Hi.
Ek sit tans met 'n klein probleempie.
Ek is 'n entrepreneur fotograaf. Ek doen fotografie op my eie tempo maar doen nou-en-dan shoots.
Ek het 'n Facebook blad waar ek meeste van my fotos publish.(My besigheid het deur Facebook ontstaan)

Maar iemand in my dorp doen ook fotografie maar "steel" my idees! Elke keer as ek my "besigheid" adverteer dan doen die persoon dit ook! Ek het nie 'n probleem daarmee as iemand kompetisie is nie maar my probleem is: die persoon copy alles van my advertensies en gebruik dit dan self op sy/haar blad!
Die persoon het onder andere my "besigeheid" slogan gevat en as ek enige iets doen of skryf, dan copy die persoon dit en gebruik dit as sy/haar eie werk.
Die persoon het nog nie so ver gegaan om my fotos te copy nie maar wat kan ek as nie Geregistreerde entrepreneurs besigheid doen om my werk veilig te hou? (Insluitend my fotos, advertensies, naam en slogan)

Views: 198

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Donald Daniel Jacobs on April 30, 2016 at 1:44pm

Tit-for-tat..... kyk of daar iets op die ander se blad is wat jy kan plaas

Comment by Anne Marais on April 15, 2016 at 8:39pm

Hi Chantelle,

Jy kan die person "block" op jou Facebook profile. Gaan kyk by jou Facebook settings. Kontak my by annemrs6@gmail.com as jy sukkel.

Comment by Tina le Grange on March 30, 2016 at 1:09pm

Chantelle, Hennie gee goeie advies.

Ek stem saam met hom.

Comment by Hennie Cronjé on March 29, 2016 at 6:21am
Chantelle, hierdie probleem het basies te doen met 'n onvolwasse persoonlikheid aan die ander kant. Daardie persoon het 'n gebrek aan idees en onderneming, maar voel bedreig deur jou vooruitgang. Om op fb of waar ookal te probeer om die probleem op te los, gaan niks help nie. Die enigste oplossing is 'n persoonlike gesprek met baie selfbeheersing aan jou kant. Dis moeilik. Daarom stel ek voor jy neem iemand saam wat veel ouer is as jy met baie lewenservaring. Mens moet jou opposisie tot ander insig en gedrag kry sonder om hom/haar verneder te laat voel. Soos ek gesê het, dis moeilik en ek wens jou baie sterkte toe.
Groete
Hennie
Comment by Pieter Steyn on March 28, 2016 at 6:01am

Dit is 'n probleem hoe jy dit gaan oplos weet ek nie. Dalk op haar fb blad skryf dat sy moet ophou om jou goed te copy. Of op jou fb boek skryf dat daar iemand is wat jou goed copy die mense moet uitkyk daarvoor. Foto's laai dit maar so klein as moontlik op dan kan sy nie juis iets daarmee doen nie.

Sal kom lees wat ander sê

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html