Hennie se kommentaar is o.a. dat die vuur iets  moet wees tussen skerp blur of net skerp.

Ek sal graag by Hennie wil hoor wat die kamera-verstellings dan moet wees vir elkeen afsonderlik.

Dankie baie.  Tina le Grange

Views: 107

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Willem Kruger on May 28, 2014 at 12:52pm

Hi Tina  - net 'n plesier. Ek moet vir jou sê (ook vir Pierre), self ek moes omtrent 20 fotos met verskillende stellings neem voordat ek tevrede was. Ek skiet gewoonlik in Aperture mode, maar hier (en ook met my landskap fotos) het ek oorgegaan en in Manual mode geskiet. 'n Mens het net meer beheer oor jou kamera (en die uitkoms) as jy hierdie tipe fotos in Manual mode skiet. Ek wou op f11 skiet omdat ek alles mooi in fokus wou hê - met 'n 70-200mm lens op 'n afstand van 4 meters kon ek selfs na f16 toe gegaan het. Onthou net - veranderinge aan jou Aperture sal oor die hoeveelheid lig wat die sensor bereik, beinvloed. Dus moes ek toe verder rondspeel tussen my ISO, shutter speed en exposure om die beligting van die foto reg te kry. 'n Mens moet geweldige ondervinding het om dit skoot die eerste reg te kry.

 

Ook moet jy vooraf besluit hoe jou foto wil lyk. Bv. ek wou geen detail van die kettel en kanne hê nie - slegs die lyne en weerkantsing moet teen die vuur sigbaar wees, maar verder wou ek detail in die vlamme en hout hê. Nie 'n maklike taak gewees nie. Veral met vuur wat baie lig afgee.  

 

Dit is altyd moeilik om kommentaar op 'n foto te lewer indien 'n mens nie daar was en die omstandighede geken het nie. Dus gee ek altyd generiese raad sodat mense weer terug kan gaan en weer probeer. My kamera stelling sal bv dalk nie in jou omstandighede gewerk het nie. Dus sal ek nie vir jou kan sê jy moes 'n ISO van 800 of 'n sluiterspoed van 4 sekonde gebruik het nie. Ek sal wel vir jou sê jy kan jou ISO aanpas en probeer 'n vinniger sluiterspoed te kry sodat minder lig die sensor bereik sodat die helder dele in die vlamme nie uitgebrand voorkom nie. Jou kon sien selfs ek het gesukkel en daar is nog dele wat uitgebrand is. Soos my vrou altyd sê - fotografie is 'n kompromie (you always need to compromise)  daar is nooit die ideal nie ander was almal se fotos 100%.

 

Met ondervinding het ek wel geleer om met 'n "default" stelling op jou kamera te begin en dan verder te werk. Die default stelling moet van so aard wees dat jy 'n goeie foto in die meeste van gevalle geneem kan kry. Met my wildsfotografie is my default stelling (my kamera is altyd so ingestel) bv Aperture mode, f8 (of f5.6), ISO 800, exposure -0.67. Sodra ek by 'n sighting kom, doen ek 'n vinnige evaluering van die omgewing en pas my stellings sodanig aan (die hele oefening vat my 'n sekonde of twee).Gelukkig het 'n mens meer tyd met 'n vuur om te beplan en te oefen. 

 

Hoop dit help ook - sommer lekker om hieroor te gesels en ondervindinge te deel.

Comment by Tina le Grange on May 28, 2014 at 11:33am

Willem, Ek waardeer jou  moeite en jou insette.  Dit help my baie.  Kyk gerus na my vuurtjie wat ek op 16 Mei afgelaai het;  daar het ek 'n ISO gehad van 100 maar die vuur was in die buite-braai en as ek onthou was daar meer lig as wat jy hier met jou Botswana-foto het.

Comment by Willem Kruger on May 28, 2014 at 6:30am

Hi Tina, hier is 'n foto wat ek in Mashatu in Botswana geneem het. Ek het geen flash gebruik nie en my kamera stellings was: Nkon D4, 70-200mm lens @ 135mm, bean bag, aperture = f11, ISO 800, shutter speed = 4 sekondes, exposure = +0.33, white balance = manual, 3.55 meters van koffie kan. Hoop dit help. PS: pasop vir 'n te stadige sluiterspoed aangesien jy jou highlight kan clip (helder dele kan uitbrand = detail in helder dele verloor). jy kan dit ook glad nie uit die hand skiet nie. Driepoot of beanbag is nodig.

Comment by Tina le Grange on May 27, 2014 at 9:41am

Baie dankie Hennie vir jou sinvolle antwoord!

Comment by Hennie Cronjé on May 27, 2014 at 5:54am
Hallo Tina. Ek het dit gesê na aanleiding van watervalle: mens moet dit skerp maak (sê 1/1000sek of vinniger) of goed blur (onder 1/2 sek, ideaal 3sek of selfs stadiger). Met vuur is dit waarskynlik dieselfde. Omdat die lig swakker is, sal mens dikwels die ISO moet opstoot om by die vinnige spoed te kom, maar vir 'n stadige spoed sal dit nie nodig wees nie. Ek hoop dit help. Hennie
Comment by Frans van Heerden on May 26, 2014 at 7:53pm

goeie vraag Tina ek sal graag ook die antwoord wil lees

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html