Ek waag nou om iets baie persoonliks en baie sentimenteel met al my maatjies op Fotoskool te deel.  En vir party gaan dit lyk soos 'n nietigheid. Maar vir my is dit 'n groot accomplishment.  En ek het net Fotoskool daarvoor te danke, want hier het ek selfvertroue geleer! Anders sou ek dit nooit aangepak het nie.

Dis iets waaroor ek al baie lank droom. Ek wou nog altyd van my fotos op mooi blink papier in 'n boek gesien het.  En toe die belastingman so goedhartig was om 'n paar sent in my bankrekening inbetaal, het ek besluit om myself te bederf, en 'n fotoboek te laat maak.

Dis niks professioneel nie, sommer deur CNA gedoen. Maar ek is so gelukkig daarmee en so trots daarop, ek heg 'n foto aan, sommer met my selfoon geneem, net om julle 'n idee te gee.

Dis net vir myself, om iewers te bêre, en kort kort daarna te kyk, en te besef dat ek nooit moet ophou probeer nie, en nooit moet ophou droom nie.

Views: 298

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mariska Cilliers on July 27, 2012 at 8:05am

Thanks vir almal vir julle great terugvoer! Julle is elkeen so 'n belangrike deel van my lewe, en julle kommentaar en ondersteuning is baie belangrik vir my ontwikkeling en groei in fotografie. JJJ jy is so reg oor die nalatenskap, ek is seker daarvan daar sal eendag 'n skoondogter of kleinkind wees wat dit kosbaar sal bêre. En Sandra ek is so saam met jou op die scrapbooking ding, dis glad nie ek nie, en dit trek in elk geval te veel aandag van die fotos af dink ek.  Ek kan almal aanmoedig om so 'n boek aan te skaf, ek dink as jy oor 10 jaar weer deur daardie boek gaan blaai, gaan jy verstom staan oor die verbetering!

Comment by Kosie Smith on July 27, 2012 at 7:18am
Baie mooi Mariska!! As jy ophou droom is jy besig om dood te gaan.
Comment by Maronel Steyn on July 27, 2012 at 6:13am

Mariska, jy spoor my aan tot groter hoogtes.  Soos jy wil ek ook nooit ophou droom nie.

Comment by Liz on July 26, 2012 at 9:34pm

Baie geluk aan jouself!! Wow hoe bly is ek vir jou!!

Comment by Anita du Toit on July 26, 2012 at 7:11pm

Wow Mariska, dis fantasties, ek is soooo bly vir jou. Ek moet se ek het ook nog nooit daaraan gedink nie. Geniet jou "brag" boek !!!!!  :-)

Comment by Tina le Grange on July 26, 2012 at 6:24pm

My wêreld Mariska, ek het nog nooit aan so-iets gedink nie;  veels geluk en dankie vir jou inspirasie.  Soos Jimmy sê; 'n pragtige nalatenskap maar bo alles 'n geskenk van jouself aan jouself!!

Comment by Sandra Grobler on July 26, 2012 at 5:19pm

Hi Mariska - ek het nou al 2 van daardie koffie tafel boeke laat druk - dis darm regtig lekker om so na jou eie fototjies te kyk.  Ek verkies die koffie tafel boek natuurlik ver bo bv "scarpbooking" - die program wat ek gebruik laat jou toe om ook soort van "scrapbooking" te doen as jy wil maar dit word dan in boek vorm gedruk - maar ek verkies die fotos net so met so af en toe 'n beskrywing by 'n foto - geniet jou boek!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html