Die koste van foto-ontwikkeling vandag...

'n Paar jaar gelede (voor digitale fotografie die wereld omgekeer het), was mens uiters versigtig  om 'n foto te neem. Elke foto het ongeveer R2.00 gekos, en jy kon maksimum 36 foto's op een film neem.

Bo en behalwe die koste en die beperkende getalle wat op 'n film geneem kon word, was daar nie die voordeel daarvan om jou foto's te sien voordat hulle van die laboratorium teruggekom het nie. Hoe heerlik is dit nie vandag om vinnig op die LCD skerm te koekeloer of die foto reg lyk en almal se ogies oop is nie...(Die mooi woord daarvoor is om te "chimp" - mens kyk mos soos 'n chimpanzee na jou eie kamera :-))

En tog, soms dink ek dat digitale fotografie ook duur is. Nee, ek praat nie hier van die toerusting nie. Ek praat van die feit dat ons dikwels soveel foto's neem, dat ons nie tyd kry om ons foto's te geniet nie. Mens laai al 800 jou vakansiefoto's op die rekenaar, en spandeer dan ure om die bestes uit te soek. En ons almal weet: "Tyd is geld."

Die klagte wat ek van meeste mense hoor wat fotografie as stokperdjie beoefen is: "Ons kry nie genoeg tyd nie." En ek stem saam, maar wat is die antwoord?

Wel, dalk is dit om met die volgende geleentheid wanneer jy gaan foto's neem jou te verbeel dat jy net 24 of 36 foto's mag neem... Dalk, net dalk is mens dan lus om dit af te laai, uit te sorteer, en ja, selfs 'n bietjie te speel met Photoshop. Maar met 100 of 200 foto's breek mens net jou eie moed en spoed...

Mens hoef jouself nie altyd te beperk nie, maar soms, net soms kan dit 'n heerlike manier wees om jou weer te laat fokus op kwaliteit en nie kwantiteit nie.

Wonder wat julle dink?

 

Views: 172

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jacques van Delft on February 7, 2011 at 5:29pm

Hi Igno, alhoewel ek saamstem het ek die neiging om meer foto's te maak en dan vinnig by die huis te sif. Die goeies word gefile vir verdere PS en die res word as ek eendag tyd het weer gekyk en eventueel afgehaal of op 'n DVD gelaai.

Maar ek dink dat die idee van minder maar kwaliteit foto's neem 'n goeie oefening is en dat jy leer om seker te maak wat jy en hoe jy foto's neem. 

Groete

Comment by Robbie on February 6, 2011 at 9:48pm

Hi Igno, Ek moet erken dat ek net met jou kan saamstem.. mense is so geneig om die sneller te druk en nie regtig kennis te neem wat hulle afneem nie.. hulle neem honderde fotos by elke geleentheid maar soos jy ook opgemerk het, nie die tyd om hulle behoorlik deir te gaan nie..

 

My houding is neem min maar die wat jy neem, maak seker dat hulle tel.. maak seker dat daai foto die mooiete werd is.. en dan is daar ook baie meer tyd om daai fotos te geniet..

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html