Die wildebeeskalfie,die vlakvarkie en God se genade...........

Vroeg Saterdag oggend besluit ons in so “spur of the moment” om bietjie wildtuin toe te gaan.Ons het geweet dit gaan warm wees maar as ons nie so een maal n maand in die veld kom nie, raak ek mos effe “bossies”. Woerts - warts is die koffie en kook water reg, ‘n paar koeldranke in die yskas en daar gaan ons.......
Die Masinga skuiling in die Mkhuze wildtuin is ‘n baie gewilde plek vir fotograwe en ook sommer vir die mense wat wild kyk en nie noodwendig fotos neem nie. By hierdie skuiling is ‘n waterpyp wat sorg vir water in die tye wat daar nie veel reën val nie,en die park droog is. Maar dit gebeur dikwels dat die watervlak van die gat nie altyd dop gehou word nie en dan kan dit sommer vinnig in ‘n modder massa getrap word.
Op kersdag was hier luiperd en leeus by die gat en mense sak nou behoorlik hier toe.......asof luiperd en leeu nou so lank op een plek bly,maar nou ja,so is die mens nou maar........

Op pad na die skuiling toe (mens loop nogal ‘n hele ent soontoe) kan ons hoor daar is aksie. Blouwildebeeste,zebra Impale ens. Ek voel sommer aan my bas hier gaan lekker fotos geneem word vandag. Groot was ons teleurstelling toe ons sien dat dit nou weer een daardie dae is waar hier net modder is,en sommer diep modder ook. Heel duidelik is water nie gepomp nie en die massa diere wat al reeds hier kom drink,of prober drink het wat beskikbaar is, het alles tot modder getrap. Nietemin is daar aksie en ‘n gemaal van baie en beweeg van diere wat heel tyd kom en gaan.

Die Blouwildebeeste het in die vorige week gekalf want hier is by elke koei ‘n kalfie en die naelstringe sit nog duidelik. Sommige van hulle kon nie ouer as 24 uur gewees het nie. So ook die Vlakvarke,elke sog kom daar aan met 3 of 4 klein varkies. Hierdie outjies kan nogal vir groot pret en plesier sorg.

Een Blou Wildebees koei besluit toe om die modder aan te durf op soek na ‘n water kol wat dalk nog nie tot modder getrap is nie. Die modder is so sag en diep dat sy tot by haar pens daarin weg sak. Ongelooflik hoe sy dit regkry om te beweeg want die modder het amper n vas suig aksie. Natuurlik het sy ‘n kalf en dié spring toe agter haar aan..........dit was chaos in die skuiling. Toe die dingetjie in die modder beland het dit net een aaklige bulk geluid geggee en in die modder weg gesak. Ons kon net die ruggie sien uitsteek.

Almal in die skuiling hou asem op.....wat gaan hier gebeur? Die koei het die kalf gehoor maar kan niks doen om te help nie.Die sekondes wat verby tik voel soos ure. Hierdie tipe goed sien ‘n mens mos net op tv en hier gebeur dit nou voor ons oë. Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het,spartel die kalfie met die koppie na bo, vol modder. Daar kan nie gesien word waar is snoet,ore of niks nie. Jy hoor net die aaklike gekerm van die kalfie. Daar is vir n hele ruk geen beweging van die kalf nie maar die koei het met baie gesukkel weer uit die modder te lande gekom en staan hopeloos en kyk na die kalf.

Die kalf se kop sak weer onder die modder,dit was net te swak en die modder te swaar om kop bokant te hou. Ons almal dink dis nou maar so......hier versmoor n klein klafie voor ons oë en ons kan niks doen nie.Die gevoel van magteloosheid wou my omtrent oorweldig.Maar..........hier kom kalf se koppie weer boontoe met aaklike gekerm en dit probeer aan worstel kant toe.Ek glo nogal instink het hom laat besef sy ma is nie meer by hom nie. Ek weet nie hoe lank dit geneem het nie maar die outjie het die stryd gewen en uit gekom.Ons slaak almal n sug van verligting

Nie 20 minute later nie,is daar aan die voorkant van die skuiling weer n gedoente.Die keer is dit n vark sog met 2 kleintjies. Weer agter ma aan die modder in en daar sit hulle vas.....Agge nee.............baie dieslefde storie as met die kalfie gebeur maar ma vark en een van die kleintjies kom vinnig en veilig uit en vat die pad. Hulle gaanstaan so n ent weg en draao gat se kant toe.Sy het geweet een is nie daar nie.
Die outjie in die modder het gespook en gespartel maar stadig tog kant toe beweeg.In die skuiling het van die mense begin om n “aansporing” te doen......asof dit so help????? HIer was net n ander gevaar,daar was 2 bere op die kant en die kleintjies het nie aan een van hulle se “pa” gene in nie. Beide probeer toe om die kleintjie in die modder te trap en ook met die tande by te kom.Ai togggggiiie dit was noe mooi om te sien nie.Aanhou wen en na ‘n moeilike tog, is die outjie op die wal maar het geen idée waar ma is nie.Hy het ‘n hele ruk rond getol en dan die kant toe dan daai kant toevoor dit uiteindlik haar in oog gekry het.

Ek het nog lank na ons daar weg is, en op pad huis toe was, die tonele voor my gesien en weet julle wat? Ek sien in my geestesoog hierdie modder massa as die sonde van die wêreld waarin ons so dikwels vasgevang word.Net soos die kalfie sak ons ook kop eerste soms weg in die probleme en beproewinge van die lewe om ons. Af en toe kom ons op, maar ons is so swaar van modder(sonde) dat ons nie kan kop bo hou nie en sak dan maar weer weg. So hou dit aan vir wie weet hoe lank......

Die varkie moes nie net die modder(sonde) oorwin nie, maar ook uit die pad van die tande van die bere(satan) probeer bly.Hulle wou hom binne die modder hou waar hy verseker van moegheid sou weg sak en versmoor het.Gelukkig hoef ons nie in die modder te bly nie........ons kan ‘n keuse uit oefen om te oorleef.Sodra ons die besluit neem,is die Here daar om ons van die modder(sonde) te bevry.As satan ons met sy tande en bose planne wil vernietig, kan ons wegdraai en op ‘n ander plek uit die modder kom.Weereens moet ons die keuse uitoefen om die hand van Christus vas te vat
Moenie dat die mode van die lewe julle onder kry nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Views: 65

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pieter Steyn on January 22, 2015 at 5:14am

mooi een goed geskryf

Comment by Elna Geringer on January 22, 2015 at 5:13am

Comment by Elna Geringer on January 22, 2015 at 5:12am

Comment by Gerrie Lambrechts on January 21, 2015 at 4:58pm

Wat ’n pragtige verhaal van die diere in die natuur wat vir ons ook ’n groot les is. Ons Bybelstudie was vanoggend dat ons nie moet vrees nie en altyd sal onthou om net ons hand na die Here uit te steek. Soos hy onskuldige diere help tot redding, word ons ook daagliks gehelp.  Dankie Elna dit is kosbaar.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html