Ek deel graag die storie met julle…………. In ons huis is Vrydae aande hamburger aand,al vir baie jare.As jy op n Vrydagaand by ons kom kuier en jy hou nie van hamburgers wat tuis gemaak is nie,dan gaan jy dalk honger slaap.

Wel so gebeur dit toe een dag dat ek nie buns in die dorp kan kry nie en ons was nie lus om net gewone brood te gebruik nie. Huey,my dierbare man kom toe met die voorstel dat ons jafels moet maak en die patties vir die vulsel gebruik met kaas en wat ook al daarmee saam gaan. So gese so gemaak. Die volgende dag was ons van plan om Hluhluwe wildtuin toe te gaan en toe daar van die jafels oor bly,besluit ons dat dit gaan nie sleg met n beker veld koffie vroegoggend in die veld afgaan nie en ek maak plek in die kamp yskas vir ons ontbyt – jafels.Nodeloos om te vertel……… sederdien is dit wat ons saam vat as ons veld toe gaan

Gisteraand is toe nou weer jafel tyd,maar die keer maak ek dit met vleis wat vroer in die week oor gebly het. Daar was geen beplanning om vandag erens heen te ry nie want Huey het laas week n toon nael laat verwyder en die loop is maar nog seer. Wel julle,dit was nie 5 minute in ete in nie of hy se vir my :”ek wil veld toe gaan”. Ek het geen aanmoedinging daarvoor nodig nie en woerts warts is als gepak (dis nou koffie,jafels,kookwater en seker gemaak kamera batterye is vol). Ons besluit toe om te gaan kyk hoe lyk die nuwe deel, wat aan die oostelike kant van die Isimangaliso Vleiland Park in Des 2013 oop gestel is.

Die dag was lekker warm met min tekens van reen.Die park is pragtig maar die wild was maar hier en daar. Dis duidelik dat hulle nie aan verkeer gewoond is nie en hol weg sodra n voertuig gewaar word.Ons besluit toe om deur te gaan tot by Charters Greek wat n gewilde visvang deel in die meer is,maar wat baie lank gesluit was agv droogte.Hier is toe heelwat hengelaars en die jetty wat n ent oor die water strek is mooi reg gemaak.

Op 3 van die pale sit toe nou Gryskop Meeue………..ewe rustig. Manlief sluit die kar af en ek is uit met die kamera. Meeue maak mooi fotos en is soms baie geduldig. Op een van die regop pale sit toe ook n yslike groot grasgroen Hotnotsgot. Ek dink dit was n wyfie want sy het haar voorpootjies so teen mekaar gevryf asof sy so pas haar mannetjie in gesluk het!!!!!! Ek draai toe my fokus na die bedryf toe want van hulle het ek geen fotos nie en dis nie n insek wat baie in Mtunzini voorkom nie. Dis toe nou net hier waar die sports begin……..

Die meeue het dan die een dan die ander een op gevlieg van hulle pale af om net verder weer te gaan sit. So vlieg die een meeu op en kom sit op dieselfde paal waar honotsgot se kind sit. Ek wens julle kon dit sien,die honotsgot val plat en trek die voorste ledemate van die voorpote oor die kop,kompleet in n smeek posisie van “ag ‘seblief tog meeu,moenie my vreet nie………” Ek moes lag,dit was so snaaks.

Ongelukkig was ek so vas gevang in die komiese petalje dat ek skoon vergeet om die sluiter te druk en daar vlieg die meeu op en gaan sit op n ander paal. Binne sekondes sit honotsgot weer kierts regop en kyk my aan asof sy wil se “sjoe………….dit was amper”

So dikwels mis ons die klein dingetjies in die natuur raak wat net so veel en soms nog meer pret verskap as die gewilde – beroemde “groot5” . Ek het darm fotos van die meeu en die honotsgot apart gekry en sal dit later plaas…

Fluit – fluit my stories uit……

Views: 144

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on April 17, 2014 at 6:08am

mooi Elna ja dis baie waar ons is altyd opsoek na die grooet goed en kyk al die ander goedjies mis om ons

Comment by Pieter Steyn on April 17, 2014 at 4:28am

Dankie Elna was lekker om te lees jy kan maar weer skryf

Comment by Renette van der Merwe on April 15, 2014 at 12:36pm

Dit is 'n kostelike storie wat die cherry op die koek sou gesit het was een enkele foto.Baie mooi Ek het dit geniet

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html