverse Ring vir 'n 50 mm Canon lens as jy dalk het of weet waar ek dit kan bekom! Dankie

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html