Die Sosiologie van Stasiefotografie...Deel 2

Toe Liezl gil word ons yskoud. My grootste vrees is dat Julias Malema dalk pas arriveer het en sy nuwe liedjie, Kill the Photographer begin sing het. Ek is al lankal bang dat Julias dit gaan begin sing omdat fotograwe hom altyd in ongewensde posisies afneem.

Ek is nie ver verkeerd nie, want Julias is immers 'n doring in almal se vlees, en dit blyk toe ook dat Liezl in 'n doring gaan sit het!

Dit neem Liezl net 'n sekonde of twee om te herstel. En ons kan voortgaan met die foto's. Poppie is nog steeds 'n gewilde "prop." En Liezl doen haar bes om mistroostig te lyk. Toe sy egter aan Malema dink is dit sommer maklik:

Nou loer gerus weer na die foto hierbo. Let op dat die fokus nie so goed is nie. Die rede is omdat dit redelik laat begin word het. Danksy die flits bly die sluiterspoed op 1/60 van 'n sekonde, maar die dilemma is dat ek sukkel om die fokuspunt op Liezl se oog te kry. Die les wat ek graag wil deel is dat een van die belangrikste funksies op die kamera is die "verskuiwing van fokuspunte." Indien mens nie daarmee slaag nie, en jy begin op 'n groot lensopening werk (dus min diepte van veld), gaan jy probleme soos hierdie kry. Op die kamera se LCD skerm lyk die foto skerp, maar behoede ons as dit op die groot rekenaarskerm verskyn! Ai toggie, ek voel sommer net soos Liezl lyk...

Maar wag, daar is nog 'n lessie waaroor ek wil gesels.

Omdat Charles dit nooit geniet as Liezl pyp rook nie, (geen pa geniet dit baie as sy dogter pyp rook nie), is hy toe ons volgende model!

Nou in die foto hierbo tref ek toe een van daardie probleme wat fotograwe gereeld het. Sodra dit bietjie te donker raak, verlig die flash alles net so 'n bietjie te veel, en word die lig op die model te helder. Dikwels lyk die model soos 'n springhaas voor 'n bakkie se kolligte. (Juis daarom dat Charles toe besluit het op die treinspoor - daar ry darem nie bakkies nie) Nou ja, wat nou gemaak. En dis toe dat ek van Riaan se ingeboude weerkaatser onthou. Riaan is hoeka ook besig om vir Charles af te neem, en sy weerkaatser is uitstekend geposisioneer:

Nou ja, skielik, met die lig wat vanaf die "weerkaatser" reflekteer, is die lig op Charles  gesig  darem sagter:

Nou die weerkaatser storie is darem net halfpad waar. Wat ek eintlik gedoen het om die lig effe te versag, was om my flash net effe opwaarts te tilt en die klein weerkaatskaartjie daarop uit te trek, sodat die gereflekteerde lig op Charles se gesig geval het eerder as die direkte flash. Tog, ek is seker as ek Riaan onderstebo kon ophang, sou die flash ook lekker van hom af kon weerkaats! Om een of ander rede wou hy egter nie saamwerk toe ek hom vra nie.

Maar so van onderstebo gepraat, is dit nie ongelooflik wat 'n verskil hoek en afstand kan maak nie... Veral as mens op 'n stasie is. Om meer daarvan te sien, kom lees volgende keer verder.

 

Lesse geleer:

1. Bemeester die fokuspuntverstelling op jou kamera.

2. As jou flash te helder is, gebruik 'n weerkaatser, en weerkaats die lig na die model.

3. As jy nie wil he dat jou kinders moet rook nie, rook eerder self, dalk slaan jy 'n loopbaan as model los ... Ouerskap verg opoffering.

 

 

Views: 81

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on May 26, 2011 at 1:23pm
Baie dankie vir die lekker storie en fotografie wenke.  Ek geniet elke oomblik daarvan. En dankie dat jy so baie moeite doen om ons sooooooooo baie te leer.
Comment by Jannie Labuschagne on May 24, 2011 at 6:29pm
Igno nog een van juou uitstekende blogs. Ek geniet dit verskriklik en kan amper nie wag vir die volgende uitgawe nie.
Comment by Annelise on May 24, 2011 at 12:55pm
Baie positiewe stories, kan nie wag vir nog nie

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html