N paar jaar gelede besluit ek om n fotografie kursus by die skilderagtige Kloofzicht aan die Wesrand by te woon. Dit is deur Dr Willem Oets (Willem Oets Photography) aangebied.

Op pad na die oord, ry ek die oggend met die Westelike verby pad verby n plakkerskamp. Dit ontstig my en al my tipiese vooroordele, onverdraagsaamheid en onsensitiwieteit teenoor armoede noop my om met die sterkste afkeur na die plakkerskamp te kyk. Hoe durf mense die omgewing so ontsier deur sulke gehuggies op so n mooi stuk veld op te rig, dink ek by myself.

Die swart en wit foto hieronder, is n goeie voorstelling wat ek gesien het en wat plotseling sinoniem met my belewenis op daardie oomblik geword het.

Later die dag, nadat ek die kursus met Dr Oets voltooi het, ry ek op presies dieselfde pad en ek ry weer verby dieselfde plakkerskamp waar ek vanoggend n moment van intense konflik en selfs woede beleef het. Al wat verander het, is dat die lug en wolke die aankomende donderstorm aangekondig het.

Ek kyk weer na dieselfde toneel en skielik doem dit by my op: sien die kleure raak, kyk na die detail en sien hoe mooi is die natuurlike komposie saam gestel. Ek bring my motor tot stilstand en klim uit om die foto hieronder te neem. Ek is selfs bereid om die risiko van motorkaping naby n plakkerskamp, te trotseer

Die enigste verskil tussen my belewenis die oggend en die middag is, was iemand wat my gemotiveer het om met "nuwe lense" na n toneel te kyk en iets anders te sien wat ek met ander kan deel.

Dis n hele paar jaar later en die les bly my steeds bly. Ons is baie bevoorreg om fotografie as n stokperdjie te kan beoefen.

Geen wonder die befaamde fotograaf Dewitt Jones (dewittjones.com) het sy slagspreek gekies om te lees "celebrating what's right with the world". Dis n oproep waarop ons almal kan antwoord.

Views: 232

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on September 23, 2015 at 5:18am

Ja-nee Frans dis so waar.Ek raak net so moedeloos as ek na hierdie tonele kyk en besef, dat ons as mens en veral Suid-afrikaners, is besig om ons mooi land te vewoes teen 'n vreeslike snelheid

Comment by Sylvia du Toit on September 18, 2015 at 9:14am

Frans, dankie vir die deel van jou belewenis.  Dit is hoe mens na dinge kyk.  Ek het gedurende Mei besluit, of ek gaan onder met my man se siekte (Alzheimers), of ek tel my kop op en gebruik dit wat die goeie Vader vir my gegee het.  Ek kan nie veel uit die huis beweeg nie en kan dus nie die fotos neem wat ander neem van die see en wonderlike ervarings nie.  Ons het so baie om voor dankbaar te wees.  Kos op ons tafels, 'n dak oor ons kop, gesonde kinders en so kan ons die lys maak.  Dit hang net af oor hoe ons na dinge kyk.  Dankie dat jy die storie met ons gedeel het.  Laat mens weer besef mens is met 'n doel op hierdie aarde en ons moet net mooi kyk en ons sal die mooi om ons raaksien.

Comment by Vida van Schalkwyk on September 16, 2015 at 4:25pm

sjoe frans, dankie vir die deel ... ek sal ook 'n bietjie introspeksie moet doen! foto is pragtig!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html