My raai foto

Ek het die foto van die gans geplaas wat nie juis iets is nie omdat dit baie vinnig gedoen is en ek nie opgelet het na verstellings of wat ook al nie, PS is nie gebruik nie foto geneem op setting nature op my kamera.

Ek het ʼn eenvoudige geel veiligheids bril gebruik omdat hy die kleur anders maak as gewone glas seker omdat dit ʼn half ronde vorm het, julle kan gerus dit by ʼn hardeware winkel gaan soek nogal pret om so met die kleur te speel veral in die skerp sonlig werk dit mooi en ʼn mens kry ander kleure ook. Die foto is eenvoudig maar glo my gebruik dit op water en julle sal sien wat kom daar uit. Was lekker om jul slim mense so bietjie te flous maar glo daar gaan vir baie pret wees met so bril en jy kan dit sommer ook dra as die son pla lyk nogal na gewone bril.

Dankie vir die kyk en saamspeel ek waardeer dit wou maar eintlik dit net met julle deel. 

Views: 69

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Doretha Kock on April 15, 2014 at 7:36am

Piet, dit was sommer lekker om te raai en hou die blad lewendig en interessant.  Dankie daarvoor.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html