Een van die prominent Britse foto tydskrifte rapporteer die volgende statistiek oof die troue van die jaar - Prins Wiliam en Kate:

  • 24.5 Miljoen Britte het skouspel oor TV gevolg;
  • 162 miljoen internet bladsye het volgens Google die "Royal Wedding" genoem;
  • Nikon het navorsing gedoen en beweer na raming is sowat 327 miljoen fotos van die troue en verwante onderwerpe op 29 April geneem;
  • Die lens verhuurders in die Engeland verklaar dat hul voorraad  lang lenses(300mm, 500mm en 600mm) vir die dag uitverhuur was;
  • Een spesifieke verhuurder(Calumet) het gemeld dat hulle 5 ekstra 600 mm lense uit Hamburg moes invoer ten einde in die vraag na lense te kan voorsien. Hulle noem verder dat die lens vehurings vir gebruik op 29 April, n addisionle 2000 Pond se inkomste beteken het;
  • Een van die sport fotograwe vertel dat die publikasie waaraan hy verbonde is, het op die dag, in slegs n paar uur, 14 000 fotos ontvang;
  • Arthur Andrews van die Sun koerant vertel dat hy, as amptelike koninklike fotograaf met drie Nikon produkte sy werk by die troue gaan doen het. Dit het bestaan uit n D7000, en nie minder as twee  D3s Nikon kameras nie. Laasgenoemde kameras het onderskeidelik n 500mm en n 200 - 400 mm lense gebruik om die beelde vas te vang.
  • n Ander fotograaf, van n fotografie agentskap vertel dat hy ook op die dag 3 Nikon D3s kameras gebruik het. Hy het onderskeidelik n 600 mm, n 300 mm en n 70 - 200 mm lens()e gebruik.
  • Die bekende Getty Images meld dat hulle het 35 fotograwe vir die groot gebeurtenis ingespan het. Twee en twintig het van af amptelike aangewese posies gefotografeer, tewyl die ander 13 die "stills' gefotografeer het en van nie amptelike posiesies fotos geneem het
  • Een van die fotograwe vertel dat sy agentskap se "groot foto" die veel besproke kus was. Alhoewel hy sy foto gekry het, het hy ook n toneel afgeneem waar die bruidspaar, na hul verskyning op die balkon van die paleis, terug stap in die kasteel in en Kate vinnig oor haar skouer terug kyk, so asof sy wou vaarwel se aan haar lewe as n dood gewone "normale" persoon

Met erkenning aan Dgital SLR Photography Julie 2011

Dit wys maar net weer hoe gelukkig ons is om met lig te kan verf. Hoe die fotos die mense se verbeelding kan aangryp.

Views: 69

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on July 8, 2011 at 11:40am

Hallo Frans,

Ek dink dis tekenend van die hele fotografie-revolusie waarin ons tans is. Kyk net hoe selfone, die gebruik van facebook, blogs ens die hele fotografie industrie laat ontplof! Dit gaan baie interessant wees om te sien waar dit gaan eindig!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html