Ek het n wenk wat ek graag deel.

 

Wanneer n foto geneem word, veral in die geval van panorama foto's, is daar n geneigheid om, veral op die horison of op die gedeeltes wat "diep" in die agtergrond is. Ek verwys daarna as die "blue color cast".

 

Die fotograaf kan dit verminder deur na die "white balance" verstellings op die kamera te gaan en dit te verstel van "outomaties" na "overcast" of "shade".

 

Uit die aard van die saak kan n mens dit gedurende die "post processing" proses ook verstel sou die legger in "RAW" formaat wees. Ek kan nie bevestig dat die dieselfde effek sal bewerkstellig nie, aangesien ek dit nog nie probeer het nie.

 

Tegnies gesproke, impliseer so n verstelling dat daar van die "blou" weggeneem word en word daar meer "geel" gevoeg( wat gebeur as die "Overcast/shade" verstelling gekies word) en so word die blou verminder.

 

Ek het die wenk aan n vriend genoem en hy het die verstelling gedoen met n goeie positiewe resultaat. Ek kon ook n merkbare verskil op my eie foto's bemerk nadat ek die verstelling gedoen het.

 

Onthou net om dit weer na die oorspronklike verstelling terug te stel na die foto geneem is. 

 

 

Views: 79

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html