SO n wyle terug het  Nic Samwell my gevra om te verduidelik hoe ek my "OuKar-Fotos" verwerk en ek dink n paar ander het ook al gevra....sorry dat ek nou eers hieby uitkom, maar eerder laat as nooit. Ek het werklik nou eers tyd gekry om daarby uitkom siende dat ek tans tussen werke is en n bietjie tyd op hande het.

Hummmm.... okay....hier gaan ons.

MBT tot die kamera

Die meeste DSLR kameras vandag beskik oor die "Bracketing Funksie". Dit is waar die jy die kamera stel om een foto op -2 Exposure een foto op o Exposure en een foto +2 Exposure te neem.

Op die wyse neem jy drie fotos van dieselfde voorwerp op drie verskillende Exposures....die doel hiermee is om genoeg detail te verkry in jou Shadows Midtones en Highlights.

Stel jou kamera op 1) "Continuous Shooting"

                            2) "Expo.Comp./AEB" en draai die wiel

                            3) "AF" op "One Shot"

                            4) "Metering Mode" op "Spot Metering"

                            5) "Image Quality" op RAW

                            6) "Shooting Mode" op Manuel ( DIE GROOT GEVREESDE GROOT M

MBT tot verwerking

Sagteware wat gebruik word met die verwerking is Lightroom 5 en Photomatix 5.8.

Nadat die fotos geneem is word dit afgelaai en deur Lightroom ge-Import

Selekteer die drie fotos en export die foto na Photomatix in .TIFF formaat

Photomatix sal dan die drie foto intrek en die drie foto opmekaar plaas vir jou. Die nuutste weergawe van Lightroom kan die proses ook nou vir jou behartig.

in Photomatix doen jy die nodige verstellings soos jy voel nodig is, daar is ool n paar presets wat dinge kan verspoedig.

Sodra dit klaar gedoen is word die foto weer na Lightroom gestuur waar die finale verwerking gedoen word.

Dit mag dalk omslagtig wees vir sommige maar dit is die procedure wat ek volg met sukses....net die volgende waarskuwings....1) Die proses moet nie gevolg word na 20H00 in die aande nie.

                                      2) Die proses mag dalk lei tot n verslawing aan Koffie.

                                      3) Verslawing aan koffie gaan lei tot slaaploosheid.

                                      4) Slaaploosheid gaan lei tot "Laatkomvirwerksindroom"

                                      5) "laatkomvirwerksindroom" gaan jou op die rooitapyt bring.

Neem kennis : Fotografie kan nadelig wees vir jou gesondheid.

                        Fotografie kan nadelig wees vir jou volgende "Paycheck".

                        Gebruik fotografie verantwoordelik.

                        Fotografie mag jou ook net dalk in die sop bring by jou eggenoot.

EEN FINALE WENK... Om teleurstelling te voorkom Moet niks glo wat Krimisvader jou vertel

                                   nie HY LIEG!!!

                                   Koop vir jou eggenoot kameratoerusting vir Krismis wat jy seker

                                   is jy gaan gebruik!!!

Met Vriendelike Groete

Pierre Hardinge

Views: 190

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on December 31, 2015 at 10:31am

Dankie Pierre,jy is en bly 'n goeie verduideliker(hmmmmm nuwe word vir die volgende HAT)

Ek stem saam met jou dat fpotografie verslawend is.Ek is al 2 weke sonder 'n rekenaar nadat 'n siek virus my rekenaar aangeval het.Ek ly tans aan hewig ontrekkings syndrome!!!!!!!!

Comment by Anita du Toit on December 23, 2015 at 6:15pm

Ek sal maar die een "skip" want ek begin eers na 12.00 in die nag werk aan my foto's hahaha

Comment by Marietjie Grove on December 20, 2015 at 9:10am
Pierre, ek het nou so lekker gelag, Dankie, dankie ook vir die verduideliking. Ek sal maar soos Elna sê, met tyd, eers baba treetjies, dan die groot dinge.
Comment by Elna Geringer on October 5, 2015 at 8:50am

Dankie Pierre vir die tyd geneem om hier te verduidelik.Gaan my nog laaaannnnnkkkkk se tyd neem voor ek dit kan doen.Ek kry nie eers my foto gelaai in LR nie wat staan nou nog fansy dinge doen.(snik- snik)

Vader Krismis hou al lang jare my my kous verby en gelukkig is ek 'n vrolike pensionaris wat maar kan laat slaap in dien nodig.....hehehehe.

Jy is n ster voorwaar

Comment by Pierre Hardinge on October 1, 2015 at 10:27am

Plesier Nic.

Willa dit sal werk ek belowe jou

Comment by Willie Schoombee on October 1, 2015 at 10:22am

Wow Pierre dit is nou ñ mondvol om te verteer. Baie dankie daarvoor en baie interessante proses. Ek hou van jou laaste opmerking, ek sal beslis daaraan aandag gee!!

Comment by Nic Samwell on September 30, 2015 at 11:06pm

Dankie Pierre! sal dit probeer

Comment by Pierre Hardinge on September 30, 2015 at 10:56pm

Vermoed!?!?!?..... Krismisvader het my een vieslike lang email gestuur wat hy opgevolg met n skurwe whatsapp boodskap vol sulke handtekens ....shame hyt seker gedink eks doof... 

Comment by Dine Potgieter on September 30, 2015 at 10:16pm

Oppas - jou baas lees hierdie! En Krismisvader - jy kry hierdie jaar weer net steenkool in jou kous. Ek vermoed ek ook...

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html