Dierbare Fotoskool Vriende en Vriendinne

Nou ja ons het aan die einde van die jaar gekom en wow………………..hoe vinnig het dit nie gebeur nie?

Aan die begin van 2014 het ek nie een van julle geken nie en nie eers van die Fotoskool Web geweet nie. Dankie tog dat Josef my en Huey se pad gekruis het in Januarie 2014 en dat hy net sommer so terloops vir my gevra het of ek weet van Fotoskool………….die res is geskiedenis

Daar is min mense soos julle en ek kan nie die geleentheid  laat verby gaan sonder om vir julle dankie te sê vir n jaar waarin julle my maatjies geword het  nie.Ek weet dat die Here elkeen van julle uniek en besonders gemaak het en dat elkeen van julle met n doel oor my pad gestap het

Ek vra dan ook vandag van Hom dat vreugde klokke in elkeen van julle se lewe sal lui en mooi tye en voorspoed sal aankondig,en wanneer julle rustig is gedurende die feesgety,in die bad,of op die bank,voor die stoof,by die wasgoed,agter julle kameras…………….waar ookal dat julle Sy liefde sal ervaar en sal onthou dat kersfees nie oor  rooi kersvaders en blink bome gaan nie maar oor n Christus kind wat vir ons sonde aarde toe gekom het.

Ek vra dat die God wat elkeen van ons geskape het en Sy Seun vir ons gestuur het,in elkeen van julle se harte groot vreugde en vrede bring en dat Hy tasbaar sal wees in 2015.Ek vra dat die Here julle sal verdrink in die Heilige Gees se teenwoordigheid en dat alles wat julle aanraak tot God se eer en heerlikheid sal wees.

Ek vra dat die engele julle sal beskerm en boodskappe sal bring van vrede en liefde en dat julle in Christus sal groei en ook vir ander van hierdie liefde en vrede sal gee

Groete en dankie dat julle my Fotoskool maats is

 

 

Views: 100

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on December 27, 2014 at 1:06pm

Elna alles wat jy hier noem is so waar.  Al my nie-fotoskool vriende weet al van al my maats wat ek hier gemaak het.  Dankie ook vir jou en Huey se omgee en kommentare op ons foto's.

Vreugde en goeie gesondheid vir julle as gesin vir 2015.

Comment by Karen Kemp on December 24, 2014 at 5:05pm

Dankie vir die pragtige wense...dis ook my 1ste jaar hier en ag myself bevoorreg om fs maats te he! Beste wense vir jul almal ook

Comment by Pieter Steyn on December 23, 2014 at 5:18am

Dankie Elna - dieselfde word aan julle toegewens en geniet die tydjie saam met die familie

Comment by Piet Nel on December 23, 2014 at 4:05am

dankie Elna net vrede, vreugde en voorspoed vir 2015 word jul toegewens. Geniet jul gesinsfees  

Comment by Tersia Weitsz on December 22, 2014 at 4:04pm

Fs maatjie, dankie, dis die mooiste kersboodskap wat ek nog gekry het!!! Mag jy en jou gesin ook dieselfde liefde, vrede en vreugde met ons Christusfees en elke dag van jou lewe ervaar.  Ek sien baie uit om nog baie fotos saam te kyk en te waardeer.  Lovies

Comment by Vida van Schalkwyk on December 22, 2014 at 3:40pm

dankie elna ...  mag Kerstyd en 2015 vir jou ook vol van God se vrede en vreugde wees!!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html