Op die 14 Januarie het Rassie die hartseer nuus met ons gedeel van die afsterwe van sy seun Liebre (53).

Rassie ʼn mens weet soms nie waarom so iets op ʼn jou pad kom nie, met een oogknip verander die lewe in hartseer en leegheid en ʼn gedagte vol wonders. Al ons mense by fotoskool dra saam met jou in ons harte vandag die seer met jou groot verlies. Jammer om te hoor van jou seun ʼn kind wat kosbaar vir jou was en sal bly ons voel saam met julle in die tyd wat voorlê en dra jul gesin in ons gebede op aan die Vader. Ons bid vir krag en aanvaarding al klink dit hoe swaar was dit God die Vader se wil om Liebre te neem na sy ewige tuiste. Ons dink aan jou my vriend en mag julle toegevou word deur die liefde van ons Hemelse Vader dat julle die pyn en hartseer deur Sy genade kan verwerk.    

Views: 365

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Sylvia du Toit on January 26, 2015 at 7:42am

Rassie,

Ons dink aan jou en het al dieselfde pad geloop....Sterkte is al wat ek kan se en mag jou gesin baie krag van Bo kry.

Comment by Ilse Pretorius on January 26, 2015 at 6:41am
Jammer om te hoor, sterkte kan nie maklik wees.
Comment by Gerrie Lambrechts on January 23, 2015 at 5:23pm

Rassie mag julle Jesus se vertroostende liefde ervaar. Ek glo dat dit baie seer is. Sterkte aan julle as familie.

Comment by Doretha Kock on January 23, 2015 at 4:40pm

Rassie my gebede is met julle in die moeilike tyd wat julle nou deurgaan.

Comment by Joan Nel on January 22, 2015 at 8:34am

Jammer om te hoor van julle verlies Rassie.  Na die hartseer bly daar altyd die wonderlike herinneringe oor om aan vas te klou.

Comment by Elna Geringer on January 22, 2015 at 7:39am

Baie sterkte Rassie

Comment by Vida van Schalkwyk on January 22, 2015 at 6:16am

rassie, mag julle die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, ervaar ...

Comment by Pieter Steyn on January 22, 2015 at 4:25am

dink aan julle in die tyd Rassie - sterkte daar

Comment by Josef Steyn on January 21, 2015 at 9:47pm

Ons dink aan jou in hierdie moeilike tyd en bid dat aanvaarding mettertyd sal kom.

Comment by Tina le Grange on January 21, 2015 at 9:25pm

Rassie, ek bid saam met jou en jou geliefdes vir troos in julle groot verlies.

Baie sterkte in hierdie hartseer-tyd.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html