Ek wonder of iemand dit wil waag om te spekuleer waarheen die kamera en lens tegnologie op heen is. Daar was op n stadium sprkae dat van die kamera lens vervaardigers navorsing doen tov die gebruik van water lense - Daar is verder gemeen dat water-lense die huidige glas se gewig kan verminder - dalk net in ten opsigte van telefoto en/of "fixed focus" lens evan 400 mm en hoër. Is daar dalk iemand wat dalk meer weet of wil spekuleer waarheen die lens tegnologie op pad is?

Ten opsigte van kameras wil dit vir my lyk of die gaping tussen die sg. DSLR's en die "mik-en-druk" tipe kameras besig is om al hoe kleiner te word. Dit is net asof die DSLR's al hoe meer funksies by kry wat n mens dalk eerder in n mik-en-druk tipe kamera sou verwag - Kyk byvoorbeeld na die in-kamera funksies van die nuwe Nikon D5100!

Ek hoor graag van ander menings

Views: 47

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html