'n Voorstel:
As iemand weet van geleenthede waar foto's geneem kan word, kom ons sit dit op die blog sodat daar meer van ons kan deelneem?? Almal van ons werk en leef in verskillende rigtings en weet van verskillende geleenthede, almal is altyd op soek na iets om af te neem. Soos die lugskou, of soos Colin Steyn se skyngevegte ens.
Wat dink julle daarvan?
Sonja Myburgh

Views: 83

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on September 6, 2009 at 9:20pm
Hallo Sonja -
Ek dink ook aan mense wat nie noodwendig naby Bloemfontein is nie, en ek deel graag die volgende idees:
1) Padwerke is verpestelik, maar dit lyk nogal great as jy jou komposisie daarby regkry - onthou daar is dikwels kleurvolle borde of linte, en ja, selfs "fashion shoots" kan daar gedoen word.
2) Moenie van graffiti mure vergeet nie - daar is dikwels lekker foto's te neem
3) Skole se paviljoene bied dikwels lekker geleenthede - veral in die platteland
4) Dikwels soek mens na 'n agtergrond met lekker tekstuur - moenie vergeet dat baie kerke, stadsale ens dikwels nogal lekker deure het waarteen mens iemand kan afneem nie
5) Dikwels lyk aanbouery goor, maar met naby komposisie kan 'n leer en 'n verfblik ens tot unieke foto's lei.
6) Onthou ook dat mens dikwels in besige tye in dorpies soos Clarens is, maar dat die stil tye dikwels meer komposisiegeleenthede sonder "toeriste" bied...
Comment by Igno van Niekerk on September 6, 2009 at 9:12pm
Hallo Sonja -
Dis 'n great idee ---
Ons almal weet die UV is mooi in die herfs, Oliewenhuis kan vollerig wees, maar is mooi, maar ek wil sommer nog een of twee gedagtes deel:
Soms is die UV se sportvelde heeltemal oop, veral in die somer, as daar dreigende wolke is, kan mens great foto's daar neem - (jy maak jou hoek laag, laat die "modelle" in die voorgrond wees, met die wolke as agtergrond.
Die volgende plekke is great, maar mens moet net veiligheid in ag neem:
Mimosa Mall se dak! (Soms permissie nodig)
Die klein kafeetjies op die Abrahamskraalpad (Bainsvlei se kant toe)
Treinspoor oppad na Haldon Huis - (By Haldonweg)
Ek dink nog aan een of twee -

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html