Die Sosiologie van Stasiefotografie...Deel 3...Nader en nader

"Nou die een ding daarvan om op 'n stasie te wees, is dat dinge mos nooit dieselfde is as wanneer mens nie op 'n stasie is nie." As die vorige sin vir jou sin maak, dan moet jy weet jy is op 'n stasie. Andersins sal jy weet die sin is bloot onsin.

Goed! Noudat jy of deurmekaar is, of dink jy weet wat aangaan - nou voel jy soos 'n fotograaf wat geleenthede begin raaksien!

Die een ding wat ek geleer het is dat mens nooit moet dink jy weet nie. Die belangrikste ingesteldheid wat jy kan handhaaf is die ondersoekende, nuuskierige, weetgierige ingesteldheid. Dit beteken ook dat mens nooit met sekerheid kan weet dat jy weet nie, want as jy dink jy weet dan loop jy jou rieme styf. Ek dink 'n kamera se groot doel is om vir jou ongelooflike oomblikke vas te vang, EN om jou nederig te hou.

Nou genoeg filosofie. Julle sal onthou van ons stasie-situasie en die wonderlike bleswordende model, Poppie. Soos ek verlede keer vertel het, was dit Liezl wat die smartvraat-stasiemeesterdogter moes speel:

Nou die les wat ek hier wil deel is dat mens soveel geleenthede het soos wat daar afstande en hoeke is. Terwyl ek hierdie foto neem, besef ek dat Liezl eintlik so goed toneelspeel dat ek meer van haar gesig sal wil sien:

Maar met die inzoem bly daar iets van Poppie in die hoek regs, en hoewel ek kan dink dat Poppie se bleswordende halwe kop 'n bietjie van 'n smart-ondersteunende onderwerp kan wees, bly Liezl se uitdrukking steeds die kamera fassineer:

En dan die vraag, is die oop deur deel van die storie, of moet die deur dalk alleen as agtergrond gebruik word. Want met die oop deur is daar ander "storiemoontlikhede" as met die deur as agtergrond (en Liezl heelwat nader):

En wat daarvan as die deur geen rol speel nie, en mens die kamera in portretformaat omdraai?

Skielik word Liezl se uitdrukking die storie.

Soos ek in die begin genoem het. Elke situasie het verskillende interpretasies. En net 'n bietjie draai van die kamera, inzoem of verandering van die hoek vertel 'n ander storie.

Speel gerus die volgende speletjie...

Merk 'n afstand van omtrent 2 meter af tussen jou en iets wat jy wil afneem. Speel nou met hoeke, zoem en afstand, en kyk hoeveel moontlikhede daar is!

Dis ongelooflik.

Jy sal voel jy is op 'n stasie!

Views: 111

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan van Zyl on May 30, 2011 at 3:29pm
Baie goed gestel en deur gebring na ons toe maak oop die ogies en sidaar baie hoeke deure en als is daar. Moet nou net gaan speel en toepas. Dankie Igno
Comment by Gerhard Beukes on May 30, 2011 at 1:12pm
ek het dit ook gesien, mens raak so opgewonde met iets klein hier voor jou jy mis die hele parade agter jou.
Comment by Annelise on May 30, 2011 at 11:40am
Dus beslis waar, maar soms is ons te haastig en mis die hele prentjie
Comment by Susan on May 30, 2011 at 8:55am
Dit is baie insiggewend en 'n interessante les. Baie dankie Igno. Mens moet dit nou net gaan oefen en als wat jy se toepas.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html