Hallo Almal,

Dis lekker om te noem dat ons weer twee wenners het vir die Tamatiestraat kompetisie! Baie geluk aan Charles Whitehead wie se foto sommer 'n lekker klomp kommentaar uitgelok het:

Die gesamentlike eerste plek is met Charles gedeel deur Etienne, Etienne se foto was 'n pragtige letterlike interpretasie van die tema met twee popmensies wat langs reuse tamaties sit. Etienne het ongelukkig weens werksdruk en omstandighede vanaf fotoskool onttrek. Dit is vir my persoonlik baie hartseer aangesien Etienne ongelooflike bydraes to fotoskool gemaak het. Sy HDR blog en sy puik HDR foto's was werklik 'n aanwins vir fotoskool, en ek hoop uit my hart uit dat sy verlange na fotoskool hom weer sal laat terugkeer. Dit was wonderlik om te sien hoeveel fotograwe na aanleiding van Etienne se blog en foto's HDR foto's begin neem het. Etienne was vir my 'n reuse inspirasie en elke keer as hy 'n foto gelaai het, het dit kommentaar uitgelok. sy mededeelsaamheid en bereidheid om ander te leer het hom 'n legende vir baie van ons gemaak. Etienne, ons mis jou baie! Hoop jy wen die Britse lotto, dat jy weer kan kom saamgesels op fotoskool!

 

Omdat daar in elk geval twee wenners was, is dit lekker om dan die tweede plek foto ook as 'n wenner aan te wys, en ek dink Gerhard se foto was ook 'n puik interpretasie van die tema, en net so 'n waardige wenner soos die ander twee! En dan het hy nog puik verkiesingsbeloftes gemaak ook!! :-)

Dus, baie geluk aan Etienne (in sy afwesigheid), Gerhard en Charles.

Dankie ook vir almal wat so lekker saamspeel deur temafoto's te laai. Ek sien uit daarna om te sien waarmee julle in die "Stomstreke" temafoto kompetisie vorendag kom!

Groete

Igno

 

Views: 58

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie van Vuuren on May 19, 2011 at 9:47pm
Baie geluk aan die wenners. Dit is wel verdiend.
Comment by Marietjie Whitehead on May 19, 2011 at 9:20pm
Baie geluk aan die wenners - knap gedaan !
Comment by Igno van Niekerk on May 19, 2011 at 8:34pm
Dankie, oubaas Tillie ! :-)
Comment by Gerhard Beukes on May 19, 2011 at 8:14pm
Dankie Igno en aan die verkiesings oorhoofse beoordelaar wat die verkiesing reg en regverdig verklaar het. Geluk Charles en Etienne met julle puik fotos.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html