Ek wil sommer my "lidmaatskap" onttrek as ek so na al julle mooi foto's kyk maar die gogga het gebyt en al neem ek nog met my selfoon glo ek dat ek baie sal kan leer by julle "experts".

Views: 152

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tillie Beaton on February 10, 2012 at 7:35pm

Nou Ria, hier is jy in Bloemfontein, en ek is in Bloemfontein, so, na jou beginnerskursus, dink ek dit is tyd dat ons saam op 'n foto-ekspedisie gaan.  Sou baaaaaaie graag die blommetoer wou saam meedoen, maar ek en Selma en ons "support " (hulle moet ry en stop wanneer ons 'n moontlike foto sien, sorg vir die verversings, ens) gaan op 'n foto-ekspedisie Skotland toe.  Ons hoop om hierdie keer bietjie hersfkleure te kry.  Ons gaan selfs vir ons t-shirts kry - ons s'n gaan lees "Memory Makers" (dis ons Facebook groepie), en hulle s'n gaan lees "Memory Makers - Support".  Gelukkig het ons twee baie geduldige manne wat maar stop wanneer ons skree, en 'n jong dogter wat ook 'n fotograaf in wording is, anders het ons al lankal moeilikheid gehad. 

Comment by Ria Kruger on February 10, 2012 at 8:39am

Lekker lag ek nou vir julle.ja ons sou nooit huiswerk gedoen het nie.........net foto's gesoek het!Maar wie weet wat gebeur in die toekoms.Ek beplan n blomme toer in Augustus?Hoe lyk dit?

Comment by Tillie Beaton on February 9, 2012 at 9:04pm

Maar dis nie fair nie!  Ek wil ook saamgaan!  En Selma, gaan jy saam? Dis so lekker om by almal te leer, en dis so fun om saam met ander mense ook foto's te neem.  Elkeen het sy eie idee en sien 'n foto uit sy eie hoekie?  Dis darem te lekker.  Kan julle dink dat as almal dieselfde foto's geneem het, sou die lewe darem baie vervelig gewees het!  En elke keer as ek saam met iemand anders foto's neem, leer ek nuwe hoekies ken - maar met my lyf en my ouderdom, is dit baaaaaaie moeilier om uit daardie hoekies te kom!  :)  Maar gelukkig met my lyf het ek darem 'n fotograafkussing, maar ongelukkig nie ook 'n "steppie" nie!

 

 

Comment by Debbie Louw on February 9, 2012 at 8:31pm

Ja Elizma dit sou wonderlik gewees het

Comment by Elizma Fourie on February 9, 2012 at 11:41am

Ai Ria hoe wens ek nou jy en Debbie was hier by my in dieselfde dorp, ons sou darem lekker gaan soek het na goed om af te neem. Maar nou het ek nie maaitjies om saam met my te gaan ry en soek nie.

Comment by Ria Kruger on February 9, 2012 at 8:01am

Baie danki Tillie en Jimmy vir die ondersteunende woorde. Ja snaak hoe my persepsie van kyk verander het.....het gister langs die pad gestop en gedink hoe ek n seker stuk van die pad sou afneem as ek n kamera gehad het.........te wyd en groot vir my selfoontjie gewees..........maar ja "practice makes perfect". Dankie julle ek sal hier kom raad vra!Mooi dag vir julle.

Comment by Tillie Beaton on February 8, 2012 at 7:23pm

Volgens my moet jou oog reg ingestel wees om goeie foto's te kan neem - dit maak nie saak waarmee jy neem nie.  Onthou, in die vroeë jare van kameras het ons nie al hierdie fancy kameras en lense gehad soos vandag nie - en nog minder die kennis.   Gaan kyk maar bietjie na fotograwe soos Ansell Adams.  En in al die jare kon niemand nog sy foto's nadoen nie.  Op Ken Rockwell se website së hy:  It's always better to spend your time and money on learning art and photography, not by spending it on more cameras".  Hy sê ook verder: "Cameras don't take pictures, photographers do. Cameras are just another artist's tool."  So, in kort, waarmee jy neem maak nie saak nie.  Die belangrikste is dat jy waarneem en leer, en die "tool" gebruik wat jy het om weer te gee wat jy sien.  Een van die Royal Photographers is een keer uitgedaag om met 'n disposable kamera foto's te neem, en die foto's was almal perfek.  Net omdat die fotograaf geweet het wat hy doen - water seker nog laaaaaank my droom sal bly!  Hou net aan oefen, en geniet dit.  Die spreekwoord sê mos:  practice makes perfect!

Comment by Ria Kruger on February 8, 2012 at 7:15am

Debbie baie dankie vir jou onderteuning!Ek het nie eers n kamera nie!:O)Ek neem sommer met my stok ou selfoon maar ja ek moet se om met dit te eksperimenteer is nogals vet pret!Leer darem so n bietjie met alles wat daarop is.......EN hier waar ek bly is die naaste groot dorp 2 en n half uur van hier af so ek moet ma wag vir die kamera en ja dan gaan ek my ook vasloop in die lense en terminologie van kameras maar ja die gogga het gebyt en ek geniet dit!Sterkte vir jou en hou my ma oop hoogte van jou vordering!

Comment by Debbie Louw on February 7, 2012 at 5:36pm

Hi Ria Ek is so bly ek is nie die enigste een wat voel dat ek in n donderstorm is nie. Sien maar net hoe die ouens praat van lense wat ek nie eers geweet het bestaan nie. En dan moet jy nou weet as mens n pensioenaris is dan het jy al die geld maar nie die tyd nie (haha). Ek probeer leer weet ook nie aldag waar om goed te soek nie maar nouja aanhouer wen en dieselfde vir jou hoor!!!!!

 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html