Gee raad oor lense asb. Wie van julle het 'n Canon EF 28-300mm f3.5-5.6 L IS USM lens? Omdat ek so 'n verskeidenheid van goed afneem is dit vir my baie lastig om lense te "change" dan wil ek naby wees dan vêr ens. Nou het ek gewonder oor hierdie lens, of iemand hom het en gebruik en hoe ervaar hulle dit? Die ander vraag is, is ek reg as ek sê dat 'n EF-S lens nie op 'n "full sensor" camera gebruik kan word nie. Maw as ek 'n lens koop moet ek die EF-S lense vermy want as ek my kamera opgradeer gaan ek met 'n lense sit wat ek nie gaan kan gebruik nie. 

Views: 193

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elizma Fourie on August 24, 2012 at 5:25pm

Dankie Charles het gaan kyk by Orms pryse omtrent R2000.00 per lens goedkoper as plaaslik.

Comment by Charles Whitehead on August 24, 2012 at 1:57pm

Elizma

Plesier is myne. Ek stem saam met jou volgorde van lense kry. Loer net ook by ORMS in Kaapstad vir pryse en beskikbaarheid.

http://www.ormsdirect.co.za/photography/lenses/standard-zoom

http://www.ormsdirect.co.za/canon-ef-70-300mm-f-4-5-6-l-is-usm-lens

http://www.ormsdirect.co.za/canon-ef-100mm-f-2-8-l-is-usm-macro-lens

Ek het al daar bestel sonder probleme en hulle probeer uit hulle pad gaan om te help. Jy kan ook by SACamera se website gaan besoek aflê vir pryse ens

Vir uitstekende reviews op alles Canon (een van die beste sites vir Canon reviews):

http://www.the-digital-picture.com/

Groete

Comment by Elizma Fourie on August 22, 2012 at 7:30pm

Baie, baie dankie vir jou terugvoer Charles. Ek het 'n makro lens bestel wat ook 'n klomp geld is, maar daar is nie voorraad nie, ek wag al oor die 2mde. Nou wil ek maar eerder nog by sit of twee ander lense kry in die plek van die 100mm makro. Klink vir my ek kan begin by die 24-105 en dan die 75-300 of die 100-400. Gaan bietjie Google en pryse kyk, miskien ..... Julle is nou 2 wat sê nee vir die 28-300mm so ek aanvaar dit so dit is blykbaar ook 'n "push-pull". Maar ek begeer nog steeds jou dure lens, en die macro en die ................

Comment by Charles Whitehead on August 22, 2012 at 2:43pm

Elizma

Ek wil net byvoeg dat jy gaan nou maar eenmaal nie 'n perfekte lens gaan kry nie. Miskien kan jy twee kamera-bodies oorweeg. Een met 'n lang lens op en 'n ander met 'n kort lens.

Wees net versigtig vir die 24-70mm soos jy ook noem. Dit is 'n geweldige skerp en veelsydige lens, maar vir my is die probleem die feit dat hy nie gestabilize is nie. Dit is nie noodwendig 'n probleem in goeie lig nie, maar in donker areas sonder 'n flash gaan jy sukkel ten spyte van die f2.8 aperture. Met die 24-105 lens gaan jy hier beter doen.

Vra gerus indien jy nog inligting verlang

Comment by Charles Whitehead on August 22, 2012 at 2:30pm

Hi Elizma

Ek stem saam met Lian oor die groot strek van die 28-300mm - jy gaan kwaliteit verloor in die proses en boonop is dit nogal 'n duur lens. Indien gerief vir jou belangriker weeg as kwaliteit, kan jy na hom kyk. Ek sal liewer kyk na die 24-105 L IS USM f4 wat jy noem en dan dalk ook die 75 - 300mm L IS USM f4-5.6. Beide is uitstekende kwaliteit L lense van Canon. Ek gebruik beide lense gereeld, veral die 24-105, dit is by verre my gunsteling lens. Ook is sy kwaliteit puik.

Jy kan ook soos Lian noem kyk na die 100-400 wat ook 'n goeie oorweging is. Hy is net 'n ouer generasie lens en die "push-pull" zoom geval nie almal nie. Hy het ook so paar kleinere probleempies, maar dis nie ernstig nie. Sy prys is ongeveer dieselfde as die 70-300 soos genoem hierbo, maar is nie so skerp nie en fokus ook stadiger.

Die EFS lense pas net op Canon se 1,6x crop sensor kameras en glad nie op Full frame kameras soos die 5D of enige 1D reeks nie. Die EF lense pas wel op alle kameras, crop en Full frame. Jou aanname om weg te bly van EFS lense indien jy opgradeer is korrek.

Groete en sterkte met jou keuses

Comment by Elizma Fourie on August 20, 2012 at 8:35pm

Liam dankie vir die moeite om te antwoord, die probleem is hier by ons is nie 'n plek om lense te huur nie, nou moet ek op een van julle staat maak. Die probleem met die 100-400 is weereens die Focal Lenght van die 100mm, my 50mm is al by tye vir my 'n probleem. Die ander lens waarna ek kyk is die 24-105mm. Ek heg 'n uittreksel oor die lens aan maar jy laat my nou twyfel, wonder waar ek een sal kan huur, glo nie ons plaaslike "shop" het een nie. Dit is 'n spul geld so ek wil redelik seker wees.

If the weight and the price are not too much for you, the Canon EF 28-300mm f/3.5-5.6 L IS USM Lens makes a fine option when ... You can (or want) to take only one lens with you. You are not able to change lenses fast enough to catch a subject that needs the full focal length range. Environmental issues (dust, salt water spray ...) prevent you from changing lenses. Or you just want the convenience of a single lens for all of your needs. Otherwise, you can expect to get somewhat better image quality with the lighter (not combined) and much faster Canon EF 24-70mm f/2.8 L USM Lens or Canon EF 24-105mm f/4 L IS USM Lens and the Canon EF 70-200mm f/2.8 L IS USM Lens or Canon EF 70-200mm f/4 L IS USM Lens combination.  

Comment by Lian van den Heever on August 20, 2012 at 6:01pm

Elizma, ek sal huiwerig wees om so 'n lens aan te koop want die range is te groot en kan kwaliteit in die slag bly . Maar ek stel voor dat jy een gaan huur en kyk of jy die verwagte resultate kry . Kyk of jy nie eerder 'n Canon 100-400 telftertyd ook kan huur  en dan die 2 se resultate vergelyk nie ?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html