Eerste idee van hoe die boek gaan lyk...

Hallo Fotoskolers,

Ek wil sover baie, baie dankies deel met almal wat reeds my boek vooraf-bestel het. Ek waardeer dit ongelooflik baie. As ek doodeerlik moet wees, maak dit my selfs effe bang wanneer mense voorafbestellings plaas, want mens wil mos niemand teleurstel nie. 

Dis amper soos 'n bruid wat vooraf betaal vir troufoto's...

Hierdie voorafbestellings help baie met die befondsing van die druk van die boek.

Danksy die ontwerper het ons nou al 'n prentjie van hoe die boek gaan lyk. Deel gerus julle opinies oor die voorblad. (Positief of negatief).

Dit wil voorkom asof die ontwerp teen die einde van hierdie week sal klaar wees.

Dan is dit die laaste rondte proeflees... en dan drukkers toe!

Ten einde 'n bestelling te bevestig, kan die geld deponeer word in die Fotoskool rekening. Gebruik asb jou naam as verwysing. En stuur dan 'n epos aan my by ignophoto@gmail.com - met adresbesonderhede indien nodig. Hier is die rekeningbesonderhede:
Rekeningnaam: Fotoskool
Bank: Standard Bank
Tipe: Tjek
Takkode: 055534
Rekeningnommer: 422 193 658

Views: 93

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Marita McCabe on December 22, 2016 at 3:05pm

Stem saam met Josef! Die  fotoskoler, of enige ander persoon, wat nog nie die boek het nie "loose big time". Onverbeterlik. Ekself leer sommer 'n ding of twee.  'n Boek wat mens maar oor en oor kan lees.

Comment by Josef Steyn on November 28, 2016 at 7:33am

Ek wil met Doretha saamstem. Die boek is briljant en onverberlik versorg. Ek het die lees daarvan geweldig baie geniet. Elke Fotoskoler behoort een op die boekrak te plaas.

Comment by Doretha Kock on November 10, 2016 at 1:05pm

Hallo Igno,

Baie dankie. Het gister my boek deur die pos ontvang en dadelik begin lees. Kon dit nie neersit nie en kan nou getuig, dat dit briljant saamgestel, ge-illustreer en geskryf is. Definitief 'n moet lees met stof tot nadenke en 'n inspirasie.  Baie geluk met die treffer!

Groete, Doretha

Comment by Igno van Niekerk on August 31, 2016 at 9:08pm

Baie dankie, Marita,

Ek sien self vreeslik uit daarna om die eerste gedrukte kopie te sien!!

Lekker aand!

Comment by Marita McCabe on August 28, 2016 at 8:58pm

Die boek lyk so belowend/indrukwekkend/ ..... en ek weet, 'n groot sukses!!! Dit wat ek nou sien, prikkel my nuuskierigheid nog net meer!   Alle sukses en seen!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html