Een van die belangrikste elemente van 'n foto is die AGTERGROND. Daar is verskeie redes waarom die agtergrond jou foto kan maak of breek.

Dink gerus oor die volgende:

1) Wanneer jy 'n mens afneem (portret), kan die agtergrond bydrae om meer oor die persoon te deel. 'n Onderwyser wat bv voor die bord staan, of 'n plaaswerker by implemente.

2) 'n Deurmekaar/onnodige agtergrond kan verbloem word deur effektiewe gebruik van diepte van veld. As dit nie effektief "elimineer" word nie, sal so 'n agtergrond die komposisie eerder bederf as verbeter.

3) Die horisonlyn in die agtergrond speel 'n kritiese rol, en moet verkieslik nie die foto in twee dele verdeel nie.

4) Deur van hoek/posisie te verander kan die fotograaf met 'n enkele beweging 'n foto vervolmaak of vernietig.

5) Elemente soos fonteine en lamppale in die agtergrond wat uit 'n persoon se ore of kop groei kan 'n uitnemende foto in 'n asblik kandidaat verander.

Loer gerus na 'n paar van jou foto's en vra jouself in watter mate die agtergrond bydrae tot die sukses van die foto - die agtergrond is dikwels die grootste gedeelte van die foto - en as dit nie bydrae tot die foto nie, is dit besig om die teenoorgestelde te doen --- nie wat ons graag wil doen nie...

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html