Dankie
So sit ek vanaand voor die platboks... my dogter slaap en seun slaap oor by n vriend en Mamma hardloop rond met haar kamera in die huis en neem alles, wat waag stilstaan, af... buite waai daar so n lui windjie wat deur jou wil en nie om jou nie en sag syfer die Kaapse reen neer,dat jy die ligte klanke van water teen die venster hoor val en dan so af en toe hoor jy n effe groter druppel wat sy pad na die poeletjies maak in weerstand met gravitasie...
Net so links van die platboks staan so bruin kadoessak met n aantrekkings krag wat onweerstaanbaar is, in so n mate dat my linker hand meer as gereeld die opening binnedring om die inhoud stadig en nonchalant na my mond te bring... mmmm... heerlik smaak die stukkies fyn gekerfte bees biltong met goeie onder tone van koriander, growwe sout en swartpepper.
Voor my op die platboks se skerm is daar die pragtigste vierkante en reghoeke van beelde van ander se katjies en hondjies en goggas en boompies en sonnetjies wat sak en sonnetjies wat opkom... beelde van ander se ritte in hul motors en daardie beelde van projekte en dan beelde van ander se vakansie pret...soms is daar branders wat oor jou wil breek en dan met een kliek van knoppie bespring n leeu jou of n renoster storm op jou af en dan is die blomme wat lekker ruik...
So in die geselligheid van jou huis toer jy die hele land deur en deel jy in die avontuur, pret en aksie van ander.
Dankie aan Fotoskool.

Views: 203

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on February 24, 2014 at 2:16pm

Jou eer aan God en Sy grootheid kan ek ne n groot AMEN op se. Dit is so waar!!!!!!!!!!1

Comment by Pierre Hardinge on July 8, 2012 at 10:48pm

Dankie vir jou kommentaar Elizma en ja dis so waar...........

Comment by Pierre Hardinge on July 8, 2012 at 10:47pm

Jim dankie jong, ek so bietjie van daai biltong betyds weggesteek (onder my kopkussing). Ek sal deel as jy mooi vra..............

Comment by Pierre Hardinge on July 8, 2012 at 10:46pm

Baie Dankie Rudie Ja n mooi prentjie skilder n duisend woorde (of so iets), maar woorde kan nie beskryf die talent en kwaliteit wat hier gevind word nie ... en so maklik word jy weggevoer na plekke waar jy nooit was nie...

Comment by Madeleine Hardinge on July 8, 2012 at 9:27pm

My man so waar wat jy hier skryf. Baie mooi gestel van dit wat ons waarneem hier op fotoskool. Dit is regtig 'n plesier om na die fotos te kyk en deel te neem aan al die avonture wat hier afspeel. Dankie ook vir jou aanmoediging en die liefde wat ons deel vir fotografie.

Comment by Elizma Fourie on July 8, 2012 at 8:28pm

Baie mooi, en so waar

Comment by Kobus van Aarde on July 8, 2012 at 6:50pm

Baie goed gestel !! Dankie fotoskool !!!

Comment by Rudi Kleynhans on July 8, 2012 at 2:09pm
Uitstekende prentjies wat jy met woorde geskep het, Pierre!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html