Dankie dat jy besluit het om die stuk te lees, ek is bly dit
het jou aandag getrek. Lees dit asseblief volledig.

Fotoskool het as n inisiatief totstand gekom om n gemeenskap
van mense, met n belangstelling in fotografie as n stokperdjie of beroep te
bedien. Dit  is n plek, in die warboel en
chaos van die die digitale era, waar Afrikaans sprekende mense, die volgende
kan doen of beleef:


  • Hulle belangstelling in fotografie bewys;

  • Spog;

  • Leer;

  • Hulle sosiale behoeftes tot n mate bevredig;

  • Wenke kan kry;

  • Betroubare inligting bekom

  • Hulle geheime werelde met ander deel

  • Hulle ego behoeftes kan bevredig

  • Die opgewondenheid van self aktualisering beleef

  • Winskopies raakloop

  • Hulle inherente mededingings drang bevredig

  • Hulle liefde vir die natuur en die geskape
    werklikheid met ander mense  deel

  • Hulle selfvertoue laat toeneem

  • Nuwe verhoudings bou

  • Stimulasie te kry om te gaan verken, te gaan
    soek en te vertel of te wys as hule gekry het;

  • Waar hulle hulself in hul moedertaal kan uitleef

  • Waar hulle iets van n bepaalde kunsvorm
    (fotografie) kan leer en geniet

  • Waar hulle opgevoed kan word

  • Die geleentheid het om hul kuns, kreatiwiteit en
    vermoens met 4 biljoen mense te kan deel (Die wereldbevolking is vandag 7
    biljoen)

  • Ens, ens, ens


Hierdie lys kan maklik langer word.

Is dit nie n wonderlike wete dat elke Fotoskoler al hierdie
ontasbare voordele kan kry, sonder om daarvoor te betaal. Dis verniet. Pasella.
Hoe bevoorreg is ons nie?

Maar, is dit nie juis waar daar dalk probleme kan ontstaan nie?

Ek wil  vra, as elkeen
van die deelnemers of “skolers” een, n paar of al die voordele van die webwerf
geniet, of daarby baat, of n behoefte beveredig kry, wat is so n person bereid
om terug te gee aan hierdie,  asook die
groter gemeenskap?  Die vraag bring my by
die opskrif van die stuk nl. “Die Naakte
Waarheid
”.

Daar is volgens die webwerf se teller sowat 870 “Fotoskolers”
Op n bepaalde dag verlede week het ek na een van die kategorie op die “Leader
board” gaan kyk. Toevallig was een van 
Rudie se foto’s heel bo aan die lys. Ek het op sy foto “geklik” en
gesien, op daardie stadium het die foto, wat hom aan die top van die leer
geplaas het,  34 “views” gehad. Met ander
woorde van die byna 900 Fotoskolers wat een of meer van die voordele hierbo genome
beleef of geniet, het slegs 4% aktief deelgeneem deur,  ten minste na die fotos te kyk of n kommentaar
te lewer. My vraag wat ek graag aan elkeen van die Fotoskolers wil rig is dit.
Hoe kan ons op 'n kostelose wyse ons bydrae tot fotoskool maak?

Ek weet nie wat die agtergrond is en wie by die ontstaan van
die webwerf betrokke was nie. Maar ek wil aanvaar dat Igno 'n reuse aandeel
daaraan het. (Ek weet nie eens of hy die eienaar is nie)  My vraag is verder, wat doen ons om hom vir
sy inisiatief te erken en te help. Ons is n klein groep gemarginaliseerde
mense  in Suid Afrika hoekom kan ons dit
net nie regkry om so inisiatief te bevorder en uit te bou nie?

Enterpreneurs  is juis enterpreneurs omdat hulle nie bang is om n verskeidenheid van risiko’s te neem nie. Hulle neem byvoorbeeld finasiele, sosiale en ander risiko’s.  Dit is n wet van die lewe, soos wat die wetvan swaartekrag n wet is, dat risiko’s word geneem omdat dit die belofte van
sukses inhou. Fotoskool is n sprekende voorbeeld.  Nou is die vraag, wat doen elkeen van ons om
die Fotoskool entrepreneur vir sy risikoneming te vergoed en te erken?  sou graag die stigter van die netwerk se risikoneming erken en te help dat hy daarvoor vergoed word. Ek agiteer nie
vir n betaal web werf nie.

Ek verwys hier uitsluitlik na die
voorregte wat ons met en deur middel van Fotoskool bekom. Ek vra net dat ons elkeen gaan dink aan watter bydrae  ons maak om so n besonderse inisiatief uit te brei en te laat groei.  Wat kan ons doen
om  meer foto entoesiaste te kry om die webwerf te besoek en aktief deel te neem? 
Dink byvoorbeeld aan een van die volgende aksies wat kan help om die webwerf te laat groei:


  • Vertel en nooi twee van jou vriende, kollegas of
    kliente uit om deel van ons gemeenskap te word. Dink net wat kan gebeur as 870
    mense elkeen twee nuwe Fotoskolers betrokke kry? Skielik is ons 2610
    Fotoskolers ( Jammer vir Hennie wat so getrou na al die fotos kyk en by wie ons
    almal reeds baie geleer het, en vir Johan en Rudi wat gereeld kommentaar lewer  – om net enkeles te noem);

  • Gaan krap op die internet en vertel van n webwerf
    waarop jy afgekom het waarby ons almal iets kan leer;

  • Skryf vir n verspreider of fotografese
    handelaar  wat jou in die steek gelaat
    het en noem dat jy n potensiele koopkrag van meer as twee duisend mense het en
    dat jy vir hulle gaan vertel hoe swak die diens of die produk is;

  • Vertel vir die duisende Suid Afrikaners wat in
    die buiteland sit en maak hulle betrokke.  Goeie en geloofwaardige navorsing het getoon
    dat daar meer as n miljoen Afrikaans sprekendes uit SA verhuis het en elders in
    die wereld woon. 



Ek praat van ervaring as ek noem dat dit
heerlik is om my stokperdjie in n vreemde land in Afrikaans te geniet. Dit word
soms baie alleen in die vreemde en as ek tonele van die plat Vrystaatse vlaktes
met die ou windpompe sien, weet ek weer waar my wortels is, of n leeu wyfie wat
kom water drink, dan verlang n mens na Suid Afrika en sy natuur- en wildlewe)




  • Reik uit na ons mede Suid Afrikaners wat ook
    Afrikaans magtig is. Nooi hulle uit en maak hulle deel van ons gemeenskap.

  • Plaas n artikel in jou organisasie se nuusbrief
    en vertel jou kollegas van Fotoskool

  • Lewer kommentaar op die foto’s wat verskyn, of
    vra n vraag aan die fotograaf – daar is nie iets soos n dom vraag nie, daar is
    net dom fotograwe wat nie vrae vra nie.

  • Vertel vir ons as jy n sinvolle fotografie
    verwante artikel gelees het

  • Vorm n druk groep – kyk net hoe ons werled in n
    jaar verander het agv mense wat met die elektroniese media bestaande ordes en
    regerings omver gewerp het en n nuwe, meer regverdige samelewing totstand
    gebring het.

  • Noem “Fotoskool “ vir elkeen van jou Twitter en
    Bakkiesblad( FaceBook) vriende

 

En nou vir die beste van alles. Ons kan een of meer van die
goed doen, sonder dat dit ons n enkele sent gaan kos. Niks. Zippo. Mahala.
Pasella. Al wat dit vra is n paar minute van jou tyd, n paar minute minder op
Bakkiesblad en/of Twitter. Dis al, en kyk wat kan n mens in ruil daarvoor kry.

 

Kom ons doen almal iets om n goeie, mooi en prysenswaardige
inisiatief verder uit te brei en op n beperkte manier die werled n beter plek
vir ons almal te maak, om mense te help om hulle talente verder te ontwikkel, te
gebruik en te deel en so hul Maker se opdrag na te kom.



 



 



 

Views: 437

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on January 12, 2014 at 12:47pm

Uitstekend gestel Frans dankie jy laat n mens dink stem 100% saam met jou

Comment by Ferdinand van der Merwe on January 6, 2014 at 4:12am

Stem saam

Comment by Michael Cronje on November 24, 2011 at 1:58pm

O ok ek verstaan. Dankie!

Comment by Frans van Heerden on November 24, 2011 at 1:57pm

Michael: Ek het gereageer op n bydrae van Etienne. Ek het probeer om die bepaalde bydrae te kry en die "paar geldige opmerkings" aan te haal. Met die skryf van hierdie antwoord aan jou was die stuk nie meer waar ek daarna gesoek het nie.

Comment by Michael Cronje on November 24, 2011 at 1:48pm

Ek het nou iets hier gemis, watter opmerkings praat jy van, Frans?

Comment by Frans van Heerden on November 24, 2011 at 11:23am

Etienne: Jy maak n paar geldige opmerkings. En ons respekteer jou besluit, tog wil ek jou vra om jou besluit te heroorweeg. Na my mening het jy n besonderse bydrae gelewer en dit sal jammer wees as dit nie meer daar is nie. Ek weet nie of ek noodwendig met jou kan saam stem met hierdie stelling nie: " Sodra tegnieke om fotos te neem, te prosesseer of iets dergliks opgelaai word, is daar altyd iemand wat die persoon wat dit doen, afkraak". Ek dink jy veralgemeen te breed. Wat meer is, ons moet baie versigtig wees om "emosies" in elektroniese boodskappe in te lees wat nie bestaan nie of wat nie bedoel was nie.

Ons moet onthou dat die internet n "oop" gemeensap gevestig het. Dit beteken dat daar n soort liberalisme ontstaan het wat moeilik beheerbaar is. Fotoskool is deel van die bepaalde werklikheid. En, om net vd werf te "verdwyn" gaan nie help om dit beter te maak nie. Wanneer n mens jou invloed onttrek laat jy nie alleen leemte nie, maar ontneem jy jouself en ander vd voorreg om die omgewing waar vandaan jy ontrek het, beter te maak as wat dit was toe jy daar aangesluit het.

Kom ons probeer eerder hande vat en werk saam aan n Fotoskool waarby ons en elke ander skoler werklik baat by kan vind.

Van my kant af wil ek net vir jou dankie se vir die twee belangrike aksies. Eerstens het jy my belangstelling om die kuns van HDR te bemeester geprikkel sodoende dat ek graag al my fotos as sulks wil neem en aanbied. Tweedens was jy bereid om jou proses en ervaring daarmee met my en elke ander Fotoskoler te deel. Dankie. 

Comment by Frans van Heerden on November 24, 2011 at 11:11am

Elize:Dankie dat jy gereageer het en dat jy bereid is die Webruimte aan ander belangstellendes bekend te maak.

Daar is reeds baie geskryf oor groot en klein kameras. Die laaste woord is lank nog nie gespreek nie. Maar elke mens moet besluit wat vir hom of haar tov kameras, die beste is. Dan is daar ook een ander belangrike kwessie - n mens moet jou fotografie geniet, hetsy dit met n groot of klein kamera is.

Comment by Elize Badenhorst on November 24, 2011 at 9:56am

Hallo Frans,

Ek het jou blog gelees en stem heelhartig saam met alles wat jy sê. Ek sal ook vir al my vriende en kollegas 'n e-possie stuur om te vertel van Fotoskool en ook 'n advertensie op die Universiteit (UV) se advertensie webblad plaas om meer mense bewus te maak hiervan. Dankie vir jou tyd en moeite om hierdie blog te skep, ek het dit gelees tot op die laaste woord!

My man het vir my 'n kleiner kamera gekoop wat ek altyd by my kan dra vir daardie groot oomblikke waarin jy moet gouspeel vir 'n kwaai foto. Die kleiner kamera se beeld en funksies is net so goed soos ons groot kamera. Hoekom dan 'n groote hê as die kleintjie dieselfde kan doen?

Groete, Elize Badenhorst.

Comment by Erica Thompson on November 17, 2011 at 9:53pm

Frans,dankie vir jou advies. Ek sal verseker die kleiner model saam met my dra! Vir die wis en die onwis.

Comment by Frans van Heerden on November 17, 2011 at 5:45pm

Erica: Dit wat jy beskryf ivm n mens se verhoogde sensitiwiteit vir jou omgewing is waar maar daar is soveel meer - soos om kleure en tonele raak te sien wat anders dalk verlore sou gaan, om ander mense te leer ken wat ook in die stokperdjie belangstel, om ander mense te help, en om soos De Witt Jones, n bietjie ook positief na die ou stukkende wereld te kan kyk.

Jy waag baie met jou kamera in die motor - onthou hoe temperature is nie goed vir die Kamera nie en dit kan vrek warm word in n motor. Dink gerus daaraan om vir jou n kleiner model aan te skaf - Nikon het n paar oulike kameras op die mark oa n outjie waarme ejy sommer 10 meter onder water kan gaan duik, sonder n omhulsel. Geniet dit en kom leer by Fotoskool!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html