Ek lees onlangs n artikel waarin n fotograaf vertel van  n Britse tydskrif wat sy foto van Flicker "gesteel" het en in een van hul publikasies gebruik het. Hy het toevallig die tydskrif raak gesien en toe opgemerk dat dit sy foto daar in gebruik is sonder sy toestemming. Hy het hom tot Flicker gewend en vir die wereld vertel wat gebeur het. Die tydskrif het terug gereageer en was onsteld om dat die fotograaf die insident aan die groot klok gehang het.

Uit die aard van die saak wou die tydskrif hul self nie in n swak lig plaas nie en het hulle probeer aantoon dat die fotograaf verkeerd was en dat hy hulle in die eerste instansie moes genader het. Hy het, na hul mening verkeerd opgetree deur die insident aan lede van die Flicker gemeenskap bekend te maak.

Ons kan nie ons emosionele betrokkenheid by ons fotos misken nie. Ek wonder hoe "veilig" is ons fotos op Facebook, Flicker, Kodak, en wie weet watter ander foto deel web werwe. Ek wonder of instansies wat fotos as sg. "stock photographs" verkoop nie net sit en wag vir onskuldige amateurs wat hul trots met die wereld wil deel nie, en dan gryp hulle dit teen geen vergoeding en verkoop dit aan gewillige kopers.

Wat dink julle? Hoe beveilig jy jou fotos as jou eiedom?Hoe beskerm jy jouself teen die internet diewe?

Views: 48

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on May 16, 2011 at 9:31pm
Ek het self al die ervaring gehad dat iemand my foto's verkoop het, en dat ek dit per toeval as 'n volblad tydskrif advertensie raakgeloop het. Ek het die redakteur gaan sien (wat maar niks kon doen nie), en het toe ook maar vrede gemaak daarmee dat ek hoop die persoon het die geld regtig baie nodig gehad. Ek stem saam met Susan - hou dit klein, maar dit help nie om nagte wakker te wees en rond te rol oor alles wat kan gebeur nie... die diefstal is seker ook maar 'n kompliment :-)
Comment by Susan on May 16, 2011 at 5:28pm
Dit is waar, maar ek is bietjie "suinig" as dit sommer net by die vat kom.  Iemant kan vra en dan sal ek maklik sê dis reg gebruik dit.  Ek doen dit maar al te graag en daarom sal ek nie ryk word uit my fotografie nie.
Comment by Frans van Heerden on May 16, 2011 at 4:35pm
Dankie Susan. Ek het self al gelees van die tegniek om fotos te beskerm maar nog nie self gebruik. Daar is n kant van my wat ook redeneer "vat tog maar en geniet dit - ek kry buitendien veel genot uit die stokperdjie" Ek weet ook nie of n mens, agv die diefstal, regtig n beduidende bedrag geld gaan verloor nie. Sou dit nie n plesier gewees as daar nie mense was wat gewoon weg net nie "gevat" het nie?
Comment by Susan on May 16, 2011 at 12:05am
Dit is iets wat my nogal van die begin gestop het om sommer foto's op enige webwerf te plaas.  Indien dit wel nodig is om 'n foto op te sit, maar ek my foto so klein as moontlik.  Ek verander sy size na 1024x768 en save hom onder 65kb.  Die foto is net so mooi soos almal s'n, maar die oomblik wat iemand dit aftrek en wil vergroot kan hy nie. Die pixels laat dit dan nie toe nie en geen tydskrif of drukker kan so klein foto gebruik nie. My naam is ook op elke foto wat ek op sit en redelik diep in die foto sodat dit nie gekrop kan word nie.
Comment by Jaco Kamffer on May 11, 2011 at 10:43am
Dankie mnr
Comment by Jaco Kamffer on May 11, 2011 at 10:21am
Kan jy dalk van daai voorbeeld uit wys hoe om dit te merk sodat ons beginners kan leer van die begin af om ons self te beskerm teen die "diefstal" ?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html