Vandag wil ek praat oor hoe interessant dit is om almal se kommentare en foto’s te volg op die hoofblad.

Ek het so twee dae gelê en die tyd was tot my beskikking om dit te kan doen. As ek so na alles kyk en hoe die mensdom ʼn ding doen dan besef ek ʼn foto kan jy vir ʼn 1000 mense gee en al 1000 van hulle sien dit anders, soms is daar humor in die kommentaar andermaal ʼn buit maar tog geniet almal dit. Ander weer like ʼn klomp net vinnig gee so op een of twee kommentaar natuurlik die maters wat hulle van hou, ander krit weer so om die wat hulle nie van hou nie se foto’s. So lê en wonder ek of dit gaan oor die foto of die mens moet ons dan nie juis leer uit die foto’s wat ʼn mens na kyk nie en eerder vergeet wie dit plaas. Ander sien ek soek fout met elke foto en alles maar die se foto’s is nie so goed as wat hulle self die ander se foto’s krit nie lê daar dalk ʼn persoonlikheid tekort by hulle. Dan kry jy die wat almal se foto’s krit vriendelik en soms ervaar ʼn mens die vreugde in hul krit en dit gee ʼn mens so warm gevoel hier in jou binneste.

Die wonderlikste van dit alles is hoe ʼn mens iemand gewoondraak hier en as hy of sy nie krit of ʼn foto plaas nie jy hulle mis en soek en dan natuurlik die geleedheid wat ons almal het om aan ʼn spesiale plek soos fotoskool te kan behoort nie net vir foto’s plaas nie maar die saam gesels en grappe maak en deur dit alles leer ons baie meer as wat enige een van ons ooit kan besef. Igno hier wil ek vir jou baie dankie sê vir dit wat jy aan ons gee en ek dink almal sal hieroor dieselfde voel en nie om dit krit nie. Krit is nie vir almal nie omdat almal nie dieselfde is of die kennis het nie maar ʼn mooi of so iets wys tog jy het ʼn foto besoek en dit beteken baie vir die persoon wat die foto geplaas het. Ek los die kommentare vir die wat die kennis het en leer saam uit die kommentare. Omdat ek skilder noem ek myself ʼn prentjie kyker of ʼn storie foto soeker, is altyd opsoek na ʼn storie in ʼn foto en kyk ek na een wil ek weet of ek dit sal skilder en ʼn sukses van dit kan maak so die mooi en pragtig en al die dergelike name wat ek op julle foto’s noem is hoe ek dit ervaar en ja as jy nie kennis het nie krit dan maar soos ek al klink dit dom dit maak ʼn ander se hart warm.

Dit is so lekker om almal se profiles te sien so asof jy hulle al lankal ken en tog vorm hulle ʼn soort liefde in jou vir elkeen van die maters hier en vir my is almal ewe belangrik daar word nie uitsonderings gemaak nie ander so ek nie almal se foto’s gekyk het nie, julle is kosbaar en maak die lewe weer mooi vir ʼn mens al is dit net ʼn foto dit wek opgewondenheid in ʼn mens dankie julle almal dat julle so spesiaal is vir my. Net nog ʼn gedagte van baie van my...  

Views: 214

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on May 22, 2014 at 1:33pm

Piet.............nou ja, ek kan niks meer byvoeg as wat almal al reeds gese het nie. 100% waar en 80 % van die wat hier kommentaar gelewer het,voel al vir my soos ou buddies. Dood eenvoudig omdat hulle elke dag op hulle pos is en elke dag krit. Jy,Pieter Steyn en Pierre se gekskeer met mekaar laat my meer male hard op aan die lag gaan. Ek kan ongelukkig nie saans regtig voor die rekenaar wees nie want dis dan kosmaak tyd. Nietemin is als so waar wat jy gese het en baie daarvan het ook al duer my gedagtes gegaan. Die ouens wat nie van krit hou nie (dis nou die bietjie negatiewes wat so af en toe op duik) sal of leer om beter fotos te neem of hulle sal stil van FS af verdwyn. Ons is almal immers hier om te leer.

Comment by Elma Coetsee on May 21, 2014 at 9:18pm

Dankie Piet jy het dit so mooi gestel. Is maar kort op fotoskool en voel al klaar deel. Baie dankie vir julle almal se kyk en krit dis al hoe ons leer. Julle is 'n oulike klomp mense bymekaar. En Prof Hennie, Igno en Lientjie dankie dat julle, soveel tyd opoffer om ons te help en te leer, dit word waardeer.

Comment by Christa Snyman on May 20, 2014 at 6:52pm

Die belangrikste rede waarom elkeen van ons 'n foto op plekke soos Fotoskool met ander deel is juis om kommentaar daarop te kry - positief of negatief. Dis die enigste manier hoe ons gaan leer en groei in ons "geliefde" fotografie. Dankie Piet, jy het ons almal aan die dink!

Comment by Ben van Heerden on May 17, 2014 at 9:41am
Baie dankie vir die pragtige en baie raak refleksie Piet! Dit wat jy sê is baie waar. Ek weet nie of Igno in sy wildste drome kon besef watter juweel hy hier vir ons geskep het nie. Vir die van julle wat nog nie die voorreg gehad het om hom te ontmoet nie (ek het tydens die onlangse Barkly-Oos kursus): hy is die pragtigste, saggeaardste en nederigste mens. 'n Wonderlike man vir sy dierbare vrou (Arné) en allergeduldigste Pa vir sy twee pragtige kinders (Anene en Benno). En dan is daar Hennie en sy dierbare vrou Liezl! Om by Hennie te kan leer is een van daardie lewensveranderende ervarings. Hy was my leermeester toe ek nog 'n mediese student was en nou leer ek fotografie by hom! En so leer ek ook by elkeen van julle. Ek dink die grootste les wat mens hier leer is dat jy moet bly glo in jou eie fotos. Elkeen van ons plaas 'n foto hier omdat dit vir ons baie mooi is en omdat ons dit graag met die ander wil deel. Meestal is almal ook baie positief oor daardie foto en as daar klein kritiek is, is dit altyd baie opbouend en leer mens daaruit. Mens moet net nie toelaat dat daardie foto dan ook sommer die waarde verloor wat dit vir jou persoonlik het nie - daardie waarde gaan oor baie meer as net die tegniese kwaliteit van die foto...
Comment by Christelle on May 17, 2014 at 12:31am

Ai Piet, was dit dan nou nie die moeite werd dat jy 'n paar dae by die huis moet wees!  Ek dink almal wat die boodskappie lees kry so warm gevoel!  Ek mis die saam kuier op main room - was net te besig die afgelope tyd, maar wil net se - jy is so 'n besonderse mens en maak 'n groot verskil!  Hoop om jou eendag meer persoonlik te ontmoet - dankie ou pel!

Comment by Dawie Grobler on May 16, 2014 at 9:22pm

Dankie Piet vir n baie mooi boodskap. Ek ervaar in jou boodskap n besonderse opregtheid. Dit het ek ook ervaar vanaf die dag wat ek hier aangesluit het. n Groot dankie van my af vir die terugvoer op die fotos, myne en ook ander sin. Sonder die terugvoer sou ek nie gegroei het nie. Soms raak ek maar so bietjie weg, maar dit maak die terugkeer met die plaas van n foto so lekker. Stem saam met Tina, mens moet nie n te dun nerfie he nie. Fotoskool Groete

Comment by Tina le Grange on May 15, 2014 at 4:31pm

Piet, hier het jy 'n lekker gesprek uitgelok.  Ek sê ook baie dankie weer eens aan Hennie, Igno en Lientjie en julle almal wat eerlike menings gee.  'n Mens moenie 'n té dun nerfie hê as jy foto's plaas nie - ons doen dit mos juis om bymekaar te leer. :-)    Ek geniet baie die humor wat uitkom!!  

Comment by Vida van Schalkwyk on May 14, 2014 at 4:22pm

Piet, jy slaan die spyker so op sy kop met alles wat jy sê ...! baie dankie aan jou, en elke ander fotoskoler vir jul foto's se deel, en reaksies op mekaar se foto's, dit maak elke dag kosbaar  en spesiaal!! Het hierdie gedagte iewers raakgelees -

"In some respects the camera is to the photographer what paint and brushes are to the artist - a means of recording what he sees before him...  the choice of viewpoint is the photographer's most valuable tool in the construction of his composition. It can be use to emphasize one part of the subject matter in preference to another and it can be used to conceal ugliness behind beauty" - Andrew Hankins and Dennis Avon.

Comment by Liz on May 14, 2014 at 1:17pm

Dankie Piet en ek stem saam met alles. Vir my gaan dit oor hoe ek die foto sien en se dan gewoonlik hoe ek voel. Daarmee bedoel ek nie om iemand te na te kom nie maar ons moet almal altyd onthou as jy jou foto op so 'n medium plaas lok dit kommentare uit - goed of sleg maar moet altyd opbouend wees. To be nasty is uncalled for and shows that you are immature and not willing to learn and accept the opinion of others! Hierdie is 'n "skool"vir almal oor die "vak" fotografie, dan nie? Ek stem saam met iemand hieronder dat dit swak maniere is om nie iemand se kommentaar op jou fotos te erken en te bedank nie. Ek het in elke geval sulke "leerlinge" begin uitlos en die ander dierbare mense meer ondersteun. Amen!

Comment by Renette van der Merwe on May 14, 2014 at 9:43am

Piet baie dankie dat jy,jy is. Ek het by  FS  aangesluit om te leer hoe om 'n foto te krit.So het ek vir baie van die FS lief geword as pelle en hulle beskou as vriende en vriendinne. FS kan nie sonder ons FS aangaan nie. Die geselsies in die aand is baie belangrik vir ons om beter met mekaar oor die weg te kom, en om mekaar beter te leer ken. Ek het in die tyd wat ek by FS is baie geleer by mense wat foto's opsit,en om  almal se kommentaar  te lees. Partykeer wonder ek self het ek die regte ding gedoen om kommentaar op foto's te plaas,maar dan dink ek dit is hoe ek die foto sien. As iemand nie tevrede is met kommentaar wat iemand opsit nie moet hulle praat, en verduidelik hoekom hulle nie saam stem nie. Soggens as ek wakker word kan ek nie wag om my foto op te sit en te lees wat die vriende en vriendinne sê oor my foto nie. As ons iets sê op 'n sekere foto wat dalk nie van pas is nie bedoel ons nie om lelik teenoor die persoon te wees nie.Dit is hoe 'n mens leer of hoe.......... Baie dankie vir ieder en elk vir hulle grappies en kommentaar dit word baie waardeer al lyk dit nie so nie. Ek is bly om 'n FS genoem te word.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html