Hallo Fotoskolers!

Sjoe, ons ledetal is nou by 2000 verby en die getal foto's op fotoskool is nou flink oppad na 50 000. Ons poog werklik om sover as moontlik terugvoer op foto's te gee. Ongelukkig raak dit veral vir Hennie tans net te veel om elke dag vir almal terugvoer te gee. Ek glo julle sal dit verstaan.

Om hierdie rede het ons lank en hard gedink, en toe besluit om elke persoon toe te laat om net een foto per dag op fotoskool te laai. Die idee is om jou toe te laat om nou uit jou versameling foto's die beste per dag te kies. Dit gaan beteken dat ons bietjie meer onderskeidend moet leer dink. Ons wil regtig geen ongerief veroorsaak nie, maar ons glo en vertrou dat julle sal verstaan.

Groete

Igno

Views: 700

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on November 17, 2013 at 8:59pm

Ek stem nogal saam met Liz dit werk baie mooi soos dit nou is, dankie Igno

Comment by Dine Potgieter on November 16, 2013 at 7:34pm

Ek voel nogal soos Liz - mens kan ook nou langer en behoorlik na foto's kyk. 

Comment by Liz on November 16, 2013 at 7:13pm

Ek mag nou hier die spreekwoordelike blik wurms oopmaak .... maar sedert die beperking geniet ek dit nogals om fotos te kyk en my beskeie mening hier en daar te lug. Dis of ek nie meer so hoef te jaag om als te kyk en in die proses prag fotos miskyk nie.....

Comment by Susan on November 14, 2013 at 5:50pm

Dankie Igno vir die webblad en Hennie/Lientjie vir die raad en kommentaar. Almal leer by almal en alles. Ons is bly dit is in Afrikaans, want ek en die rooi taal is maar nie maats nie. Dit maak nie aan my saak wat die besluit is nie, ek wil net nie fotoskool verloor as 'n leerplek en vriendekring nie.  Al is ek soms lank weg (hoofsaaklik as gevolg van werk) is dit so lekker om weer te kan terug kom en almal se gesigte te kan sien en te kan lees wat aan die gebeur is.

EK DINK ELKE LID MOET SY FOTO ALBUM GAAN SKOON MAAK (om lading te verlig) Soos Liz noem kan dit 'n groot verligting bring....

Comment by Donald Daniel Jacobs on November 14, 2013 at 12:42pm

Ek bewonder Hennie vir al sy toewyding en advies en het lankal begin wonder wanneer dit te veel gaan raak. Ek is bly dat ek darem nog n foto kan plaas vir krit al is dit een per week. Dankie Igno en span

Comment by Dine Potgieter on November 13, 2013 at 11:32pm

Een foto vir krit en een "oop" foto vir alg kommentaar klink heel redelik. En dit is inderdaad 'n voorreg om kosteloos aan 'n blad van hierdie gehalte te kan meedoen.

Gene, ek dink darem nie daar is 'n groot risiko van ernstige Canon-Nikon-pienk Barbie-kamera bekgevegte nie - enige stuitige diskussies in die verband is meestal in 'n baie goeie gees.

Comment by Liz on November 13, 2013 at 10:59pm

Nog iets..... ek behoort aan ander webblaaie ook en daar word mens beperk op die hoeveelheid fotos in jou portfolio versameling... dit dwing mens om ou goeters af te haal en nuwes te laai ... so hou mens by die kwota.  By een van die plekke word jy gewaarsku as jy die perk oorskry en ignoreer jy dit word jy summier van daar die werf afgeskop en delete....Die idee agter die kwota stelsel is die kostes/ens (wat dit ook al genoem word) redelik te hou sodat meer lede kan aansluit en so altyd vars nuwe fotos op die werf verskyn.... Net maar nog inligting!

Comment by Gene on November 13, 2013 at 6:57pm

Erens tussen die kommentaar sal 'n oplossing sekerlik gevind kan word , so hier is my opgedateerde voorstel :

2 Fotos per dag. Eerste een vir Hennie / Igno / Kritbestuurder . Tweede is oop vir almal . So as jy oplaai moet jy maar seker wees watter een jy krit op wil he.

Die idee om in te sluit watter kamera , lens en verstellings gebruik was vir die foto is redelik belangrik . Ter inligting en nie om 'n moerse bekgeveg te begin oor Nikon is beter as watookal of so iets nie. Die hele internet is groot genoeg om 'n plek te vind waar jy jou gunsteling kamera of kar of braaisous kan prys en die ander ou s'n slegpraat , sou jy sulke idees koester.

Igno & Hennie kan dalk ook die stap neem om oplaaiers te vra om vir 'n kort tydperk die kyk en krit te dra.

Comment by Christa Snyman on November 13, 2013 at 5:38pm

Stem saam dat die beperking op een foto net die beste versameling van foto's gaan meebring.  Dit gaan ook elkeen van ons laat dink voordat daardie knoppie gedruk word. Indien die rede tegnies is, laat ons 'n beperkte grootte foto plaas. Baie dankie vir Fotoskool Igno en al die advies Hennie, waardeer dit baie! Nog iets wat baie kosbaar is, is dat Fotoskool in Afrikaans is!

Comment by Liz on November 13, 2013 at 4:01pm

As ek my penny's worth kan gee ... die een foto gaan mens nou dwing om die beste foto in die dag se versameling te plaas.... dit leer mens om meer "kwaliteit" en "standaard" bewus te word. Dit wat ons op FS leer moet ons nou toepas op ons eie werk voor ons dit aanbied op FS. Ek stem ook vir die wat 'n ekstra groep wil he om onder mekaar te krit en info uit te deel oor die fotos.... hoe dit moet en gaan werk le by Igno en Hennie.....

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html