Hi mense

 

 

Ek is nuut hier op Fotoskool en weet nog nie mooi hoe alles werk nie. Ek is half opgewonde en half bang om julle kommentaar op my foto's te hoor.  MAAR ek sien uit daarna.

 

Lekker dag vir almal.

Views: 63

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Liz on October 2, 2012 at 4:06pm

Petro 'n warm verwelkoming aan jou. Hier word mens baie gou deel van alles want die mensie trek jou in hul warm ruim harte in en daarom gaan jy baie gou tuisvoel. Ek was ook eendag daar waar jy nou is ... so laat waai en wys. Hier kry mens kritiek van alle oorde maar almal is opbouend en leer mens om te groei in die passie van fotografie...

Comment by Mariska Cilliers on October 1, 2012 at 4:03pm

Baie welkom Petra.  Hierdie is 'n baie lekker kuier en leerplek, jy gaan dit baie geniet!!!!

Comment by Elsa van Eck on October 1, 2012 at 1:25pm

Welkom Petra, dis die maklikste manier om te leer by almal. Moet nooit bang wees vir kommentaar op jou foto's nie, dis al manier hoe jy selfvertroue kry in dit wat jy doen, kommentaar is 'n leerskool vir ons almal. Wees altyd opgewonde met elke foto wat jy neem & onthou almal wat nou professioneel is het begin waar ons beginners nou is! Geniet jou passie!

Comment by Anita du Toit on October 1, 2012 at 1:20pm

Baie welkom by Fotoskool Petra, ons kan nie wag vir jou foto's nie!!! Hoop jy geniet dit hier soos ons klomp, (ons wil net sien hoe jy lyk)!!!

Comment by Charles Whitehead on September 30, 2012 at 8:19pm

Petra - welkom hier en onthou dat dit is Fotoskool. Ons leer almal hier en help mekaar. Kritiek moet opbouend gesien word en as jy iets nie verstaan nie, vra gerus.

Plaas gerus jou fotos. Dit is een van die maniere om te leer wat is reg en wat is verkeerd.

Groete

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html