Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek waag nou om iets baie persoonliks en baie sentimenteel met al my maatjies op Fotoskool te deel. En vir party gaan dit lyk soos 'n nietigheid. Maar vir my is dit 'n groot accomplishment. En ek het net Fotoskool daarvoor te danke, want hier het ek selfvertroue geleer! Anders sou ek dit nooit aangepak het nie.
Dis iets waaroor ek al baie lank droom. Ek wou nog altyd van my fotos op mooi blink papier in 'n boek gesien het. En toe die belastingman so goedhartig was om 'n paar sent in my bankrekening inbetaal, het ek besluit om myself te bederf, en 'n fotoboek te laat maak.
Dis niks professioneel nie, sommer deur CNA gedoen. Maar ek is so gelukkig daarmee en so trots daarop, ek heg 'n foto aan, sommer met my selfoon geneem, net om julle 'n idee te gee.
Dis net vir myself, om iewers te bêre, en kort kort daarna te kyk, en te besef dat ek nooit moet ophou probeer nie, en nooit moet ophou droom nie.
Comment
Comment by Mariska Cilliers on July 31, 2012 at 11:06am Dis baie oulik. Ek verstaan dis hoe die hedendaagse trou albums gedoen word. Klink nie mense plak meer fotos in 'n album?
Comment by Elaine de Bruin on July 30, 2012 at 3:49pm Dis 'n baie oulike idee, dit lyk pragtig! Ekt so paar maande terug van my fotos geprint, ook sommer by CNA, en dit in 'n album gesit, maar hierdie lyk soveel beter!
Comment by Mariska Cilliers on July 30, 2012 at 3:41pm Dankie julle.
Comment by Corne Lourens on July 30, 2012 at 11:22am Dis pragtig jong! Ek glo dit sal die eerste van vele wees.
Mariska dis baie mooi!
Comment by Elizma Fourie on July 27, 2012 at 3:26pm Baie dankie ek gaan dit defnitief doen, ek dink werklik dit is baie oulik
Comment by Mariska Cilliers on July 27, 2012 at 12:19pm Elizma ek het 'n paar mense geprys, die trou fotograwe doen dit as trou albums, maar daardie mense is te duur. Toe het ek op CNA gaan kyk en hulle pryse was billik. www.cnaphoto.co.za Jy doen alles online, "plak" self jou fotos, klik op "order" en doen die betaling en dan net so oor 'n week later gaan haal jy die boek af by jou naaste CNA.
Comment by Elizma Fourie on July 27, 2012 at 12:13pm Baie oulik, en 'n wonderlike idee. Het nie eens geweet mens kan so iets doen nie. Wonder hoe gaan mens te werk. Sien julle is 'n spul oulike mense en ek leer alweer iets nuut
Comment by Anita Smith on July 27, 2012 at 8:49am Ai Mariska, jy is nou regtig vir my 'n aansporing! Ek dink dit is soos JJJ sê 'n wonderlike nalatenskap maar ook vir jouself motivering om te sien hoe jy "groei".
Comment by Mariska Cilliers on July 27, 2012 at 8:05am Thanks vir almal vir julle great terugvoer! Julle is elkeen so 'n belangrike deel van my lewe, en julle kommentaar en ondersteuning is baie belangrik vir my ontwikkeling en groei in fotografie. JJJ jy is so reg oor die nalatenskap, ek is seker daarvan daar sal eendag 'n skoondogter of kleinkind wees wat dit kosbaar sal bêre. En Sandra ek is so saam met jou op die scrapbooking ding, dis glad nie ek nie, en dit trek in elk geval te veel aandag van die fotos af dink ek. Ek kan almal aanmoedig om so 'n boek aan te skaf, ek dink as jy oor 10 jaar weer deur daardie boek gaan blaai, gaan jy verstom staan oor die verbetering!
© 2013 Created by Igno van Niekerk.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool