DANKIE VADER VIR DIE GAWE OM NOG TE KAN SIEN:

Dankie Heer vir die gawe om nog te kan sien….

Na ‘n motorongeluk op 1/7/2014, waarin iemand oorlede is en ek amper my oog verloor het, het ek weereens besef dat die gawe om te kan lewe en te kan sien by ons verbygaan…

 Ek wou dankie sê dat die Heer my oog gespaar het.  Met glasstukke in die oog en rondom die oog was Sy genade baie groot.

Ek het nooit by die getuie uitgekom tot ek Vrydag ons plaaslike koerantjie lees en ek haal Igno se skrywe daarin aan:

“Dankbaarheid lei tot rykdom…Dan is daar die mense wat min het, maar dankbaar is.  Gelukkige mense.  Dankbaar vir die gawe om te kan lewe.  Dankbaar vir die geskenke van sonopkoms-skilderye, wind in die hare-ervarings en alledaagse wonderwerke…”

‘n Mens kan die duurste kamera en lense besit, maar die lens wat die goeie Vader vir jou gegee het kan jy nie met geen geld koop nie. 

Dankie Vader vir u genade om nog te kan sien!

Die eerste foto wat ek kon neem na die ongeluk. Niks besonders nie maar ek kon sien en dit was al wat belangrik was!

Views: 261

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on August 14, 2014 at 6:01pm

Baie dankie vir jou belydenis en die deel van jou innerlike ervaring met ons. Dit beteken vir my baie. Saam met jou is ek baie dankbaar dat jy nog kan sien en jou oë gespaar is. Die Here sien sy kinders en help waar dit nodig is - dis wat met jou gebeur het. Deur aan Hom die eer en dank te gee, maak jy Sy naam groot. Baie dankie!

Comment by Christa Snyman on August 14, 2014 at 4:54pm

Hoe ongelooflik is ons Groot Geneser, ek deel in jou vreugde, Sylvia! Dis eers wanneer mens deur so iets is soos jy, dat ons bewus word hoe ongelooflik bevoorreg ons is om te kan sien! Wanneer ek soms deur 'n makrolens kyk na die piep klein goggatjies besef ek net weer hoe ongelooflik volmaak God alles in hierdie wêreld geskep het en ons sien dit nie altyd eers raak met ons menslike oë nie!

Comment by Elna Geringer on August 12, 2014 at 4:06pm

Sylvia,ek wou jou nog vra,luister jy na Andries Enslin se preke Sondae op Kyknet? Jy het so n sterk en wonderlike getuienis met jou ervaring,kontak hom en deel jou ervaring wyer as net by Fotoskool. Weereens : Prys Sy Naam vir jou herstel

Comment by Sylvia du Toit on August 11, 2014 at 9:53pm

Baie dankie aan almal vir die goeie wense. Alle eer kom HOM toe!

Comment by Piet Nel on August 11, 2014 at 6:52pm

saam met jou bly Sylvia ja mag ons nooit vergeet hoe groot is God werklik nie, so dankbaar oor die herstel van jou oog al die eer an Hom...

 

Comment by Pierre Hardinge on August 11, 2014 at 6:17pm

Genade so onbeskryflik groot...Dankie Vader dat U U beskermende hand oor Sylvia gehou het...Dankie Vader....Amen! en Amen!

Comment by Dine Potgieter on August 10, 2014 at 6:21pm

Yay! En ditto.

Comment by Elna Geringer on August 10, 2014 at 3:29pm

Sylvia,ek "ditto" en Amen op als wat die dames tot hier gese het. Prys die Naam van die Here want Hy is werd om geprys te word

Comment by Gerda Robbertse on August 10, 2014 at 2:24pm

Sylvia, hoe waar is dit nie!! Ek was in 2001 met maagkanker gedeagnoseer maar dank aan ons Hemelse Vader na 'n operasie is ek genees! Dis waar wat 'n voorreg om te kan leef te kan sien en te kan doen waarvoor mens life is!!

Comment by Doretha Kock on August 10, 2014 at 12:44pm

Sylvia, ek is jammer om te hoor van die ongeluk, maar is ook dankbaar vir die herstel van jou oog. Hierdie eerste foto, sal altyd 'n besondere betekenis vir jou hê.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html