Paar dae gelede verskyn n Blog van Igno. Hy vertel van die motiverings video "Celebrating what is right wit the World" van Dewitt Jones. Ek het na die web ruimte gaan kyk en neem daar die spoor na die promosie video. Ek was nie alleen be-indruk nie, maar ek het sterk met die Fotograaf kon identifiseer. Ek dink dis n treffende titel en het aan die Fotograaf n epos gestuur en sy toestemming om die titel van sy Video op my "shooting vest" te laat borduur. Tot my verbasing, skryf hy terug en gee die toestemming. Gratis. Hy vra net n mooi foto van die eind produk. Maar dis nie al wat ek terug kry nie. Doen jouself die moeite en gaan kyk wat op die volgende twee web werwe aangaan:

www.celebratewhatis.com  

en

www.healingimages.org

Dan sal jy dalk verstaan dat jy en ek met ons kameras kan n verskil maak in mense se lewens.

Ek hoop julle beleef dieselfde vervulling uit hierdie stokperdjie wat ek en soveel ander al beleef het. Meer nog word deel van die gemeenskap wat met die instrument, ander se mense se lewens verryk. Dit is die goed wat n mens sin in jou bestaan gee.

Views: 148

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Erica Thompson on November 16, 2011 at 11:18pm

Hi Frans, Dit was geensins moeilik gewees om my gunsteling blog te kies nie! Ek kan identifiseer met Dewitt Jone`s "Healing Images". Ek was betrokke met die ontwikkeling van n nuwe hospitaal. Ons het vir ure en dae gesit en kop krap oor wat ons sal gebruik om die mure van die ruim hospitaal gange,portale en lokale mee te versier. Oorspronklik sou ons graag lokale kunstenaars se meester stukke wou vertoon (soos van "on apro") en hopenlik dan ook bietjie bemarking doen vir die kunstenaar. Dit het uitgeloop op n doodloop straat.

Wat n wonderlike idee om die lokale fotograwe bymekaar te kry en te help met die projek. Natuurlik sal dit teen n fraksie van die prys van n oorspronklike skildery wees.

Waar ek woon in Hillcrest is daar ongelooflike geleentheid om van die mooiste fotos te neem. Nogal n idee om die omgewing te inkorporeer in die hospitaal deur pragtige foto afdrukke teen die mure te hang.

Dankie vir die moeite wat jy gedoen het om die web werf bekend te stel. Ek sal verseker van die idee gebruik maak vir die toekoms!

PS: Blink plan...ek sal by voorbaat al begin kontakte bymekaar kry!!

Comment by Frans van Heerden on November 16, 2011 at 8:25pm

Dankie vir jou opmerking Rudolph. EK kan baie goed met jou belewenis identifiseer. Soms is dit sulke belewenisse wat n mens herinner aan die baie voorregte (soos om n goeie kamera te besit en te kan gebruik)wat ons so maklik vergeet

Comment by Rudolph Müller on November 16, 2011 at 7:03pm

Dit is voorwaar 'n vooreg as mens met jou kamera 'n verskil in ander mense se lewens kan maak.  Soms is dit is wat vir jou nietig en onbenullig is, maar vir andere kan dit wondere beteken.  Ek het eenkeer in Irak 'n foto geneem van 'n ou Irakese man wat by ons kamp se waterpomp gewerk het, en my elke dag vir koffie en tee genooi het.  Toe ek die foto later uitdruk, lamineer en aan hom as 'n geskenk gee was dit ongelooflik kosbaar om die uitdrukking op sy gesig te sien.  Hy was in ekstase en kon vir weke nie genoeg dankie sê vir die eenvoudige gebaar nie.  Dan besef mens weereens hoe die klein dingetjies ander mense se lewens kan verander...

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html